Vlotvaart 2021

Die Vlotvaart vind vanjaar vanaf 18:00 op Saterdagaand 16 Oktober 2021 te BAJADAMOORD op die Bronkhorstspruitdam plaas. Staanplekke word vir elke kommando/oord/vlot toegeken.

Suid-Afrika is tans op vlak 1 van die covid-19 regulasies en dus kan meer Voortrekkers inskryf vir die Vlotvaart 2021.

Alle Graad 6 en 7 jeuglede  word uitgenooi om in te skryf vir die Vlotvaart 2021.

  1. Vlotvaart 2021 Uitnodiging

     2. Covid-19 reëlings vir Vlotvaart 2021

     3. Vlotvaartinskrywingsvorm

     4. Vrywarringsvorm

     5. Vlotvaartreëls 2021

HOU KOERS-KONSERT

HOU KOERS-KONSERT

Die Voortrekkers vier Donderdag 30 September 2021 hulle 90ste bestaansjaar met ’n geskiedkundige konsert wat op die vooraansig van die Voortrekkermonument projekteer word.

Is jy n Voortrekker, oud-Voortrekker of net n ondersteuner? Kom ons almal vier Donderdag die Voortrekkers se verjaarsdag deur die feeskonsert te ondersteun.

Adam Tas, Jak De Priester en Pieter Smith sal die lekkerste sangvermaak in Afrikaans aan oud en jonk verskaf. Die konsert word op 30 September 2021en 15 Oktober 2021 aanlyn uitgesaai. Kaartjies beloop slegs R150.00 per toestel en met ’n toegangskaartjie sal jy ’n skakel ontvang waar jy die konsert vanaf jou selfoon/rekenaar kan kyk.

Moenie hierdie spesiale geleentheidskonsert misloop nie.

Koop jou kaartjie NOU!   https://tickets.tixsa.co.za/events/22617

HOU KOERS-KONSERT

HOU KOERS-KONSERT

Die Voortrekkers vier Donderdag 30 September 2021 hulle 90ste bestaansjaar met ’n geskiedkundige konsert wat op die vooraansig van die Voortrekkermonument projekteer word.

Is jy n Voortrekker, oud-Voortrekker of net n ondersteuner? Kom ons almal vier Donderdag die Voortrekkers se verjaarsdag deur die feeskonsert te ondersteun.

Adam Tas, Jak De Priester en Pieter Smith sal die lekkerste sangvermaak in Afrikaans aan oud en jonk verskaf. Die konsert word op 30 September 2021en 15 Oktober 2021 aanlyn uitgesaai. Kaartjies beloop slegs R150.00 per toestel en met ’n toegangskaartjie sal jy ’n skakel ontvang waar jy die konsert vanaf jou selfoon/rekenaar kan kyk.

Moenie hierdie spesiale geleentheidskonsert misloop nie.

Koop jou kaartjie NOU!   https://tickets.tixsa.co.za/events/22617

Transvaal Omsendbrief

Wonder jy meer oor die 90-Jaar Voortrekkerfees en of wat in 2022 gaan gebeur …. Lees dan gou Transvaal Voortrekkers se nuutste omsendbrief.

Ongeag COVID-19 en die daaglikse uitdagings staan ons aan die begin van ‘n opwindende nuwe fase in die geskiedenis van Transvaal Voortrekkers. Een van hierdie aksies is dat elke oorgangsgebied hul eie jaarprogram vir 2022 sal opstel en saam met die Transvaal gebiedsbestuur sal bestuur.

Ons sien uit daarna om ons gebiedskampe aan te bied gedurende die komende Oktober vakansie. Ons begin ook reeds beplan aan die Transvaal Voriesaamtrek in 2022.

Transvaal Omsendbrief – Augustus 2021

Transvaal Julie 2021 Gebiedskampe en Covid-19

Kennisgewing

Na aanleiding van die huidige Vlak 3 covid-19 regulasies moes die volgende besluit geneem word:

  1. Alle Transvaal gebiedskampe vir Julie 2021 is gekanselleer. Ander gebiede het ook te kenne gegee dat dieselfde in hulle gebiede gedoen is.
  1. Die Nasionale PV webinaar gaan aanlyn voort. Geen kamp of samekomste ten opsigte van die PV webinaar kan egter voort gaan nie inlig van die huidige covid-19 regulasies. Die PV webinaar aktiwiteite kan voortgaan in spanverband en word dus aangemoedig.
  1. Alle GGA/GGN aktiwiteite wat beplan is in ooreenstemming met die huidige covid-19 vlak 3 regulasies mag voortgaan met dien verstande dat geen oorslaap sal plaasvind. Die situasie sal egter weer op 20 Julie geherevalueer word.
  1. Spanaktiwiteite kan voortgaan onderhewig aan die huidige covid-19 protokols.

Transvaal Omsendbrief Maart 2021

Goeiemiddag,

Die eerste kwartaal het later as gewoonlik begin; en dagboeke word gereeld opgedateer met datums wat aangepas word. Dit is verblydend om te sien hoe ons Groot gaan!! 

Ons gaan Groot met die onthulling van die oorde se nuwe oordwapens.

Ons gaan Groot deur diens te lewer saam met Cansa en Shavathon.

