Transvaal omsendbrief

Die Voortrekkers Transvaal se nuutste omsendbrief is nou beskikbaar.

Geniet die lees daarvan en hoop elkeen put die vreugde van Voortrekkerwees daaruit.

Transvaal omsendbrief Junie 2018

 

Staatmaker ondersoek

Die staatmakers van Transvaal beplan ‘n ondersoek oor staatmakerwees in Transvaal.

Die ondersoek sal onder andere kyk na die doel, funksie, struktuur en bedrywighede van staatmakers in Transvaal.

Die ondersoek sal deur middel van ‘n taakspan geskied.

Die volledige lys van doelwitte, databronne en metode sal deur die taakspanlede bepaal word met die aanvang van die ondersoek.

Die voorsitter van die taakspan is Charene Agenbach.

Persone wat belangstel om deel te vorm van die taakspan of meer inligting verlang is welkom om ‘n e-pos te stuur aan [email protected] voor of op Dinsdag, 19 Junie 2018.

Groete

Transvaal Staatmakers

Transvaal Voorslagkamp 2018

Die hoogtepunt van elke Penkop en drawwertjie se voortrekkerloopbaan eindig met die jaarlkse voorslagkamp!

Kom kamp saam met jou mede Graad 7 voortrekkermaats en maak nuwe vriende!

Die Voorslagkamp vir alle Graad 7’s vind plaas by Hartbeesfontein Voortrekkerplaas, net buite Pretoria.

kampdatum:  Vrydag 7 – 9 September 2018.

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 27 Julie 2018.

Aangeheg die volgende dokumentasie
• Offisiere inskrywingsvorm vir almal wat wil kom elavueer;
• Graad 7 jeuglede inskrywingsvorm wat aan die vereistes voldoen – sien inligting hieronder oor die vorms asseblief.

Neem asb kennis dat daar ‘n gekombineerde P1-vorm beskikbaar is
Daar is gewoonlik ‘n inskrywingsvorm en PI-vorm wat ingevul moet word, een gekombineerde vorm kan nou ingevul word (as toetslopie).
Indien u reeds die P1-vorm voltooi het, vul dan slegs die inskrywingsvorm vir die jeuglid in.

Voorslag Prospektus 2018

Transvaal voorslagkamp uitnodiging

Transvaal voorslagkamp P1 gekombineerde vorm

Transvaal voorslagkamp P1 aansoekvorm

Transvaal voorslagkamp inskrywingsvorm vir kandidate

Transvaal voorslagkamp inskrywingsvorm vir volwassenes

Anine Wheeler
AGL: Penkop en Drawwertjie sake

Rietvallei Graad 7 evalueringsdag

Rietvallei Voortrekkers bied aan die Graad 7 evaluerings dag op SATERDAG 28 JULIE 2018

Na afloop van die dag ontvang elke kind ‘n lys met toetspunte met relevante kommentaar.
Betrokke Kommando’s mag dan die uitslae in aanmerking neem vir die uitreiking van die Gr7
Dagbreek Graadwiel.

Rietvallei Graad 7 evalueringsdag – Inligtingsbrief

Rietvallei Graad 7 evalueringsdag – inskrywingsvorm

SLEGS EERSTE 100 INSKRYWINGS WORD AANVAAR.
Waar: Laerskool Elarduspark, Albertonstraat 548, Elarduspark.
Datum: SATERDAG 28 JULIE 2018
Koste:  R100.00 vir die dag. Dit sluit toegang, teoretiese en praktiese toetsing en ‘n volledige evaluasie.
‘n Ligte ete en koeldrank vir middagete word ook hierby ingesluit.
Offisiere, ouers en meelopers betaal R50.00 toegang en dit sluit die koste van ‘n ligte ete en koeldrank vir middagete in.

DRAG: Formele Voortrekkerdrag (onderbaadjie volgens Prospektus word ook getoets)
SLUITINGSDATUM: Vrydag 20 Julie 2018

INSKRYWINGS: Inskrywings, tesame met bewys van betaling, moet ge-epos word.
E-pos adres:  [email protected]

Navrae kan gerig word aan Monica Jacobs 083 450 2523

Vriendelike Groete,

Monica Jacobs
AKL Admin
Rietvallei Voortrekker Kommando
083 450 2523

Transvaal Gebiedstaatmakerraad verkiesing

Verkiesing van die Transvaal Gebiedstaatmakerraad

Hiermee die oproepbrief vir die verkiesing van die Transvaal Gebiedstaatmakerraad.

