Transvaal omsendbrief (2018/01)

Ons gebiedsleier Zandra Machin skryf “Die jaar is goed op dreef, en baie aktiwiteite het reeds suksesvol plaasgevind. Daar word hard beplan aan die April gebiedskampe en ek vertrou almal gaan heerlik saam leer, werk, kuier, speel en vakansie hou!.

Uit een van Stephan Joubert se dagboeke, bespreek hy Romeine 8:31-39 met die tema “Goeie padbouer, stewige pad”. Hierin dui hy die volgende aan: “Dit kos vandag bitter duur om paaie te bou. Snelweë se koste word in miljoene rande per kilometer bereken. Daarom dat die padbouers dit nie regtig kan bekostig om halwe werk te doen nie. Dit moet die eerste keer goed en reg gedoen word.

Lees verder … Transvaal Omsendbrief 2018/01

Kalahari Vasbyt 2018

KALAHARI-VASBYT 2018

U word hiermee vriendelik uitgenooi om deel te neem aan die jaarlikse Kalahari Vasbyt kamp.

Dit beloof om, soos altyd, ’n naweek te wees om te onthou…..

Kampdatum: Vrydag 27 April tot Sondag 1 Mei 2018

Sluitingsdatum: 16 April 2018

Uitnodigingsbrief

Inskrywingsvorm: Volwassenes / kind jonger as Graad 7

Inskrywingsvorm: Jeuglede (Graad 7-12)

Graad  Spesialisasie
Graad 7 Kaart & Satelietkompas
Graad 8 – 12 Kaart & Satelietkompas

Vlak 1 & 2 Noodhulp Opleiding

Vlak 1 & 2 Noodhulp Opleiding

Beste Voortrekkers,

Die Suid Afrikaanse Noodhulpliga is by die Departement van Arbeid van Suid Afrika, sowel as HWSETA (HW591PA1006262) geakkrediteer. Die Noodhulpliga bied in samewerking met die FAK ‘n geleentheid aan vir persone om beide vlak 1 & 2 noodhulp kwalifikasies te ontvang, na voltooiing van die kursus. Sertifikate wat uitgereik word, is vir 3 jaar geldig.

Inhoud van die kursus sluit in:

  • Die beginsels en oogmerke van noodhulp
  • Ondersoek van die pasiënt
  • Skok
  • Kardio-pulmonale resussitasie (KPR)
  • Lugweg Obstruksie
  • Sagte weefsel Beserings
  • Wonddekkings en verbande
  • Bloeding
  • Brandwonde
  • Die Skeletstelsel
  • Hoofbeserings en bewusteloosheid
  • Vervoer van die pasiënt
  • Omgewingsbeserings
  • Vergiftiging
  • Menslike immuniteitsgebrek virus en verworwe immuniteitsgebrek virus

Datum: 17 – 19 Mei 2018

Plek: FAK Liedjietuinlapa, Voortrekkermonumentterrein, Eeufeesweg, Pretoria.

Kostes: R1380.00 per persoon

Navrae of verdere inligting rondom die inhoud van die kursus kan gerig word aan:

Werner Beineke

Sel: 071 105 3705

Tel +27 12 301 1777

E-pos [email protected]

www.fak.org.za

 

Lunsklip Veldwerkkamp

Lunsklip Veldwerkkamp

Inskrywings vir Lunsklip sluit eers 15 Maart 2018, maar die volgende kursusse is reeds vol: Kamplewe/Touwerk (gr 8 en 9) en Voetlsaner/Sterrekunde (gr 8 en 9).

Daar is nog enkele plekke beskikbaar by: Natuurbewaring/Vuurwapens (gr 9), Kampbeveiliging/Paraatheid (gr 10)

en Selfbehoud (gr 11).

Volwassenes kan gerus inskryf vir Veldwerkspesialisering.

Vir meer inligting, of om in te skryf, gaan na http://inskrywings.voortrekkers.co.za/skryfin/lunsklip2018

Vir enige navrae, stuur ‘n e-pos na [email protected]

Vriendelike groete

Janie van Heerden

Transvaal Shavathon

Shavathon 2018

Die Voortrekkers in Transvaal is druk besig met hulle jaarlikse Shavathon gemeenskapsprojekte.

Oord Pretoria-Oos se kommando’s het die afgelope naweek op Saterdag 24 Februarie in vier (4) winkelsentrums hulle verskil gemaak, terwyl die gebiedbestuursvergadering ook deelgeneem het!