Ons gaan Groot met gebiedskampe wat hard aan die beplan is vir hul April kampe.

Ontvang hiermee Transvaal Voortrekkers se eerste omsendbrief vir 2021. Lees gou hier en kry die nuutste nuus…

Transvaal Omsendbrief Maart 2021

2021 Gebiedsjaarprogram – 10 Maart 2021

Rhuskeeti, NPD en Hoëveld PD Gebiedskampe

Kom kamp saam met ons …

Hiermee die beloofde dokumentasie van Rhuskeeti Verkennerkamp, NPD Gebiedskamp en die gewysigde dokumentasie soos ontvang vanaf Hoëveld PD Gebiedskamp.

A. Rhuskeeti Verkennerkamp (Sondag, 25 April 2021  tot Saterdag, 1 Mei 2021)

Verlede jaar dié TYD het ons nog gedroom van die kamp wat sou plaasvind, en nooit sou ons raai dat die hele land tot stilstand sou kom nie. My hart was baie seer toe ons nie in 2020 kon kamp nie. Maar, dit is ’n nuwe jaar en dit is hoog TYD dat ons gereed maak om saam in die Waterberge te gaan speel en leer! Hiermee nooi ek jou hartlik uit om TYD op sy te sit om die TYD van jou lewe te kom hê by Rhus keeti Avontuurkamp.

Kampbrief

B. NPD Gebiedskamp (Woensdag 28 April 2021 tot Sondag 2 Mei 2021) 

Ontdek die paradys van die Noorde. Baljaar by ons eie glyklip en onderneem staptogte op kronkelpaadjies met bome wat so hoog is dat hulle toppe skaars sigbaar is. Ontdek die geheime en versteekte watervalle in ons eie feetjieland.

  1. NPD Kampbrief
  2. NPD Inskrywingsvorm – Jeuglede- Vorm A
  3. NPD Inskrywingsvorm – Volwassenes – Vorm B
  4. NPD L10 Verklaring
  5. NPD L11 Verklaring
  6. NPD Covid -19
  7. NPD Naamlys – Vorm C
  8. NPD Opsomming – Vorm D

Hoëveld PD Gebiedskamp (Woensdag 28 April 2021 om 08h00 tot Sondag 2 Mei 2021 om 12:00)

40 Jarige Feeskamp.
Hoëveld PD Kamp vind hierdie jaar plaas gedurende 28 April tot 2 Mei 2021 en ons nooi alle Voortrekkers en ouers, om as gesin die kamp saam by te kom woon. Goeie nuus is dat Hoëveld ‘n volle kamp hierdie jaar hou, maar as gevolg van Covid-19 beperkings is ons genoodsaak om die kamp in twee te deel om aan hieraan vereistes te voldoen. 250 Kampers per kampterrein. 
Dus beplan jul jaar verlof en skryf so gou as moontlik in om teleurstelling te voorkom om deel te neem aan die wonderlike ervaring !! Kampbriewe en inskrywingsvorms is beskikbaar op die Webtuiste. Hoëveld PD Kampleier: Philip de Kock (082 657 3300)

  1. Hoëveld Kommandoleiers Kampbrief
  2. Hoëveld Kampbrief
  3. Hoëveld PD inskrywingsvorm – Vorm A
  4. Hoëveld Ander inskrywingsvorm – Vorm B
  5. Hoëveld 2021 Opgaafvorm

Die Voortrekkers Transvaal: Prosedures rakende COVID-19

Hierdie dokument is opgestel om riglyne te bied

  1.  rakende die hantering van COVID-19 en
  2. die uitvoering van die riglyne soos deur die parlement bepaal.

Dit is nodig dat alle Voortrekkerbesture; spanoffisiere, organiseerders van aktiwiteite en kampbesture van Die Voortrekkers Transvaal hulle vergewis van die inhoud van die prosedures en ook handel volgens die riglyne wat deur staatskoerante gepubliseer word.

Hierdie protokoldokument is van toepassing op alle bestuursliggame, Voortrekkerlede en  organiseerders van aktiwiteite binne Die Voortrekkers Transvaal.

Hierdie dokument is ondergeskik aan enige statutêre wetgewing en regulasies wat afgekondig kan word deur die Suid-Afrikaanse regering.

Die Voortrekkers Transvaal: Prosedures rakende COVID-19

Onthulling van die Transvaal se nuwe oordname en oordwapens

Transvaal Voortrekkers skop 2021 af met die bekendstelling van die oorde se wapens.

Geniet die bekendstelling saam met ons by die volgende skakel: https://youtu.be/DH_b7qcrELw

Transvaal 2021 verwelkomingsbrief

2020 was ‘n jaar van uitdagings en aanpassings. Almal het uitgesien na ‘n “normale” 2021; die realiteit is egter dat die uitdagings, veral rakende Covid-19 nie minder is nie en ons is terug op ‘n vlak 3 van inperkings as gevolg van stygende Covid-19 getalle. Ons het egter al aangepas en weet min of meer wat om te verwag van die regulasies en inperkings.

2021 is ‘n groot jaar vir Die Voortrekkers want ons is vanjaar negentig (90) jaar oud…

Lees die res van die brief hier: 2021 Tvl Verwelkomingsbrief