Seejol Verkennerkkamp

Seejol 2018: “Die Deining”

Elke verkenner (Seejol-matroos) en offisier: Baie welkom by die vaart van VTS Seejol 2018!

Kampbrief vir verkenners en offisiere.

Selfbehoud is reeds vol en geen verdere inskrywing word meer aanvaar nie.

Kampdatum: 22 Junie tot 1 Julie 2018

Kamptema: Seejol … vorentoe in 2018!

Die Transvaalse Voortrekkers gaan vanjaar, soos die afgelope 28 jaar, weer op Hartenbos kamp. Voortrekkers van die Vrystaat, die Kaap én Natal kamp vanjaar weer saam!
Geniet Die Vaart en onthou, Die Vaart kan slegs ’n sukses wees as elke bemanningslid sy/haar kant bring en saamwerk.

Koos Stofberg
SKEEPSKAPTEIN: VTS SEEJOL

PV-teoretiese vraestel

PV-teoretiese vraestel

Die 2018 PV-teoretiese vraestel word geskryf op Maandag 16 April 2018.

Dit is belangrik dat alle PV kandidate die skrywe lees wat op 22 Maart 2018 uitgestuur is.

Sien asb. die brief met die nodige inligting in verband met die skryf van die PV-teoretiese vraestel vir 2018.

PV brief

Sinta Robbertse

Kantoorbestuurder

Hoofkantoor

Transvaal webblad kitsgids 1

Transvaal webblad kitsgids 1

Na aanleiding van versoeke word die inhoud van kitsgids 1 weer herhaal.

Die Transvaal webblad is baie maklik om te gebruik. Alle inligting van elke GGA/GGN én gebiedskampe word versprei deur die webblad kennisgewing en daarna word dit geplaas op Transvaal Faceboekbladsy en Faceboekgroep.

Dit is ook op die maandelikse gebeurtenis kalender beskikbaar.

Die gebeurtenis kiesopsie se skakel is https://transvaal.voortrekkers.co.za/gebeurtenisse/ Wanneer jy hier op kliek is die volgende daarop sigbaar en/óf moontlik:

  1. ‘n Maandkalender met Transvaal se gebeurtenisse daarop aangedui.
  2. Laat rus die pyltjie op die gebeurtenis beskrywing in die kalenderblokkie en ‘n kleurvolle foto asook meer inligting rondom die aktiwiteit sal vertoon word.
  3. Kliek op die blou “Lees meer” vir nòg meer inligting oor die gebeurtenis.
  4. Dit is ook hier waar Inligtingsbriewe en / of Inskrywingsvorms beskikbaar is.

 

Het jy geweet …

1. Dat jy die inligting vanaf ons Transvaal webblad direk na jou eie kommando en/óf oord se FB (groep/ bladsy), Whatsapp (individu/groep), telegram, Pinterest en/óf twitter rekenings gedeel kan word?
Sien die ikone onder aan elke kennisgewing op die tuisbladsy.

Transvaal webblad kitsgids 2

Transvaal webblad kitsgids 2

Soek jy ‘n GGA/GGN of ‘n gebiedskamp se besonderhede?

Gebruik die soek enjin op die maandelikse gebeurtenis kalender

(Dis links bo op die kalender)

Het jy geweet …

Daar is interessante dokumente op Transvaal Voortrekkers se webblad beskikbaar by die volgende skakel: https://drive.google.com/drive/folders/1icvB-2lNY8GqbdOHBL41UKwJEKKaP0sv

Loer binne elke vouer en jy vind moontlik waarna jy soek…

01 Gebiedsbestuur 02 Administrasie 03 Finansies
04 Bemarking 05 Penkop en drawwertjies 06 Verkenners
07 Volwasse sake 08 GGA/GGN & Gebiedskampe 09 Gebiedskampleiers
10 Korrespondensie 11 Liedere 12 SAS Handleiding
13 Staatmakers

Ons wil Vories vir julle so gemaklik as moontlik maak en daarom wil ons vra dat jul vrymoedigheid sal hê  om enige ander inligting wat jy nog graag op die webblad sou wou sien, vir ons deur te gee.

Stuur ‘n e-pos na [email protected] en ons kyk wat ons vir jou kan doen.

 

Sentraal Penkop en Drawwertjie Waterwerkkamp (SPDW) 2018

SPDW (3 – 8 April 2018)

Neem asb. kennis dat die SPDW Bus vanaf MENLO HOëRSKOOL (Atterbury straat ingang) 3 April 2018 om 7:00 vertrek, en nie meer van die Kolonnade nie.

