Thaba Verkennerkamp

Ons kampleier, Willie Wagner, verwys elke jaar na die roep van die mier wat in elke Thabaniet se oor roep: Kom huis toe!  En so het die tyd byna aangebreek dat almal huistoe moet kom. Gedurende die Maart skoolvakansie is dit weer tyd vir Thaba!

THABA is ‘n veldkamp in die hart van die Bosveld, en dis meer as ‘n kamp, dis ‘n leefwyse, Dis MY HUIS waar ek veilig voel, MY HART waar my vriende is en waar ons glo in Geloof, Respek, Integriteit en Trots

Kampdatum: vanaf (19) 20 tot 26 Maart 2022.

Thaba Kamp 2022 – Voor, Heel Voor!

Kampbrief

Skryf aanlyn in hier: https://inskrywings.voortrekkers.co.za

Graad Spesialisasies

 8 (Veldontdekkers)

Veldstudie
Kamplewe

8 (Jagters)

Jag en Wildbeheer
Boogskiet

9 (Bittereinders)

Veldvernuf

Paraatheid

10 (Brandwagte)

Kampbeveiliging

Radiospraak

9 (Veldwagters)

Veldwagter

Vuurwapens

11 (Padvinders)

Veldselfbehoud
Waardes

12 (Rigters)

Dienaar-Leier
Burgerskap
(slegs per uitnodiging)

Volwassenes (Raakvatters)

Spanhantering

Praktiese Spanhantering

Lunsklip Feesnaweek

60jaar Feesnaweek: 19-21 Maart 2022

 

Lunsklip se dagbestuur sien al baie lank uit na die 60ste kamp. As gevolg van Covid-19 kon ons nie in 2020 kamp nie en daarom kon die 60ste kamp nie in 2021 plaasvind nie. 2022 is nou die groot jaar! Ons is baie opgewonde daaroor.

Uitnodigingsbrief vir besoekers na die Feeskamp

Inskrywings: Besoekers skryf op dieselfde platform in as offisiere en Verkenners. Klik op die skakel en skryf voor 1 Maart in as besoeker. https://inskrywings.voortrekkers.co.za/skryfin/LunsklipFeeskamp2022

Wapadrand Belofte GGN

Hiermee nooi ons julle met groot opgewondenheid uit na ons tweede Belofte GGN!

Hier’s jou kans om jou uitstaande GGN en belofte spesialisasies vir Voorslag, of jou ABC-spesialisasies vir die Presidentsverkennerproses, op ‘n baie interessante en lekker kuier-manier af te handel!

Wapadrand se Beloftenaweek vind plaas van 8-10 April 2022 by die Voortrekkermonument.

Uitnodigingsbrief

Graad  Spesialisasie
7

Afrikanerkind

Erfgrond

Godsdiens

Medemens

8-9

Godsdiens Vandag

Kerkjaar

8-12

Afrikanertradisies

Burgerskap

10-12

Gelowe

Noordelike PD kamp

Ons kamp vanjaar!

Ontdek die paradys  van die Noorde.  Baljaar by ons eie glyklip en onderneem staptogte op kronkelpaadjies met bome wat so hoog is dat hulle toppe skaars sigbaar is.  Ontdek die geheime en versteekte watervalle in ons eie feetjieland.

Kamptema: Blye vooruitsig na ‘Amper normaal’

Kampdatum: Woensdag 23 Maart 2022 om 14:00 tot Sondag 27 Maart 2022 om 12:00. 

Sluitingsdatum: 2 Maart 2022.

Stuur inskrywings per epos na [email protected]

Kampbrief

Vorm A vir Jeuglede

Vorm B vir Volwasse lede

Vorm C Naamlys volgens kursusse

Vorm D vir Opsomming van getalle

Vrywaringsvorm L10

Vrywaringsvorm L11

Graad Spesiliasasie
1 Tuinier
2 Dierewaarneming
3 Handwerk
4 Plantekennis
5 Touwerk
6 Spoorsny
7

Veldbewustheid

Medemens

Rhus Keeti Verkennerkamp

Ek hoop elkeen van julle is gereed om hierdie jaar se Rhus Keeti Avontuurkamp af te skop!

Kom verken saam met my die bosveld in die Waterberge en kom vind jou plek. My vraag aan jou is: Hoe dra jy by? As jy meer wil kom leer van jou mens- wees en hoe jy kan bydra, nooi ek jou hartlik uit om jouself te kom uitdaag hier in God-drie-enig se sitkamer! Nie net gaan ons saam leer nie, ons gaan ook hard en lekker saam speel. So, waarvoor wag jy? Kom vind uit hoe dra JY by!

