Die Solidariteit Beweging vier vanjaar sy 120ste bestaansjaar . Almal is uitgenooi om gratis te kom feesvier.

Die verjaarsdagviering by die Voortrekkermonument beloof om ’n dag vol pret en plesier te wees.🥳

Gesinsaktiwiteite word deur die FAK, Voortrekkermonument en Die Voortrekkers tussen 10:00–16:30 aangebied. Met halfuurlikse wegspringe tot en met 14:00 kan jy enige tyd kom wegspring, maar hoe vroeër hoe beter.

Meld aan by die Voortrekkermonument-parkeerterrein vir die wegspring en versamel jou 10 kolle. Onthou, dit gaan nie oor wie eerste klaar is nie, maar of jy aan al die aktiwiteite deelgeneem het en al jou kolle ontvang het.

Ons sien uit daarna om julle te ontvang. 😉

Skryf nou jou span in!

Datum: 4 Junie 2022.

Tyd: 10:00-16:30.

Plek: Voortrekkermonument,  Eeufeeslaan,Groenkloof, Pretoria.

RSVP: Voor 1 Junie 2022.

Kostes: R20.00 parkering.

Drag: Gemaklik, bring genoegsame water, hoed en sonroom.

Klik hier om te registreer: https://beweging.co.za/registrasie-vir-120-jaar-feesviering/

Kom besigtig ook die Voortrekkermonument en uitstalling in die Erfenisstigting.

Gratis toegang vir kinders.