Berdine Dippenaar

Berdine Dippenaar is gebore op 10 November 1961. Sy het gister, Dinsdag 13 November 2018, die stryd teen kanker verloor.
Berdine was vir sowat agtien (18) jaar ‘n getroue lid van die Theuns Meyer voortrekkerkommando waar sy diep spore getrap het in kinderhartjies, met haar leiding en ondersteuning. Sy het ook vir vier (4) jaar die kommando se administrasie hanteer en gesorg dat dinge glad verloop. Op Swartvlei PD gebiedskamp het sy vir vyf (5) jaar die kospotte laat dans as kombuistannie.

Ons innige simpatie en meegevoel aan haar kinders en geliefdes.