Plaatjie vir ʼn Boompie – ʼn Inisiatief van die Gebiedsjeugraad

Die Plaatjie-vir-ʼn-boompie-projek gee identiteit terug aan die talle ongeïdentifiseerde bome op die pragtige De Bankkampterrein. Hierdie projek beoog om indentifikasieplaatjies vir elke boom op hiérdie terrein op te rig. Kommando’s kan plaatjies teen R70 elk aankoop – dit betaal vir die plaatjie en die kommando of borg (onderneming, organisasie, persoon, ens.) se naam en/of wapen op hierdie plaatjie. Daar is groot pryse te wen vir die kommando’s wat die meeste plaatjies koop.

Die Plaatjie-vir-ʼn-boompie-projek het egter ʼn tweede deel: Die gebiedsjeugraad wil graag Verkenners aanmoedig om fondsinsamelings te hou om hierdie plaatjies te koop eerder as wat die kommando dit net uit hul bankrekening doen. Dit ontwikkel nie net ʼn selfdoen ingesteldheid nie maar skep ook die geleentheid om in die plaaslike gemeenskap sigbaar te word en De Bank as vakansiebestemming te bemark.

Die gebiedsjeugraad sal binne kort meer inligting oor hierdie inisiatief uitstuur.

Rol die Wiele Voortrekkerfietstoer

Kom kuier saam met ons op Saterdag 17 Augustus 2019  by die afsiengeleentheid van Oom Jakkie met die Rol die Wiele Voortrekkerfietstoer vanaf die Voortrekkermonument tot by Die Taalmonument in die Paarl. 

Kleredrag: Aktiewe voortrekkerdrag (alle Voortrekkers) en ouers word versoek om asseblief enige  blou, wit en rooi klere aan te trek.

Finale reëlings:

  1. Almal word versoek om reeds 07:30 by die Voortrekkermonument te wees.
  2. Baie van ons Voortrekkers sal waarskynlik reeds op die terrein wees as gevolg van Wapadrand se GGN. Wapadrand GGN het vir ons ‘n uur afgestaan in hul program vanaf 07:30 tot 08:30  sodat hulle deel kan wees.
  1. Rooi, wit en blou vlaggies sal by die toegangshekke van die Voortrekkermonument aan al die    jeuglede uitgedeel word.
  1. ‘n Erewag gaan opgestel word om Oom Jakkie te ontvang. Dit sal waardeer word as al die jeuglede met ‘n vlaggie by die erewag sal inval. 
  1. Neem asseblief kennis dat die rooi, wit en blou vlaggies sal na die tyd weer ingeneem word om  verder op die fietstoer te gebruik.
  1. Daar sal ook volkspelers en kore op die Voortrekkermonumentterrein wees.
  2. HL Danie Langner sal ‘n groeteboodskap aan Oom Jakkie oorhandig, wat hy sal saam neem vir  Die Voortrekkers op sy fietstoer.

Alle Voortrekkers word uitgenooi om deel te wees van die Rol die Wiele-geleentheid om Die Voortrekkers te bemark én meer sigbaar te maak, sodat ons fondse kan insamel om Die Voortrekkers meer bekostigbaar te maak.  

Almal wie deel neem word versoek om hulle foto’s en videos in te stuur na Seugnet ([email protected]) vir plasing op die Nasionale en Transvaal voortrekkerwebblaaie.

Kuifie gaan ook virtueel saamry en ‘n paar plekke in persoon besoek.

Gebiedsraad: 9 November 2019

Die Voortrekkers Transvaal nooi alle afgevaardigdes van Voortrekkerbesture, soos waarna verwys word in Hoofstuk 23 van die reglemente, uit na ‘n Gebiedsraad vergadering wat gehou sal word op Saterdag 9 November 2019. Kom kuier saam met ons en verneem die korrekte inligting insake die herstrukturering en die besef dat alle vrese ongegrond is!

Plek: Hartbeesfontein

Oproepbrief – Gebiedsraad

Geloofsbrief (word)

Geloofsbrief (pdf)

Die name van alle kommando afgevaardigdes moet asseblief voor of op 11 Oktober gestuur word na [email protected]

Meningsopname:Tarentaalstraat

Die gebiedsdagbestuur is tans besig om met ‘n ondersoek om te kyk na alle kampterreine en benodig jou hulp met ‘n meningsopname om te bepaal of Tarentaalstraat as kampterrein wel oorweeg word.