Oproepbrief

Nominasievorm

Staatmakers – Reglement veranderinge 2017

Ons is al amper halfpad deur die jaar en die tyd stap nader aan Augustus 2018 wanneer ons afskeid gaan neem van waarnemende GSD Lorraine Laubscher.

Die volgende posisies is tans verkiesbaar
– Gebiedskakeldraer
– Adjunk-Gebiedskakeldraer: Bemarking

Ons vra dat julle asseblief nominasies sal instuur van persone wat julle voel bevoegd sal wees vir die onderskeie posisies. Let asseblief op na die voorvereistes en verantwoordelikhede van elke posisie.

Baie belangrik:
Die nominasies moet asseblief voor of op 6 Junie 2018 om 16:00 gestuur word aan  [email protected]

Groete

Lorraine Laubscher

Waarnemende Gebiedskakeldraer

073 330 9778

[email protected]

Transvaal warmbaadjies

Transvaal se warmbaadjies is weereens beskikbaar by die gebiedskantoor.

Let op daarna dat hierdie baadjies nie by Voriemôl beskikbaar is nie.

Bestellings kan slegs via die kommando by die gebiedskantoor geplaas word.

Kommando admins gebruik asb die aangehegte vorm vir hierdie doel.

Transvaal warmbaadjie bestelvorm

Maak asb dubbel seker watter grootte om te bestel, die mates verskyn op die bestelvorm.

                                                       Manlik
Beskrywing K M Gr. 1 XL 2 XL 3 XL 4 XL 5 XL
Borsmaat 106 118 128 138 152 160 160 172
Baadjie lengte 71 73 75 77 78 80 82 83
Mou lengte 61 62 63 64 65 66 66 66
                                                       Vroulik
Beskrywing K M Gr. 1 XL 2 XL 3 XL 4 XL 5 XL
Borsmaat 102 110 118 124 134 142 140 146
Baadjie lengte 62 66 68 72 74 78 82 83
Mou lengte 59 60 60 60 62 62 63 64

Die baadjies se kostes is tans soos volg:

Klein, Medium & Groot                  R380

XGroot & 2XGroot                          R410

3XGroot – 5XGroot                         R450

Hou asb ingedagte dat die kantoor slegs beperkte voorraad aanhou en dat baadjies dus op bestelling aangekoop sal word.  Laat asb 10 – 14 werksdae toe vir bestellings om verwerk te word.  Die Kommando admin sal in kennis gestel word sodra die bestelling gereed is om by die kantoor afgehaal te word.  Bestellings kan slegs verwerk word indien die nodige bestelvorm ASOOK die betrokke bewys van betaling deur die Gebiedskantoor ontvang is.

Kontak gerus vir Izelle Ryan by die Gebiedskantoor vir enige navrae in die verband.

Izelle Ryan
Kantoorbestuurder
Transvaal Gebiedskantoor

E-pos: [email protected]
Sel: +27 82 856 2981
Tel: +27 12 430 3914
Faks: +27 86 613 9934

 

 

Die Voriemôl – Werkswinkel

Goeie nuus!  Die gedeelte waar die “ou” hoofkantoor van die Voortrekkers was, is nou ingerig as ‘n werkswinkel met tafels en 24 stoele.

Spanne is welkom om dit op weeksmiddae (14:30 – 18:00) te bespreek.  Koste: R100 per span vir 1 – 3 ure.  Die span se offisier bied self die program aan of reël ‘n aanbieder.

  1. AANBIEDINGS VIR SPANNE – Maandae tot Vrydae (tussen 14:30 en 18:00)

Op versoek kan die Voriemôl ‘n aanbieder verskaf om een van ondergenoemde kentekens/temas vir die span aan te bied.  Alle aanbiedings sluit ‘n item in wat huis toe geneem word.  Die item verskil van aanbieding tot aanbieding.

Koste: 1 uur – R60, 1 ½ – 2 ure – R80 per Voortrekker.

KENTEKENS TEMAS
• Junior Kok Gr 1

• Selfsorg Gr 1

• Kuiertyd Gr 2

• Noodhulp Gr 2

• Taalpret Gr 2

• Paraatheid Gr 3

 

 

 

 

 

• Touwerk

• Noodhulp / Noodhulpsakkie

• Persoonlike versorging / higiëne

• Voortrekkerwapen

• Voortrekkervlag

• Nasionale vlag

• Voortrekkerkode

• Tafelmaniere

• Voortrekkerdrag en kleurstelsel

 

 

• Hantering van gebruiksartikels / gereedskap

• Spele

• Fluitseine / handseine / geheime skrif

• Ons taal / my Taal

• Die Groot Trek

• Herwinning

• Spaarsin

• Monumente

• Uitnodigingskaartjies

 

 

Let wel – die aanbieding van kentekens sal oor meer as 1 sessie strek. Handvaardigheid, Beeldende Kunste en Handwerk: Spanne kan items vir hierdie kentekens maak, hoewel die volledige kenteken nie aangebied word nie.
  1. WERKSWINKELS VIR OFFISIERE – Saterdae (9:00 – 12:00)

Koste:  R100 – R200 per persoon (afhangend van aanbieding).

