Welkom by die aanlyn tuiste van Transvaal Voortrekkers

Transvaal Voortrekkers is ʼn gebied van Die Voortrekkerbeweging. Die pad wat ons oor dekades gestap het, het ontelbaar baie spore agter ons gelaat regoor Suid-Afrika en Namibië. Die getuienis hiervan is die magdom verhale wat mens daagliks hoor van oud-Voortrekkers se kinderdae.

In hierdie veranderende moderne wêreld waarin ons vandag leef, is die volume inligting wat gegenereer word oorweldigend en die uitdaging om die regte inligting te vind feitlik onbegonne. Hierdie is die aanlyn tuiste van Transvaal Voortrekkers. Hier kan jy al die inligting kry wat jy mag nodig hê: Kennisgewings, gebeurtenisse, dokumente, vorms, kontakinligting en nog baie, baie meer!

Teken in op ons poslys

Loading

Die nuutste kennisgewings

  • Die Voortrekkers Transvaal: Prosedures rakende COVID-19 (2/26/2021) - Hierdie dokument is opgestel om riglyne te bied  rakende die hantering van COVID-19 en die uitvoering van die riglyne soos deur die parlement bepaal. Dit is nodig dat alle Voortrekkerbesture; spanoffisiere, organiseerders van aktiwiteite en kampbesture van Die Voortrekkers Transvaal hulle vergewis van die inhoud van die prosedures en ook handel volgens die riglyne wat ... Lees meer ...
  • Onthulling van die Transvaal se nuwe oordname en oordwapens (2/9/2021) - Transvaal Voortrekkers skop 2021 af met die bekendstelling van die oorde se wapens. Geniet die bekendstelling saam met ons by die volgende skakel: https://youtu.be/DH_b7qcrELw
  • VOORSLAG 2021 (2/1/2021) - 2021 bied steeds vir ons uitdagings rakende Voortrekker aktiwiteite en die Voorslagproses. Die saak geniet reeds aandag. Die beskikbare Voorslaginligting verskyn is op die Nasionale Voortrekker webblad: in die Biblioteek, Penkop-en-Drawwertjie vouer onder PD Voorslag. U kan ook die skakel volg: https://voortrekkers.co.za/biblioteek/#120-wpfd-pd-voorslag Ons sal julle inlig sodra die P1-vorm beskikbaar is. Baie sterkte aan elke ... Lees meer ...
  • Transvaal 2021 verwelkomingsbrief (1/17/2021) - 2020 was ‘n jaar van uitdagings en aanpassings. Almal het uitgesien na ‘n “normale” 2021; die realiteit is egter dat die uitdagings, veral rakende Covid-19 nie minder is nie en ons is terug op ‘n vlak 3 van inperkings as gevolg van stygende Covid-19 getalle. Ons het egter al aangepas en weet min of meer ... Lees meer ...
  • Kantoordame pos is beskikbaar (1/7/2021) - Transvaal Voortrekkers nooi alle belangstellendes uit om aansoek te doen vir ‘n kantoordame pos op kontrakbasis. Die taak omskrywing van die pos behels onder andere die volgende: Bestuur van Kommune – onder andere, maar nie beperk tot die volgende – hantering van navrae, bemarking, hantering van aansoeke en kontrakte vir verhuring. Voortrekkerterreine – onder andere, ... Lees meer ...
  • Covid-19 en Transvaal Voortrekkers (1/7/2021) - Ons het 2020 op 31 Desember finaal gegroet en 2021 het pas begin en almal verneem van verdere inperkings en ons hoor van talle geliefdes wie weens Covid-19 gegroet moes word! Maak seker dat jy weet wat die nuutste regulasies bepaal en bly veilig. Onthou tans vereis die Covid-19 Regulasies die volgende van my en ... Lees meer ...
  • VORIESAAMTREK 2021 (12/30/2020) - Die nuutste Covid-19 regulasies wat onlangs aangekondig is, plaas baie onsekerheid oor wat na 15 Januarie 2021 gaan gebeur, en dit het tot gevolg dat Voriesaamtrek 2021 ongelukkig gekanselleer word. Ons verstaan dat almal op hierdie stadium baie teleurgesteld mag wees, maar ons wil nie ons volwassenes se gesondheid onnodig in risiko plaas nie en ... Lees meer ...
