Finansiële Beampte

Die Voortrekkers Transvaal benodig die dienste van ‘n Finansiële Beampte wie op kontrak basis die volgende pligte sal moet kan verrig:

Maandelikse invoerwerk op Pastel Accounting pakket.
Maandelikse bestuurstate en rekonsiliasies van Debiteure, Krediteure ens.
BTW berekeninge en VAT201 opgawes met BTW rekonsiliasies
Inkomstebelasting berekeninge vir werknemers soos benodig deur SAID
Ouditnavrae en ander finansiële navrae
Ander finansiële pligte soos deurgegee deur AGL Finansies

Voorvereistes vir toelating vir onderhoud:
Ondervinding in Pastel Accounting pakket
Finansiële kwalifikasie en/of ondervinding

Stuur assebief jou CV na [email protected] teen 31 Augustus 2019.
Navrae aangaande werksverpligtinge kan gerig word aan AGL Finansies, Anita Bezuidenhout,        (082 451 1549 / [email protected])