Verkenners: Nag in die Museum

Koersvas Verkenners gaan ‘n “Nag in die museum” deurbring.

Wie is braaf genoeg om saam te kom kuier!

Datum: 20 – 21 April 2018
Aankoms Tyd: 17:30 by Transvaal museum.
Vertrek tyd: 08:30 – afhaaltyd by die museum.
Kostes: R200.00 (ingesluit: toegangsgeld, oornag, program, aandete, middernag peuselgoed, ontbyt)

Ons het nog plek beskikbaar, indien enige span wil kom saam kuier skakel asb oor Maandag 20:00
Johanna Greeff 072 111 3808
Denis Herbst 063 772 0345

Groete
Johanna
072 1113808

Oord Goudrand GGN

Oord Goudrand GGN (2018/2)

Oord Goudrand se jaarlikse GGN word aangebied vanaf Vrydag 25 Mei 2018 tot Sondag 27 Mei 2018.

Inligtingsbrief

Opgaaf vorm

Graad  Spesialisasie
Graad 1 Tuinier
Graad 2 Kuiertyd
Graad 3 Fietsry
Graad 4   VOL Ruimtewaarneming
Graad 5 Handvaardigheid
Graad 6   VOL Sterrekunde
Graad 7 Godsdiens
Graad 8 -12 Brandweer
Volwassenes “Tall trees” werkswinkel

PV 2018 teoretiese eksamen

Die Nasionale 2018 PV teoretiese eksamen word geskryf op Maandag 16 April 2018.

Alle PV kandidate word versoek om die aangehegte skrywe te lees ter finale voorbereiding vir die PV eksamen.

Brief: PV eksamen 2018 ordereëlings

Die brief sal ook gestuur word aan elke PV kandidaat.

Sterkte met die eksamen!

 

 

Oord Limpopo GGN

Oord Limpopo GGN (2018/09)

Limpopo se GGN word aangebied gedurende die naweek: 25-27 Mei 2018.

Kom ervaar die natuur op sy beste terwyl jy soos ‘n ware Voortrekker besig bly met die dinge wat regtig saak maak.

Kampbrief

Vorm A – Inskrywingsvorm (Jeuglede en volwassenes)

Vorm B – Opsomming van getalle

Vorm C – Kursus naamlys

 

Graad  Spesialisasie
Graad 1 Junior Kok
Graad 2 Waterveiligheid
Graad 3 Fietsry
Graad 4 Groot Trek
Graad 5 Boeresport
Graad 6 Kampkook
Graad 7 Erfgrond
Graad 8 -12 Boogskiet / Bonsai

Seejol Verkennerkkamp

Seejol 2018: “Die Deining”

Elke verkenner (Seejol-matroos) en offisier: Baie welkom by die vaart van VTS Seejol 2018!

Kampbrief vir verkenners en offisiere.

Selfbehoud is reeds vol en geen verdere inskrywing word meer aanvaar nie.

Kampdatum: 22 Junie tot 1 Julie 2018

Kamptema: Seejol … vorentoe in 2018!

Die Transvaalse Voortrekkers gaan vanjaar, soos die afgelope 28 jaar, weer op Hartenbos kamp. Voortrekkers van die Vrystaat, die Kaap én Natal kamp vanjaar weer saam!
Geniet Die Vaart en onthou, Die Vaart kan slegs ’n sukses wees as elke bemanningslid sy/haar kant bring en saamwerk.

Koos Stofberg
SKEEPSKAPTEIN: VTS SEEJOL

PV-teoretiese vraestel

PV-teoretiese vraestel

Die 2018 PV-teoretiese vraestel word geskryf op Maandag 16 April 2018.

Dit is belangrik dat alle PV kandidate die skrywe lees wat op 22 Maart 2018 uitgestuur is.

Sien asb. die brief met die nodige inligting in verband met die skryf van die PV-teoretiese vraestel vir 2018.

PV brief

Sinta Robbertse

Kantoorbestuurder

Hoofkantoor

Transvaal webblad kitsgids 1

Transvaal webblad kitsgids 1

Na aanleiding van versoeke word die inhoud van kitsgids 1 weer herhaal.

Die Transvaal webblad is baie maklik om te gebruik. Alle inligting van elke GGA/GGN én gebiedskampe word versprei deur die webblad kennisgewing en daarna word dit geplaas op Transvaal Faceboekbladsy en Faceboekgroep.

