Seejol Verkennerkkamp

Seejol 2018: “Die Deining”

Elke verkenner (Seejol-matroos) en offisier: Baie welkom by die vaart van VTS Seejol 2018!

Kampbrief vir verkenners en offisiere.

Selfbehoud is reeds vol en geen verdere inskrywing word meer aanvaar nie.

Kampdatum: 22 Junie tot 1 Julie 2018

Kamptema: Seejol … vorentoe in 2018!

Die Transvaalse Voortrekkers gaan vanjaar, soos die afgelope 28 jaar, weer op Hartenbos kamp. Voortrekkers van die Vrystaat, die Kaap én Natal kamp vanjaar weer saam!
Geniet Die Vaart en onthou, Die Vaart kan slegs ’n sukses wees as elke bemanningslid sy/haar kant bring en saamwerk.

Koos Stofberg
SKEEPSKAPTEIN: VTS SEEJOL

PV-teoretiese vraestel

PV-teoretiese vraestel

Die 2018 PV-teoretiese vraestel word geskryf op Maandag 16 April 2018.

Dit is belangrik dat alle PV kandidate die skrywe lees wat op 22 Maart 2018 uitgestuur is.

Sien asb. die brief met die nodige inligting in verband met die skryf van die PV-teoretiese vraestel vir 2018.

PV brief

Sinta Robbertse

Kantoorbestuurder

Hoofkantoor

Transvaal webblad kitsgids 1

Transvaal webblad kitsgids 1

Na aanleiding van versoeke word die inhoud van kitsgids 1 weer herhaal.

Die Transvaal webblad is baie maklik om te gebruik. Alle inligting van elke GGA/GGN én gebiedskampe word versprei deur die webblad kennisgewing en daarna word dit geplaas op Transvaal Faceboekbladsy en Faceboekgroep.

Dit is ook op die maandelikse gebeurtenis kalender beskikbaar.

Die gebeurtenis kiesopsie se skakel is https://transvaal.voortrekkers.co.za/gebeurtenisse/ Wanneer jy hier op kliek is die volgende daarop sigbaar en/óf moontlik:

  1. ‘n Maandkalender met Transvaal se gebeurtenisse daarop aangedui.
  2. Laat rus die pyltjie op die gebeurtenis beskrywing in die kalenderblokkie en ‘n kleurvolle foto asook meer inligting rondom die aktiwiteit sal vertoon word.
  3. Kliek op die blou “Lees meer” vir nòg meer inligting oor die gebeurtenis.
  4. Dit is ook hier waar Inligtingsbriewe en / of Inskrywingsvorms beskikbaar is.

 

Het jy geweet …

1. Dat jy die inligting vanaf ons Transvaal webblad direk na jou eie kommando en/óf oord se FB (groep/ bladsy), Whatsapp (individu/groep), telegram, Pinterest en/óf twitter rekenings gedeel kan word?
Sien die ikone onder aan elke kennisgewing op die tuisbladsy.

Transvaal webblad kitsgids 2

Transvaal webblad kitsgids 2

Soek jy ‘n GGA/GGN of ‘n gebiedskamp se besonderhede?

Gebruik die soek enjin op die maandelikse gebeurtenis kalender

(Dis links bo op die kalender)

Het jy geweet …

Daar is interessante dokumente op Transvaal Voortrekkers se webblad beskikbaar by die volgende skakel: https://drive.google.com/drive/folders/1icvB-2lNY8GqbdOHBL41UKwJEKKaP0sv

Loer binne elke vouer en jy vind moontlik waarna jy soek…

01 Gebiedsbestuur 02 Administrasie 03 Finansies
04 Bemarking 05 Penkop en drawwertjies 06 Verkenners
07 Volwasse sake 08 GGA/GGN & Gebiedskampe 09 Gebiedskampleiers
10 Korrespondensie 11 Liedere 12 SAS Handleiding
13 Staatmakers

Ons wil Vories vir julle so gemaklik as moontlik maak en daarom wil ons vra dat jul vrymoedigheid sal hê  om enige ander inligting wat jy nog graag op die webblad sou wou sien, vir ons deur te gee.