  • Transvaal Kersboodskap (12/18/2020) - GL Zandra Machin se spesiale kersboodskap vir elke Voortrekkerlid, Ouer, Jeugvriend en kennis van Transvaal Voortrekkers: Beste Voortrekkers, 2020 was ‘n baie uitdagende jaar; en tog kyk ons ook terug op ’n jaar van groot genade! Ons wens elke voortrekkergesin ‘n geseënde Christusfees, gevul met vreugde en vrede toe! Mag 2021 voorspoed en goeie gesondheid ... Lees meer ...
  • Transvaal: 2021 Gebiedsjaarprogram,GGA/GGN opsomming en ander dokumentasie (12/10/2020) - 2021 wink en ons moet alles begin in orde kry vir die jaar wat net om die draai is … Hiermee die skakel vir die 2020 kommandojaarverslae dokument wat voltooi en voor of op 22 Januarie 2021 ingehandig moet word: https://transvaal.voortrekkers.co.za/kommandojaarverslag/ (Die dokument is op die Transvaal webblad onder dokumente en in die Administrasie vouer ... Lees meer ...
  • Kruithoring motorvoertuigtragedie (12/6/2020) - Transvaal Voortrekkers het vanaand met leedwese kennisgeneem van die tragedie wat vanmiddag  Kruithoring Voortrekkers getref het. Ons gebede gaan na elkeen wat deur hierdie tragedie geraak is. KL Denina Bernard sal die begrafnisreëlings met ons kommunikeer, sodra dit bekend is. Neem asseblief kennis van die amptelike persverklaring wat deur ons Hoofsekretaris, Mej. Corlia Botha, uitgereik ... Lees meer ...
  • Bekostigbare studenteverblyf in Potchefstroom (11/24/2020) - Beste Staatmaker of Graad 12 Verkenner, Ons glo daar is van julle wat volgende jaar julle studies aan die NWU, of dalk ‘n werk in die Potchefstroom area gaan aanpak. Sien asseblief aangeheg ‘n opsie vir veilige en bekostigbare studenteverblyf in Potchefstroom. Vir belangstellendes, kwoteer asseblief die bemarkingskode VT90/2021 aan Lydia of Alex (kontaknommers op die advertensie) ... Lees meer ...
  • Voriesaamtrek 2021 (11/17/2020) - Die son het opgekom, die haan het gekraai en die hen het haar eerste eier gelê… Voriesaamtrek 2021 is uitgebroei en groei fluks! As jy die groot nuus gemis het – Voriesaamtrek 2021 is volgende jaar, oudergewoonte op Hartbeesfontein, vanaf 22 tot 24 Januarie 2021. Sluitingsdatum: 13 Januarie 2021 Skakel vir inskrywings:  inskrywings.voortrekkers.co.za Kampkostes: Volwassenes: ... Lees meer ...
  • Transvaal Voriesaamtrek 2021 (10/20/2020) - Die Voortrekkers Transvaal se jaarlikse Voriesaamtrek vind plaas gedurende naweek van 22 tot 24 Januarie 2021 te Hartbeesfontein. Ons wil u uitnooi om te tender vir die spyseniering van die 2021 Voriesaamtrek. Ons verwag so tussen 200 en 250 volwassenes, maar finale getalle, kampprogram en tye vir etes en koffie/tee breke sal op ‘n later ... Lees meer ...
  • Transvaal 2020 Voorslageksamen (10/20/2020) - Beste Voorslagkandidaat en offisier, Hiermee die inligting rakende die Voorslageksamen wat plaasvind op Saterdag 31 Oktober 2020. Die lokaal indeling is as volg (kliek op die woord Lokaalindeling  hieronder om jou korrekte lokaal te vind) Lokaalindeling  Registrasie vanaf 07:30 tot 08:30 By registrasie ontvang die kandidaat sy voorslagnommer op ‘n plakker wat hy op sy erkenningsbaadjie ... Lees meer ...
  • Vlotvaart 2020 (10/9/2020) - Ons het nog plek op Vlotvaart vanjaar, aangesien ‘n paar groot Kommando’s nie deelneem nie. Ons kan dus ‘n aantal Gr 7’s wel akkommodeer om saam met die Graad 8-9’s te kom roei. Inskrywings sal op ‘n “eerste ingeskryf … ” basis hanteer word. Skryf gou en kom neem deel… Uitnodigingsbrief Inskrwingsvorm