Welkom by die aanlyn tuiste van Transvaal Voortrekkers

Transvaal Voortrekkers is ʼn gebied van Die Voortrekkerbeweging. Die pad wat ons oor dekades gestap het, het ontelbaar baie spore agter ons gelaat regoor Suid-Afrika en Namibië. Die getuienis hiervan is die magdom verhale wat mens daagliks hoor van oud-Voortrekkers se kinderdae.

In hierdie veranderende moderne wêreld waarin ons vandag leef, is die volume inligting wat gegenereer word oorweldigend en die uitdaging om die regte inligting te vind feitlik onbegonne. Hierdie is die aanlyn tuiste van Transvaal Voortrekkers. Hier kan jy al die inligting kry wat jy mag nodig hê: Kennisgewings, gebeurtenisse, dokumente, vorms, kontakinligting en nog baie, baie meer!

Teken in op ons poslys

Loading

Die nuutste kennisgewings

  • Transvaal Voriesaamtrek 2022 (12/2/2021) - Die Eier Broei Uit – Wat ’n Blye Vooruitsig! Voriesaamtrek 2021 het nooit die geleentheid gekry om uit te broei nie…. wat beteken dat Voriesaamtrek 2022 nog groter en lekkerder gaan wees as ‘n hard gekookte eier op ’n pad-piekniek. Voorwaar iets om na uit te sien! Kom kuier, leer en deel saam met ons, ... Lees meer ...
  • Transvaal Omsendbrief November 2021 (11/15/2021) - 2021 was vir Die Voortrekkers ‘n baie besonderse jaar aangesien ons organisasie sy 90ste bestaansjaar vier! Baie sterkte aan die nuwe kommandodagbesture vir jul termyn wat ‘n aanvang neem. Mag julle voortbou op die spore van jul voorgangers ne steeds Groot gaan! Die tema vir 2022 is “Blye vooruitsig” Ontvang hiermee die laaste omsendbrief vir ... Lees meer ...
  • VOORSLAG 2021 (10/13/2021) - Kampdatum: 22 – 24 Oktober 2021 Ons Transvaal PD Voorslagkamp is om die draai! Om hierdie kamp ‘n sukses te maak het ons offisiere se hulp nodig.  Ons benodig nog offisiere vir die Transvaal Voorslagkamp as toetsoffisiere. Kom kamp saam met ons en beleef die avontuur van ‘n PD toetskamp. Ontvang hiermee die inligtingsbrief en inskrywingsvorm ... Lees meer ...
  • Vlotvaart 2021 (10/6/2021) - Die Vlotvaart vind vanjaar vanaf 18:00 op Saterdagaand 16 Oktober 2021 te BAJADAMOORD op die Bronkhorstspruitdam plaas. Staanplekke word vir elke kommando/oord/vlot toegeken. Suid-Afrika is tans op vlak 1 van die covid-19 regulasies en dus kan meer Voortrekkers inskryf vir die Vlotvaart 2021. Alle Graad 6 en 7 jeuglede  word uitgenooi om in te skryf ... Lees meer ...
  • HOU KOERS-KONSERT (9/27/2021) - HOU KOERS-KONSERT Die Voortrekkers vier Donderdag 30 September 2021 hulle 90ste bestaansjaar met ’n geskiedkundige konsert wat op die vooraansig van die Voortrekkermonument projekteer word. Is jy n Voortrekker, oud-Voortrekker of net n ondersteuner? Kom ons almal vier Donderdag die Voortrekkers se verjaarsdag deur die feeskonsert te ondersteun. Adam Tas, Jak De Priester en Pieter ... Lees meer ...
  • HOU KOERS-KONSERT (9/27/2021) - HOU KOERS-KONSERT Die Voortrekkers vier Donderdag 30 September 2021 hulle 90ste bestaansjaar met ’n geskiedkundige konsert wat op die vooraansig van die Voortrekkermonument projekteer word. Is jy n Voortrekker, oud-Voortrekker of net n ondersteuner? Kom ons almal vier Donderdag die Voortrekkers se verjaarsdag deur die feeskonsert te ondersteun. Adam Tas, Jak De Priester en Pieter ... Lees meer ...