Die komende naweek op Saterdag 3 Maart, gaan Polsslag Voortrekkers voort met die Shavathon gemeenskapsprojek by hulle Voortrekkersaal in Gloverlaan. Almal word uitgenooi om te kom deel neem.

Fotoalbum van die afgelope naweek se Shavathon tydens die gebiedbestuursvergadering!

Sweepslag Superavontuur

Verkennernagmars

Sweepslag Staatmakers bied hierdie jaar weer hul berugte Superavontuur nagmars aan. Soos dit die geval was met die vorige nagmars, beloof Sweepslag om nog ʼn onvergeetlike aand van vrees en angs aan avontuurlustige verkenners te bring. Sweepslag het al meer as tien jaar se ondervinding, in nagmarste en weet hoe om verkenners te laat snak na hul asems.

Koste: R120 per verkenner en R100 per volwassene.(verblyf, twee etes en ʼn onvergeetlike nagmars word hierby ingesluit).

Kampbrief: http://www.sweepslag.org.za/verkennernagmars/

Verkenners: http://www.sweepslag.org.za/verkennernagmars/verkennerinskrywing/

Volwassenes: http://www.sweepslag.org.za/verkennernagmars/volwasse-inskrywing/

Navrae: Wessel van der Walt – 082 264 9643 of [email protected]

Hoop om almal daar te sien!

Groete

Wessel van der Walt

Oord Pretoria-Moot Fakkelloop

Spesiale uitnodiging aan die gebiedsdagbestuur, oorddagbesture, Kommandoleiers, mede-voortrekkers en ouers

U word hartlik uitgenooi na Oord Pretoria-Moot se jaarlikse Fakkelloop en Verootmoedigingsdiens.

Datum: Sondag 25 Februarie 2018

Tyd: 17:30 – 20:00

Plek: NG Kerk Mootvallei (H/v Louis Trichardt en Morgan straat)

Drag: Formele Voortrekkerdrag

Elke persoon verskaf sy eie fakkel. Ouers is welkom om saam te stap.

Uitnodigingsbrief

Voriegroete

Sonja Ahrens
Tel: 012 393 4071
Cel: 082 873 2109

Die Afikaanse Toekomstrust

Die Afrikaanse Toekomstrust

Die Afrikaanse Toekomstrust bedryf en bestuur die Toekomstuiste wat permanente pleegsorg ingevolhge die Kinderwet, Wet 38 van 2005, aanbied.

Die Toekomstuiste wil vir kinders in ons sorg ‘n veilige, geborge en liefdevolle tuiste bied waarin hulle kan ontwikkel ten einde as gebalanseerde en selfversorgende volwassenes hulle plek in die samelewing vol te staan.

Die model maak voorsiening vir ‘n studiebeurs van die Afrikaanse Toekomstrust en ‘n ondersteuningstelsel nadat die kind matriek slaag.

Die inligtingstuk en ‘n aansoekvorm van die Lyttelton Toekomstuiste is aangeheg.

Daar is tans plek vir 6 kinders tussen 0-10 jaar.

Inligtingstuk van die Toekomstuiste

Aansoekvorm

Voortrekkers kledingstukke

Ons gebruik op alle vlakke binne die Voortrekkers kledingstukke om ons spanne, kommando’s en selfs kampe uit te ken.

Baie van die kledingstukke verwys glad nie na die Voortrekkers nie en sodoende verloor ons die geleentheid om die Voortrekkers die nodige blootstelling te gee in die publiek.

Dit is gewoonlik hierdie tyd van die jaar waar veral spanne en kampe besig is om hul hemde te ontwerp.

Die bemarkingskomitee van Transvaal wil versoek dat spanne, kommando’s en kampe onthou om Die Voortrekkers die nodige blootstelling te gee op hierdie hemde.

Saam kan ons verseker dat Die Voortrekkers Vorentoe beweeg!

Met groot dank

Bemarkingskomitee van Die Voortrekkers: Transvaal

Gebiedskantoor

Gebiedskantoor (Telkomlyn)

Die gebiedskantoor se kragtoevoer en internet is beskadig tydens Saterdag se donderstorm. Die kragtoevoer is vanoggend herstel, maar ons het tans geen internet en telefoonkommunikasie.
Telkom is besig met die herstelwerk.

Die kantoorbestuurder, Izelle Ryan ontvang oproepe op die kantoor se selfoon:
082 856 2981

Gebruik asb. [email protected] vir alle e-pos korrespondensie en dit sal verwys word na die korrekte persoon.
U sal inkennisgestel word sodra die telkomlyne herstel is.

U samewerking sal waardeer word.

Transvaal groete