Dit is ook op die maandelikse gebeurtenis kalender beskikbaar.

Die gebeurtenis kiesopsie se skakel is https://transvaal.voortrekkers.co.za/gebeurtenisse/ Wanneer jy hier op kliek is die volgende daarop sigbaar en/óf moontlik:

  1. ‘n Maandkalender met Transvaal se gebeurtenisse daarop aangedui.
  2. Laat rus die pyltjie op die gebeurtenis beskrywing in die kalenderblokkie en ‘n kleurvolle foto asook meer inligting rondom die aktiwiteit sal vertoon word.
  3. Kliek op die blou “Lees meer” vir nòg meer inligting oor die gebeurtenis.
  4. Dit is ook hier waar Inligtingsbriewe en / of Inskrywingsvorms beskikbaar is.

 

Het jy geweet …

1. Dat jy die inligting vanaf ons Transvaal webblad direk na jou eie kommando en/óf oord se FB (groep/ bladsy), Whatsapp (individu/groep), telegram, Pinterest en/óf twitter rekenings gedeel kan word?
Sien die ikone onder aan elke kennisgewing op die tuisbladsy.

Transvaal webblad kitsgids 2

Transvaal webblad kitsgids 2

Soek jy ‘n GGA/GGN of ‘n gebiedskamp se besonderhede?

Gebruik die soek enjin op die maandelikse gebeurtenis kalender

(Dis links bo op die kalender)

Het jy geweet …

Daar is interessante dokumente op Transvaal Voortrekkers se webblad beskikbaar by die volgende skakel: https://drive.google.com/drive/folders/1icvB-2lNY8GqbdOHBL41UKwJEKKaP0sv

Loer binne elke vouer en jy vind moontlik waarna jy soek…

01 Gebiedsbestuur 02 Administrasie 03 Finansies
04 Bemarking 05 Penkop en drawwertjies 06 Verkenners
07 Volwasse sake 08 GGA/GGN & Gebiedskampe 09 Gebiedskampleiers
10 Korrespondensie 11 Liedere 12 SAS Handleiding
13 Staatmakers

Ons wil Vories vir julle so gemaklik as moontlik maak en daarom wil ons vra dat jul vrymoedigheid sal hê  om enige ander inligting wat jy nog graag op die webblad sou wou sien, vir ons deur te gee.

Stuur ‘n e-pos na [email protected] en ons kyk wat ons vir jou kan doen.

 

Sentraal Penkop en Drawwertjie Waterwerkkamp (SPDW) 2018

SPDW (3 – 8 April 2018)

Neem asb. kennis dat die SPDW Bus vanaf MENLO HOëRSKOOL (Atterbury straat ingang) 3 April 2018 om 7:00 vertrek, en nie meer van die Kolonnade nie.

Die bus sal by Highveld One-stop op R21 om 8:30 stop om Johannesburg PD’s op te laai.

Daar is nog plek op die bus, stuur asb. versoek aan [email protected] om plek te bespreek.

Daar is nog plek by Varswaterdiere (Graad 5) beskikbaar, ons sal nog inskrywings hiervoor aanvaar!

Inpaklyste is versprei, kontak [email protected] indien u dit nie ontvang het nie.

Dit is ook beskikbaar op ons webblad: www.spdw.co.za

SPDW groete

Gawie Naudé

Kampleier

Transvaal omsendbrief (2018/01)

Ons gebiedsleier Zandra Machin skryf “Die jaar is goed op dreef, en baie aktiwiteite het reeds suksesvol plaasgevind. Daar word hard beplan aan die April gebiedskampe en ek vertrou almal gaan heerlik saam leer, werk, kuier, speel en vakansie hou!.

Uit een van Stephan Joubert se dagboeke, bespreek hy Romeine 8:31-39 met die tema “Goeie padbouer, stewige pad”. Hierin dui hy die volgende aan: “Dit kos vandag bitter duur om paaie te bou. Snelweë se koste word in miljoene rande per kilometer bereken. Daarom dat die padbouers dit nie regtig kan bekostig om halwe werk te doen nie. Dit moet die eerste keer goed en reg gedoen word.

Lees verder … Transvaal Omsendbrief 2018/01