Datum Program
2 Junie Die Verkennerlewe – oulike idees vir Verkennerspanne
9 Junie Speletjies om Voortrekkers lekker te maak
16 Junie Praktiese hulpmiddels vir spanne
23 Jun – 16 Jul Skoolvakansie
21 Julie Metodes om Voorslagwerk maklik te leer
28 Julie Markdag
4 Augustus Kaartwerk vir spanoffisiere
18 Augustus Hoe om jou werk as offisier makliker te maak
25 Augustus Basiese noodhulp wat ‘n spanoffisier moet weet
1 September Oulike handwerk-items vir spanne
8 September Drukwerk op materiaal
15 September Voortrekker is groen!
22 September Spanbou met Verkenners
29 Sep – 8 Okt Skoolvakansie
13 Oktober Die leefwêreld van ons kinders
20 Oktober Die Voortrekkers Kook – lekker resepte!
27 Oktober Markdag
3 November Hoe om seker te maak my Graad 7’s hou aan met Voortrekkers.Wenke vir die nuwe Gr 8 offisier.
10 November Maak jou eie Kersgeskenke
17 November Stel jou spanprogram vir volgende jaar saam. Kry idees – ‘n praktiese sessie.

BESPREKING VAN AANBIEDINGS OF WERKSWINKELS

Bespreek vroegtydig, aangesien daar in die meeste gevalle net plek vir 24 persone is. Sluitingsdatum vir inskrywings is die Woensdag voor die Saterdag se aanbieding.

Kontak Lidia Hendriks by 0825644840 / 012 329 0198 / 012 329 0199 of stuur ‘n epos na [email protected].  Betalings moet asseblief elektronies gedoen word.

Bankbesonderhede:

Die Voortrekkers

Tjekrekening

Rekeningnommer: 50 30 50 15

Tak:  334645

Gebruik verwysing:  WW + Naam

Stuur bewys van betaling na [email protected]

Staatmakers Kampvuurgesprek

Daar is nog net 6 dae voor die kampvuurgesprek ….

Wonder jy hoe om kinders en jouself te beskerm, wil jy meer te wete kom oor die trauma wat kinders ervaar of wil jy sommer net jou ervarings met ander kom deel? Kom gesels saam oor die beskerming van kinders in Die Voortrekkers en die groter samelewing tydens ons kampvuurgesprek!

RSVP by [email protected] teen 22 Mei 2018.

SAS opleiding

SAS opleiding

Dis weer tyd om meer van SAS te leer!

Ons hanteer weer alle SAS vraagstukke op kommando, oord en gebiedsvlak.

Wanneer: Saterdag 5 Mei 2018
Waar: Die Voortrekkers Transvaal se Gebiedskantoor te 990 Francis Baardstraat, Pretoria.
Tyd: 09h00-14h00
Saambringlysie: Eie skootrekenaar en ‘n bordjie eetgoed.
Ons het Wi-Fi toegang!

Bevestig asb julle teenwoordigheid voor óf op Donderdag 3 Mei 2018 aan Elsa Schnetler

(082 707 2010 / [email protected])

Hartbeespoort GGA

Hartbeespoort GGA (2018/07)

Hartbeespoort se gewilde jaarlikse GGA word vanjaar aangebied vanaf Vrydag 27 Julie 2018 tot Saterdag 28 Julie 2018.

Neem asseblief kennis dat die gewilde Graad 5 Plaaslewe spesialisasie reeds vol bespreek is.

Sluitingsdatum: 16 Julie 2018

Kom geniet die plaas atmosfeer waar jy meer gaan leer oor dierekennis, die tegniek van fotografie, kosmaak in die veld, die plaaslewe gaan ontdek en handvaardig wees.

Hartbeespoort GGA – Inligtingstuk

Hartbeespoort GGA – Inskrywingsvorm

Hartbeespoort GGA – Opsommingsvorm

Hartbeespoort GGA –  SAS riglyne vir inskrywing

 

Graad Spesialisasie
Graad 4 Dierekennis / Gasheer en Gasvrou
Graad 5 Plaaslewe VOL
Graad 6 Kampkook
Graad 8 -12 Fotografie / Handvaardigheid