Bekostigbare studenteverblyf in Potchefstroom

Beste Staatmaker of Graad 12 Verkenner,

Ons glo daar is van julle wat volgende jaar julle studies aan die NWU, of dalk ‘n werk in die Potchefstroom area gaan aanpak.

Sien asseblief aangeheg ‘n opsie vir veilige en bekostigbare studenteverblyf in Potchefstroom. Vir belangstellendes, kwoteer asseblief die bemarkingskode VT90/2021 aan Lydia of Alex (kontaknommers op die advertensie) wanneer julle aansoek doen. 

Indien jou aansoek suksesvol is, sal die Voortrekkers ‘n klein kommisie ontvang.

Baie dankie en baie sterkte vir 2021.