Word deel van die KENMAG …

Kenmag…

Geagte Offisiere,

Is jy moeg gesoek vir ‘n tiekieboks sodat jy jou kenteken kan klaar maak?

Voel jy dat ‘n see-insek net buite die PD’s se bereik is?

Voel jy dat om daai fax te stuur net nie so maklik is in 2019 nie?

Stel dan jouself beskikbaar om saam met ons die kentekens te hersien en ‘n paar nuwes uit te dink. Ons wil graag ‘n “KENMAG” van vlinke dinkers, passievolle spesialiste bymekaar maak om die proses aan die gang te sit.

Gaan asb na die skakel en sit jou naam op die lys. Ons sal informeel hard werk. Ons gaan ‘n Saterdag of twee lekker deur al die kentekens gaan en sien hoe ons dit kan verbeter. Indien jy nie kan deel wees van die proses nie maar wel voorstelle het is jy welkom om dit so aan te dui op ons vorm.

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSf-n4J0iWU02owm-Lm7ZMRXSObXhYGiB5vgQX7LA3CzwKT6VQ/viewform?vc=0&c=0&w=1

Groete

DIE KENMAG

082 921 5445

[email protected]