Wapadrand GGN

Wapadrand se gewilde GGN is o die draai.

Datum: 24-26 Augustus 2018.

Daar is nog plek by die volgende kursusse, en verdere inskrywings sonder boetes sal tot Vrydag 17 Augustus aanvaar word:

Die volgende kursusse word aangebied:

Graad R:                    Ontdekkingsreis vir Ontdekkers

Graad 1:                    Junior Kok

Graad 2:                    Taalpret

Graad 3:                    Spoorkennis

Graad 4:                    Groot Trek

Graad 5:                    Boeresport

Graad 6:                    Seremonies (slegs 80 inskrywings)

Gr. 7 & Verkenners:   Sterrekunde

Voetslaner (slegs 20 inskrywings) (hulle gaan in die Rietvlei Natuurreservaat saam met ‘n gids tussen die diere stap!)

Nutsman (slegs 30 inskrywings, slegs Gr. 10 en 11 Verkenners)

Gr. 9/10:                   Portefeulje voorbereiding – Ekonomiese weerbaarheid

Let asb daarop dat die Wapadrand GGN hierdie jaar by die Altelekker Kampterrein (naby St George Hotel, Irene) plaasvind. Daar is dus slaaplokale met beddens en matrasse vir die kinders, so minder logistiek vir die offisiere om te reël!

 Verdere navrae kan gerig word aan Carin Coetzer (Tel 084 833 3360 / [email protected]).

Hoop ons sien julle almal daar!

Vriendelike groete,

Wapadrand GGN Kampraad.

SAS opleiding

Dis weer tyd om meer van SAS te leer!

Ons hanteer weer alle SAS vraagstukke op kommando, oord en gebiedsvlak.

Wanneer: Saterdag 11 Augustus 2018
Waar: Die Voortrekkers Transvaal se Gebiedskantoor te 990 Francis Baardstraat, Pretoria.
Tyd: 09:00-14:00
Saambringlysie: Eie skootrekenaar en ‘n bordjie eetgoed.
Ons het Wi-Fi toegang!

Bevestig asb julle teenwoordigheid voor óf op Donderdag 9 Augustus 2018 aan Elsa Schnetler

(082 707 2010 / [email protected])

Impala Voortrekkers

Impala GGA/GGN

Dit is weer tyd vir Impala Voortrekkers se jaarlikse GGA/GGN.

GGA: 27 Julie 2019

GGN: 26-28 Julie 2019

Hou die datum 26-28 Julie 2019 oop vir ‘n naweek vol pret!

SLUITINGSDATUM:  15 Julie 2019

Uitnodigingsbrief

Opgaafvorms

Saambringlysie

Graad  Spesialisasie
Graad R Lesaanbieding (Boeresport) (30)
Graad 1 Kind van Jesus (30)
Graad 2 Kuiertyd (30)
Graad 3 Godsdiens Oranje (25)
Graad 4 Gestremdhede (30)
Graad 5 Godsdiens Groen (30)
Graad 6 Persoonlike versorging (30)
Graad 7 Godsdiens Blou (50)
Graad 8 – 12  Paraatheid / Waardes

GGA Wapadrand

Wapadrand se GGN is om die draai, en die dokumente daarvoor is NOU beskikbaar!

Inligtingsbrief

Opsomming

Saambringlysie

Die volgende kursusse word aangebied

Graad  Spesialisasie
Graad R  Ontdekkingsreis vir Ontdekkers
Graad 1 Junior Kok
Graad 2 Taalpret
Graad 3 Spoorkennis
Graad 4 Groot Trek
Graad 5 Boeresport
Graad 6 Seremonies (slegs 80 inskrywings)
Graad 7 & Verkenners

 

Nutsman (slegs 30 inskrywings, slegs Gr. 10 en 11 Verkenners)

Fotografie (slegs 20 inskrywings)

Sterrekunde

Voetslaner (slegs 20 inskrywings)

Elektronika (slegs 20 inskrywings)

Verfbal (slegs 30 inskrywings)

Graad 9 & 10 Portefeulje voorbereiding – Ekonomiese weerbaarheid

Let asb daarop dat die Wapadrand GGN hierdie jaar, as gevolg van veiligheidsoorwegings, by die Altelekker Kampterrein (naby St George Hotel, Irene) plaasvind. Daar is dus slaaplokale met beddens en matrasse vir die kinders, so minder logistiek vir die offisiere om te reël!

Inskrywings sluit op 10 Augustus, of wanneer die maksimum aantal inskrywings bereik is.

Verdere navrae kan gerig word aan Carin Coetzer (Tel 084 833 3360 / [email protected]).

Hoop ons sien julle almal daar!

Vriendelike groete,

Wapadrand GGN Kampraad.

 

Generaal Hertzog verjaar!

Vanaf 20 Mei 1958 tot Vandag – 60 jaar!!

Generaal Hertzog Voortrekkerkommando in Die Moot was op 20 Mei 2018 alreeds 60 jaar oud!