Die bus sal by Highveld One-stop op R21 om 8:30 stop om Johannesburg PD’s op te laai.

Daar is nog plek op die bus, stuur asb. versoek aan [email protected] om plek te bespreek.

Daar is nog plek by Varswaterdiere (Graad 5) beskikbaar, ons sal nog inskrywings hiervoor aanvaar!

Inpaklyste is versprei, kontak [email protected] indien u dit nie ontvang het nie.

Dit is ook beskikbaar op ons webblad: www.spdw.co.za

SPDW groete

Gawie Naudé

Kampleier

Jakaranda PDkamp

Jakaranda PD-kamp (4 – 8 April 2018)

Die Jakaranda PDkamp begin op 4 April 2018 en die inpaklys is beskikbaar!

Besoek die volgende skakel vir Jakaranda PD-kamp se kampbrief, sowel as die inpaklyste per kursus.
http://jakaranda.voortrekkers.org.za/index.html

Onthou ons kamptema: Jakaranda Vol Vorentoe

Jakaranda groete
Jan-Albert de Kock
Kampleier

Magalieskruin Voortrekkers

Maandag 14 Maart 2018  – Magalieskruin is 40 jaar oud!

Magalieskruin se geskiedenis

Hiermee 40 hoera’s hoekom Voortrekkers
*Kameraadskap *Koue lug, laat aande en ‘n warm vuur *Sterrekyk *Wind wat waai op Wilgedraai *Vetkoek en maalvleis vir ontbyt *Vrese trotseer *Kamp in die bos *Kondensmelk by die kampvuur *Laternbekruip *Maak nuwe vriende *Nagmars *Om in die veld te wees *Ogies maak om ‘n kampvuur *Wagstaan *A3 se pasteitjies *Nuwe avonture *Besondere spesialisasies *Stokbrood *Sokkies *Kampe, kampe, kampe *Wanneer die fluitjie blaas vir verfbal *Milo en koekies by Oppieberg *Pad pizza *Sonopkoms in die natuur *Ons werk as ‘n span *Boeresport *Ons leer van ons geskiedenis *Kuier by die ouetehuis *Voel soos familie *Mooiste foto’s *Stories en grappies *Saamsing en musiek *Spankampe *Besoek ons monumente *Toutrek *4×4 by Rhus Keeti *Selfbehoud se uithou *Om in die veld te wees *Om te trou met ‘n Vorie *Voortrekkers is familie!

Renosterprojek

Renoster projek

Daar was verskeie navrae vanaf kommando’s en spanne vir ‘n amptelike dokument vanaf die gebied oor die Renoster projek.

Hierdie dokument sal almal kan help om betrokke te raak by die projek en ook die publiek deel te maak van Transvaal Voortrekkers se projek.

Kliek hier vir meer inligting.

 

Transvaal omsendbrief (2018/01)

Ons gebiedsleier Zandra Machin skryf “Die jaar is goed op dreef, en baie aktiwiteite het reeds suksesvol plaasgevind. Daar word hard beplan aan die April gebiedskampe en ek vertrou almal gaan heerlik saam leer, werk, kuier, speel en vakansie hou!.

Uit een van Stephan Joubert se dagboeke, bespreek hy Romeine 8:31-39 met die tema “Goeie padbouer, stewige pad”. Hierin dui hy die volgende aan: “Dit kos vandag bitter duur om paaie te bou. Snelweë se koste word in miljoene rande per kilometer bereken. Daarom dat die padbouers dit nie regtig kan bekostig om halwe werk te doen nie. Dit moet die eerste keer goed en reg gedoen word.

Lees verder … Transvaal Omsendbrief 2018/01

Kalahari Vasbyt 2018

KALAHARI-VASBYT 2018

U word hiermee vriendelik uitgenooi om deel te neem aan die jaarlikse Kalahari Vasbyt kamp.

Dit beloof om, soos altyd, ’n naweek te wees om te onthou…..

Kampdatum: Vrydag 27 April tot Sondag 1 Mei 2018

Sluitingsdatum: 16 April 2018

Uitnodigingsbrief

Inskrywingsvorm: Volwassenes / kind jonger as Graad 7

Inskrywingsvorm: Jeuglede (Graad 7-12)

Graad  Spesialisasie
Graad 7 Kaart & Satelietkompas
Graad 8 – 12 Kaart & Satelietkompas