  • Vlotvaart 2021 (9/16/2021) - Dis amper weer tyd vir Vlotvaart 2021 … Die Vlotvaart vind vanjaar vanaf 18:00 op Saterdagaand 16 Oktober 2021 te BAJADAMOORD op die Bronkhorstspruitdam plaas. Staanplekke word vir elke kommando/oord/vlot toegeken. Vlotvaart 2021 Uitnodiging      2. Covid-19 reëlings vir Vlotvaart 2021      3. Vlotvaartinskrywingsvorm      4. Vrywarringsvorm      5. Vlotvaartreëls 2021
  • Transvaal Gebiedskantoor gesluit (9/13/2021) - Neem asseblief kennis dat die Transvaal gebiedskantoor gesluit sal wees op Vrydag 17 September 2021. Jammer vir enige ongerief wat die kantoorsluiting mag veroorsaak. Enige dringende navrae kan verwys word na AGL Administrasie, Elsa Schnetler (082 707 2010 / [email protected] / [email protected] Groete Transvaal Gebiedskantoor
  • Noordpos GGA Gekanselleer (9/10/2021) - Noordpos Kommando is baie teleurgesteld dat ons op so ‘n kort kennisgewing ons GGA weereens moet kanselleer.  Stephanus Roos Laerskool en die NG Kerk Doornpoort Gemeente is beide stem lokale. Die Voortrekkers word nie toegelaat om dan op die persele te wees nie, 17-19 September 2021 die naweek vir Nuwe Kiesers / Registreerde Kiesiers  is ... Lees meer ...
  • Venterskroon PD gebiedskamp (8/31/2021) - Is jy gereed vir nóg ‘n Venterskroon avontuur in die natuur!!!! Kom leer hier in die natuur meer oor kameraadskap, leierskap en volharding. Ons Gaan Groot! vanjaar as Oorwinnaars in Jesus. Kampbrief Graad 1 – Junior Kok Graad 2 –  Dierewaarneming Graad 3 – Toeka Graad 4 – Gasheer/Gasvrou of Plantekennis of Vasbyt Graad 5 ... Lees meer ...
  • Verkiesing van Tvl GSD 2021-2023 (8/30/2021) - Ooreenkomstig die grondwet en reglemente van Die Voortrekkers word kommando’s, Staatmakergroepe en oordbesture versoek om nominasies in te dien vir die verkiesing van die gebiedskakeldraer van Transvaal vir die termyn 2021/2023.   Oproepbrief van Transvaal GSD 2021-2023 N4 Nominasievorm vir Tvl GSD 2021-2023 Nominasies moet voor of op 10 September 2021 ingedien wees by [email protected] ... Lees meer ...
  • Transvaal Omsendbrief (8/30/2021) - Wonder jy meer oor die 90-Jaar Voortrekkerfees en of wat in 2022 gaan gebeur …. Lees dan gou Transvaal Voortrekkers se nuutste omsendbrief. Ongeag COVID-19 en die daaglikse uitdagings staan ons aan die begin van ‘n opwindende nuwe fase in die geskiedenis van Transvaal Voortrekkers. Een van hierdie aksies is dat elke oorgangsgebied hul eie ... Lees meer ...
  • VOORSLAG 2021 (8/17/2021) - Transvaal Voorslagkamp is verskuif na Oktober 2021. Aangesien die datum van die Voorslagkamp geskuif het na Oktober 2021 en daar jeuglede is wat nou die kamp kan bywoon, is die inskrywings nog oop sodat offisiere die kinders kan inskryf. Sluitingsdatum vir Voorslag 2021 is nou 25 Augustus 2021 – daarna sal geen verdere inskrywings meer ... Lees meer ...
  • Impala GGA (8/15/2021) - Kom kuier saam met Impala Voortrekkers tydens hulle jaarlikse GGA dag wat vanjaar gehou word gedurende die naweek 3-4 September 2021. Sluitingdatum: 19 Augustus 2021. Uitnodigingsbrief Inskrywingsvorm (word) GRAAD SPESIALISASIE 1 Kind van Jesus Dias 2 Beroepe van die Bybel Taalpret 3 Godsdiens Oranje 4 Gestremdhede My Taal 5 Godsdiens Groen 6 Persoonlike Versorging 8-12 ... Lees meer ...
  • Helderkruin GGA (8/15/2021) - Kom kuier saam met ons by ons Helderkruin GGA dag op Saterdag 28 Augustus 2021. Sluitingsdatum: Vrydag 20 Augustus 2021. Helderkruin kentekendag – hoe werk dit (2) Skryf aanlyn in: https://bit.ly/2U5UUs3 GRAAD SPESIALISASIE 1 Selfsorg 2 Veldkook 3 Handwerk 4 Plantekennis 5 Fietskunde 6 Kampkook 7 Beeldende kunste 8 Tradisionele Spele