Die geleentheid is gevier met ‘n groot Verjaardag-ete en Inlywingseremonie op Vrydag 18 Mei 2018 by Laerskool Voorpos.

Die Hoofleier Danie Langner het ‘n spesiale 60 jaar-toekenning aan die huidige Kommandoleier Willem van der Merwe oorhandig saam met Oordleier Mona du Plessis.  Daar is ook spesiale fakkels aangesteek ter erkenning vir diens gelewer, vir die vorige Kommandoleiers:  Nick (JH) Vorster, Wynette Mare, Tom Dreyer, Kobie de Kamper wat waarnemend opgetree het vir ‘n jaar en David van Wyk.

Ses en twintig nuwe kinders is ook as Voortrekkers ingelyf.

Mona du Plessis

Garsvallei GGA

Garsvallei GGA (2019/17)

Garsvallei se GGA word aangebied vanaf Vrydag 26 Julie tot Saterdag 27 Julie 2019.

Sluitingsdatum: 17 Julie 2019

Hiermee die volgende dokumentasie om te inskryf:

Inligtingsbrief

Inskrywingsvorm

Vrywaringsvorm (Graad 2 – dierewaarneming)

Saambringlysie

Graad Spesialisasie
Graad 1 Padveiligheid
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Fietsry
Graad 4 Anglo Boere oorlog
Graad 5 Handvaardighede
Graad 6 Kampkook
Graad 7 Voorslaginskerping
Graad 8 – 10 Selfverdediging
Graad 8 – 12 Manne en vroue uit die Bybel
Graad 11 – 12 Paraatheid

Belfast GGA

Wil jy plaasaktiwiteite soos die slag van ‘n skaap, ‘n melkboerdery, ‘n hoenderboerdery, ‘n mielieboerdery,  plaasimplimente en dan nog ‘n trekker rit of ‘n trok rit of perdry ervaar?

Wel, dan is dit tyd dat jy Belfast Voortrekkers se jaarlkse Plaaslewe spesialisasie bywoon.

Alle Graad 5’s word uitgenooi na Belfast se Plaaslewe kamp wat gehou word gedurende die naweek 3-5 Augustus 2018.

Kom kuier saam en leer meer wat op ‘n plaas gebeur.

Sluitingsdatum vir inskrywings:  Vrydag 20 Julie 2018

Hiermee die nodige dokumentasie vir die naweek se kamp:

Utnodiging

Inskrywingsvorm

Kampbenodighede

Opsomming

Kampprogram

Graad  Spesialisasie
5 Plaaslewe

Staatmaker ondersoek

Die staatmakers van Transvaal beplan ‘n ondersoek oor staatmakerwees in Transvaal.

Die ondersoek sal onder andere kyk na die doel, funksie, struktuur en bedrywighede van staatmakers in Transvaal.

Die ondersoek sal deur middel van ‘n taakspan geskied.

Die volledige lys van doelwitte, databronne en metode sal deur die taakspanlede bepaal word met die aanvang van die ondersoek.

Die voorsitter van die taakspan is Charene Agenbach.

Persone wat belangstel om deel te vorm van die taakspan of meer inligting verlang is welkom om ‘n e-pos te stuur aan [email protected] voor of op Dinsdag, 19 Junie 2018.

Groete

Transvaal Staatmakers

Transvaal Voorslagkamp 2018

Die hoogtepunt van elke Penkop en drawwertjie se voortrekkerloopbaan eindig met die jaarlkse voorslagkamp!

Kom kamp saam met jou mede Graad 7 voortrekkermaats en maak nuwe vriende!

Die Voorslagkamp vir alle Graad 7’s vind plaas by Hartbeesfontein Voortrekkerplaas, net buite Pretoria.

kampdatum:  Vrydag 7 – 9 September 2018.

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 27 Julie 2018.

Aangeheg die volgende dokumentasie
• Offisiere inskrywingsvorm vir almal wat wil kom elavueer;
• Graad 7 jeuglede inskrywingsvorm wat aan die vereistes voldoen – sien inligting hieronder oor die vorms asseblief.

Neem asb kennis dat daar ‘n gekombineerde P1-vorm beskikbaar is
Daar is gewoonlik ‘n inskrywingsvorm en PI-vorm wat ingevul moet word, een gekombineerde vorm kan nou ingevul word (as toetslopie).
Indien u reeds die P1-vorm voltooi het, vul dan slegs die inskrywingsvorm vir die jeuglid in.

Voorslag Prospektus 2018

Transvaal voorslagkamp uitnodiging

Transvaal voorslagkamp P1 gekombineerde vorm

Transvaal voorslagkamp P1 aansoekvorm

Transvaal voorslagkamp inskrywingsvorm vir kandidate

Transvaal voorslagkamp inskrywingsvorm vir volwassenes

Anine Wheeler
AGL: Penkop en Drawwertjie sake