Belyning van Die Voortrekkers se Wese en Doelstellings

Hiermee ʼn geleentheid vir alle oord en kommandobesture om deel te neem aan die versoek van Hoofbestuur om te besin oor die belyning van die wese en doelstellings van Die voortrekkers.
Besluit: HB not 201904/6.6
Dat die Gebiedsdagbesture die moontlikheid in gebiede sal toets dat wese as volg belyn word met die kode en doelstellings wat tydens 2017 se kongres goedgekeur is: ’n Moderne Voortrekker is altyd Christen, trots Afrikaner, ‘n opbouende burger en diensbare leier.

Die Nasionale omsendbrief, 2019/01, verwys na die volgende voorgestelde nuwe bewoording:


Voorgestelde Wese
Die Voortrekkers is ’n moderne kultuurbeweging wat ons lede, in besonder die jeug, toerus om
altyd as Christene, trotse Afrikaners en opbouende burgers hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Voorgestelde Doelstellings
Die Voortrekkers is daartoe verbind om:
1. ons geloof in God Drie-enig in al ons Voortrekkeraktiwiteite te bevestig.
2. as Christene altyd deur ons woorde en dade te getuig.
3. as trotse Afrikaners ons taal, kultuur en erfenis te bevorder.
4. as opbouende burgers positief betrokke te wees by ons gemeenskap, land en kontinent.
5. diensbaar in ons omgewing te wees.

Stuur asseblief insette/kommentaar na AGL Administrasie, Elsa Schnetler, [email protected] voor óf op Vrydag 16 Augustus 2019.