Help ons asseblief met hierdie ondersoek deur die meningsopname te voltooi.

Meningsopname

Sluitingsdatum: 20 Augustus 2019

Venterskroon Gebiedskamp

Is jy gereed vir nog ‘n Venterskroon avontuur in die natuur?

Kom leer hier in die natuur meer oor kameraadskap, leierskap en volharding. 

Kampdatum:    20 September 2019 – 24 Setember 2019.

Registrasie:     Vrydag 20 September 16:00 – 18:00.

Afsluiting:        Dinsdag 24 September 2019 om 12:00.

Plek:  Venterskroon Jeugkampterrein van die Ned. Hervormde Kerk. (S26º53.016’  EO27º16.120’).

Sluitingsdatum vir inskrywings:     Sondag  01 September 2019.

Kampbrief

Inpaklys en kursusbenodighede

GRAAD SPESIALISASIE
Graad 1 Junior Kok (15)
Graad 2 Veldkook (15)
Dierewaarneming (15)
Graad 3 Toeka (maks.30)
Spoorkennis (maks.40)
Graad 4 Gasheer/Gasvrou (maks.30)
Plantekennis (maks.30)
Vasbyt (maks.80)
Graad 5 Touwerk (maks.40)
Boeresport (maks.30)
Weerkennis (maks.20)
Graad 6 Spoorsny (maks.50)
Kommunikasie (maks.30)
Sterrekunde (maks 20)
Graad 7 Avontuurkamp (maks.40)

Transvaal Voorslag kombuistender

U word hiermee uitgenooi om te tender vir die spyseniering van Die Voortrekkers Transvaal se Voorslagkamp wat plaasvind van 6-8 September 2019 te Hartbeesfontein Voortrekkerplaas.

Sluitingsdatum: Vrydag 16 Augustus 2019

Uitnodigingsbrief en tenderdokument met spyskaart (PDF)

Uitnodigingsbrief en tenderdokument met spyskaart (Word)

 

Transmagalies Nagmars

TRANSMAGALIES PENKOP EN DRAWWERTJIE NAGMARS 

vind weer hierdie jaar plaas met die “Tema:  Steentydperk”

Aangebied deur Arbeidsvreugde Voortrekker Kommando

 Datum:    26 Julie 2019

Tyd:          Registrasie vanaf 17:00

Waar:       Pretoria Botaniese Tuine, Cussonia Avenue, Lynnwood.

Koste:       R100.00 per persoon

Uitnodigingsbrief

Inskrywingsvorm en vrywaring

Garsvallei 2019 GGA

Garsvallei GGA (2019/17)

Garsvallei se GGA word aangebied vanaf Vrydag 26 Julie tot Saterdag 27 Julie 2019.

Sluitingsdatum: 17 Julie 2019

Hiermee die volgende dokumentasie om te inskryf:

Inligtingsbrief

Inskrywingsvorm

Vrywaringsvorm (Graad 2 – dierewaarneming)

Saambringlysie

Graad Spesialisasie
Graad 1 Padveiligheid
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Fietsry
Graad 4 Anglo Boere oorlog
Graad 5 Handvaardighede
Graad 6 Kampkook
Graad 7 Voorslaginskerping
Graad 8 – 10 Selfverdediging
Graad 8 – 12 Manne en vroue uit die Bybel
Graad 11 – 12 Paraatheid

 

Transvaal gebiedskantoor

Die gebiedskantoor se kantoorure sal as volg wees vanaf Maandag 10 Junie tot Vrydag 21 Junie 2019: 08:00-12:30.

Neem asseblief kennis dat die gebiedskantoor gesluit sal wees op Vrydag 14 Junie 2019.

Die skole sluit op Vrydag 14 Junie 2019 en heropen op Dinsdag 9 Julie 2019.

Geniet julle welverdiende vakansie en voortrekkerkampe!

Kontak AGL Elsa Schnetler vir enige voortrekker noodgevalle: [email protected] / 082 707 2010.

 

Transvaal Junie 2019 Omsendbrief

Dit is ongelooflik om te glo dat die skooltermyn bykans verby is en dat die Junie/Julie skoolvakansie wink…

Verdryf die koue met die nuutste omsendbrief van Transvaal Voortrekkers

Transvaal omsendbrief