Transvaal Julie 2021 Gebiedskampe en Covid-19

Kennisgewing

Na aanleiding van die huidige Vlak 3 covid-19 regulasies moes die volgende besluit geneem word:

  1. Alle Transvaal gebiedskampe vir Julie 2021 is gekanselleer. Ander gebiede het ook te kenne gegee dat dieselfde in hulle gebiede gedoen is.
  1. Die Nasionale PV webinaar gaan aanlyn voort. Geen kamp of samekomste ten opsigte van die PV webinaar kan egter voort gaan nie inlig van die huidige covid-19 regulasies. Die PV webinaar aktiwiteite kan voortgaan in spanverband en word dus aangemoedig.
  1. Alle GGA/GGN aktiwiteite wat beplan is in ooreenstemming met die huidige covid-19 vlak 3 regulasies mag voortgaan met dien verstande dat geen oorslaap sal plaasvind. Die situasie sal egter weer op 20 Julie geherevalueer word.
  1. Spanaktiwiteite kan voortgaan onderhewig aan die huidige covid-19 protokols.

Noordpos GGA

Noordpos Voortrekkers nooi alle Penkoppe, Drawwertjies en Verkenners uit na ons GGA , te Laerskool Stephanus Roos, Antunstraat 273, Sinoville op 4 – 5 Junie 2021. Die naweek is ʼn volwaardige Gebied Goedgekeurde Aktiwiteit (GGA).
Tydens hierdie naweek kan elke Voortrekker hul kennis kom verbreed en die Voortrekkerlewe ten volle geniet!

SLUITINGSDATUM: VRYDAG 21 MEI 2021

Graad Spesialisasie
Graad 1 Selfsorg
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Plantwaarneming
Graad 4 Noodhulp
Graad 5 Brandweer
Graad 6 Paraatheid
Graad 7 Seremonies
Graad 8-12 Brandweer of Godsdiens vandag

Skakel vir die aanlyn Inligtingsbrief en inskrywingsvorm:  NOORDPOS GGA AANLYN INSKRYWING

Gebiedskantoor gesluit

Die skole sluit op Vrydag 23 April 2021 en die gebiedskampe wink vir almal!

Geniet julle kort vakansie en gebiedskampe!

Neem asseblief kennis dat die Transvaal gebiedskantoor sal gesluit wees vanaf Maandag 26 April 2021 tot Vrydag 30 April 2021.

Navrae: Kontak Elsa Schnetler met enige dringende navrae: 082 707 2010 / [email protected]

Medemenskamp 21-23 Mei 2021

Het jy al met jouself vergadering gehou en besluit wie jy is en wie jy wil wees? Weet jy hoe jy gaan optree wanneer iets gebeur of wag jy maar tot dit gebeur? Het jy geweet dat alles wat jy doen ‘n boodskap van jou oordra?

Die Medemenskamp is vir jou bedoel! Daar is net Gr 7’s op die kamp – geen “kleintjies” nie! Moet dit nie mis nie!

Die Medemenskamp se inligting is gereed om versprei te word. 

Die inskrywings kan gedoen word by https://inskrywings.voortrekkers.co.za/inskrywing# en die inskrywings is reeds oop.

Nicci Kleynhans

Kampadmin: Medemenskamp

Gewysigde 2021 Gebiedsjaarprogram

Sedert 2020 het almal geleer van teleurstellings, aanpassing en nou moes Transvaal se 2021 Gebiedsjaarprogram weereens vinning aanpas by die nuutste veranderinge …

Transvaal 2021 Gebiedsjaarpropgram (nuutste weergawe 15 April 2021)

Onthou: PV toeretiese toetsdatum is verander na 10 Mei 2021.

Garsvallei se gewilde Singkamp wat gedurende die naweek 7-9 Mei 2021  aangebied sou word, is gekanselleer.

Ons sal julle op gereelde basis op hoogte hou van enige verdere veraderinge wat mag plaasvind.

Groete en Hou Koers!

Generaal Hertzog GGA: 22 Mei 2021

Kom kuier saam met ons en leer meer van junior Kok, Dierewaarneming, Spoorkennis (B), Gestremdhede (B), Anglo Boere-Oorlog (B), Delwerye (B), Kampkook en Fotografie.

Graad Spesialisasie
1 Junior Kok
2 Dierewaarneming
3 Spoorkennis (B)
4 Gestremdhede (B) of Anglo Boere-Oorlog (B)
5 Delwerye (B
6 en 7 Kampkook
Verkenners Fotografie

SLUITINGSDATUM STRENG voor of op 11 Mei 2021.

  1. Inligtingsbrief 2021
  2. Inskrywingsvorm
  3. Pd saambringlysie
  4. Spesiale Inligting Vir Anglo Boere Oorlog Jnr (B)
  5. Fotografie Inligtingsbrief

Staatmakers

Na aanleiding van ‘n paar versoeke/voorstelle dat die Staatmakerwapen moet verander en in opdrag van die hoofbestuur van Die Voortrekkers, het die nasionale staatmakerraad (NSR) dit goedgedink om hierdie meningsopname saam te stel om sodoende ‘n verteenwoordigende aanbeveling te kan rig aan die hoofbestuur van Die Voortrekkers.

Alle Staatmakers word versoek om asseblief die meningsopname te voltooi. Kommando’s se samewerking word gevra om ons te help om die meningsopname na alle Staatmakers te versprei. Nie-Staatmakers is ook welkom om die vraelys te voltooi.

Die meningsopname sal sluit op Woensdag, 14 April 2021 om 20:00.

https://forms.gle/GQ8xWKAc2P3Nrrj47