Stuur ‘n e-pos na [email protected] en ons kyk wat ons vir jou kan doen.

 

Sentraal Penkop en Drawwertjie Waterwerkkamp (SPDW) 2018

SPDW (3 – 8 April 2018)

Neem asb. kennis dat die SPDW Bus vanaf MENLO HOëRSKOOL (Atterbury straat ingang) 3 April 2018 om 7:00 vertrek, en nie meer van die Kolonnade nie.

Die bus sal by Highveld One-stop op R21 om 8:30 stop om Johannesburg PD’s op te laai.

Daar is nog plek op die bus, stuur asb. versoek aan [email protected] om plek te bespreek.

Daar is nog plek by Varswaterdiere (Graad 5) beskikbaar, ons sal nog inskrywings hiervoor aanvaar!

Inpaklyste is versprei, kontak [email protected] indien u dit nie ontvang het nie.

Dit is ook beskikbaar op ons webblad: www.spdw.co.za

SPDW groete

Gawie Naudé

Kampleier

Transvaal omsendbrief (2018/01)

Ons gebiedsleier Zandra Machin skryf “Die jaar is goed op dreef, en baie aktiwiteite het reeds suksesvol plaasgevind. Daar word hard beplan aan die April gebiedskampe en ek vertrou almal gaan heerlik saam leer, werk, kuier, speel en vakansie hou!.

Uit een van Stephan Joubert se dagboeke, bespreek hy Romeine 8:31-39 met die tema “Goeie padbouer, stewige pad”. Hierin dui hy die volgende aan: “Dit kos vandag bitter duur om paaie te bou. Snelweë se koste word in miljoene rande per kilometer bereken. Daarom dat die padbouers dit nie regtig kan bekostig om halwe werk te doen nie. Dit moet die eerste keer goed en reg gedoen word.

Lees verder … Transvaal Omsendbrief 2018/01

SAS opleiding

SAS opleiding

Wil jy graag meer leer van SAS op kommandovlak?
Wel, hier is die ideale geleentheid!

Ons hanteer weer alle SAS vraagstukke op kommandovlak. Hierdie opleiding is die SAS intreevlak opleiding.

Wanneer: Saterdag 10 Maart 2018
Waar: Die Voortrekkers Transvaal se Gebiedskantoor te 990 Francis Baardstraat, Pretoria.
Tyd: 09h00-13h00
Saambringlysie: Eie skootrekenaar en ‘n bordjie eetgoed.
Ons het Wi-Fi toegang!

Bevestig asb julle teenwoordigheid voor óf op Maandag 5 Maart 2018 aan Elsa Schnetler (082 707 2010 / [email protected])

Gebiedskantoor

Gebiedskantoor (Telkomlyn)

Die gebiedskantoor se kragtoevoer en internet is beskadig tydens Saterdag se donderstorm. Die kragtoevoer is vanoggend herstel, maar ons het tans geen internet en telefoonkommunikasie.
Telkom is besig met die herstelwerk.

Die kantoorbestuurder, Izelle Ryan ontvang oproepe op die kantoor se selfoon:
082 856 2981

Gebruik asb. [email protected] vir alle e-pos korrespondensie en dit sal verwys word na die korrekte persoon.
U sal inkennisgestel word sodra die telkomlyne herstel is.

U samewerking sal waardeer word.

Transvaal groete

PV teoretiese eksamen en ledegelde

PV teoretiese eksamen en ledegelde

Die PV-teoretiese vraestel word geskryf op 16 April 2018 in die verskillende sentrums wat deur die gebiedsdagbestuur gereël sal word.

Neem asseblief kennis dat alle graad 12 PV kandidate se ledegelde vir 2018 oorbetaal moet wees voor einde Februarie 2018 as hulle wil deelneem aan die PV eksamen proses.

Ledegeld betaalbaar beloop R435 per jeuglid en betalings moet deur die Kommando geskied.

Lede moet geregistreer en as betaal gemerk wees vir 2018 op SAS wanneer die oorbetaling gedoen word.

Enige navrae in verband met die betaling kan gerig word aan [email protected]

Sterkte aan die PV kandidate wat voorberei vir die PV eksamen wat voorlê!

Transvaal groete