Spesialiasies wat aangebied word is onder andere: Avontuur-Vasbyt, Veldvernuf, Verfbal , Voëlidentifisering, Fotografie, Sterrekunde, Kampbeveiliging, 4×4 Veldry, Bergfiets, Gevorderde Boogskiet,  Jag- & Wildbeheer  en Rotsklim.

Kampdatum: 19-26 Maart 2022

Sluitingsdatum: 4 Maart 2022

Kampbrief

 

Lunsklip Verkennerkamp

Lunsklip, die oudste veldwerkkamp in Die Voortrekkers, word vanjaar vir die sestigste jaar op die Percy Fyfe Natuurreservaat, een van die mooiste natuurreservate in die land, naby Potgietersrus aangebied. Jou lewenslange verbintenis met Lunsklip begin of word voortgesit met die ervaring wat jou lewe kan verander.

Ons nooi jou om vanjaar deel te wees van ‘n baie groot jaar in die kamp se geskiedenis.

Kampbrief

Graad Spesialisasie
8 Veldvernuf en Tradisionele Spele
9 Natuurbewaring en Vuurwapens
9 & 10 Voetslaner en Sterrekunde
10 Kampbeveiliging en Selfverwesenliking

11

of 12 indien dit nie in graad 11 gedoen is nie)

Selfbehoud Spesiale Onderskeidingsteken
12 Buitegroep
Volwassenes

Veldwerkspesialisering (Veldwerksterretjie)

Lunsklip Verkennerkamp se inskrywings is oop vir Verkenners en offisiere by https://inskrywings.voortrekkers.co.za/skryfin/Lunsklip2022

‘n Spesiale feesnaweek vind plaas van 19 – 21 Maart. Die inskrywings daarvoor open later die week.

Jakaranda PD kamp

Ons nooi jou graag om saam met ons op die 37e Jakaranda Voortrekkerkamp op Die Voortrekkerplaas te Hartebeesfontein, sowat 50km noord van Pretoria, te kom kamp.

Ons kamp vanaf Woensdagaand 30 Maart 2022 om 18:30 tot Sondagoggend 3 April 2022 om 11:00. Maak asseblief voorsiening vir jou eie aandete Woensdagaand.

Daar word beperkings geplaas op die aantal inskrywings van sekere kursusse. Maak dus seker dat jy so vinnig moontlik inskryf om plek in die spesifieke kursus te verseker.

Kampbrief

Graad Spesialisasie
1

Spele

2

Taalpret

3

Handwerk

Toeka

4

Vasbyt

Noodhulp

Versamelkuns

5

Ekosorg

Touwerk

Weerkennis

6

Beeldende kunste 

Spoorsny

Redding

7

Erfgrond

Medemens

Volwassenes

Diensdoende

Kombuis

Voortrekkerspyseniering

 

Transvaal Staatmakers

Transvaal Staatmakers

Hierdie nuwe jaar merk ‘n nuwe seisoen met sy eie uitdagings en hoogtepunte, die jaarprogram is propvol nuwe aktiwiteite maar mag ons ‘n oomblik vat en waardeer dit is ‘n skoon nuwe kalender, wat se skedule en stories wag om vertel te word. Skryf hierdie jaar 2022 ‘n kalender wat jy sal onthou!

Onthou die volgende: A Revised schedule is to a business what a new season is to an athlete or a new canvas to an artist. – Norman Ralph Augustine

Transvaal Staatmaker bestuur 2021/2023

Gebiedskakeldraer – Karolien Thomas (0838005662)

Adjunk gebiedskakeldraers asook Oordverteenwoordigers:

Leeuwenveld – Bevan Jonck (0823117208)

Oosvaal – Joa van der Merwe (0713570139)

Bergenbos – Nerine Pretorius (0810488333)

Oosterlijn – Adriaan Terblanche (0713792808)

Baie geluk aan elke Groepbestuur wat verkies is, ons sien uit om hierdie termyn saam met julle te stap!

 Belangrike Datums

 12 Februarie 2022: Transvaal Staatmaker afskop

30 April – 2 Mei 2022: Transvaal Staatmaker Staptoer

5-9 Augustus 2022: Transvaal Staatmaker saamtrek

 Staatmaker opening 2022 / Afskop

12 Februarie 2022 se Transvaal Staatmaker afskop!!! Jy wil dit nie misloop nie!

Putt -Putt vir ‘n bietjie gesonde kompetisie en Pizza vir net R40.

14:00 vir 14:30 want ons weet Staties hou van laat slaap 😉

Is jy in vir baie pret? Skakel in by die WhatsApp groep vir die Afskop: https://chat.whatsapp.com/FqqC06N4sK10sSubvuFB00

Staatmaker Staptoer

Begin solank die stapskoene af stof en beplan aan jou etes.
Hou die spasie dop, meer inligting volg einde Januarie.