Transvaal omsendbrief (2018/01)

Ons gebiedsleier Zandra Machin skryf “Die jaar is goed op dreef, en baie aktiwiteite het reeds suksesvol plaasgevind. Daar word hard beplan aan die April gebiedskampe en ek vertrou almal gaan heerlik saam leer, werk, kuier, speel en vakansie hou!.

Uit een van Stephan Joubert se dagboeke, bespreek hy Romeine 8:31-39 met die tema “Goeie padbouer, stewige pad”. Hierin dui hy die volgende aan: “Dit kos vandag bitter duur om paaie te bou. Snelweë se koste word in miljoene rande per kilometer bereken. Daarom dat die padbouers dit nie regtig kan bekostig om halwe werk te doen nie. Dit moet die eerste keer goed en reg gedoen word.

Lees verder … Transvaal Omsendbrief 2018/01

Voortrekkers kledingstukke

Ons gebruik op alle vlakke binne die Voortrekkers kledingstukke om ons spanne, kommando’s en selfs kampe uit te ken.

Baie van die kledingstukke verwys glad nie na die Voortrekkers nie en sodoende verloor ons die geleentheid om die Voortrekkers die nodige blootstelling te gee in die publiek.

Dit is gewoonlik hierdie tyd van die jaar waar veral spanne en kampe besig is om hul hemde te ontwerp.

Die bemarkingskomitee van Transvaal wil versoek dat spanne, kommando’s en kampe onthou om Die Voortrekkers die nodige blootstelling te gee op hierdie hemde.

Saam kan ons verseker dat Die Voortrekkers Vorentoe beweeg!

Met groot dank

Bemarkingskomitee van Die Voortrekkers: Transvaal

Renosterprojek

Wil jy graag help om ons kosbare renosters te red?

Die Voortrekkers Transvaal het vanjaar sommer ‘n baie lekker gemeenskapsprojek waaraan alle kommando’s en spanne kan deelneem.

Die Renosterprojek se doel is om geld in te samel vir Care for Wild, die organisasie sorg vir baba renosters wat se ouers dood gemaak is as gevolg van Renosterstropery.

Maak seker elkeen van julle kry ‘n Renoster spaarbussie en maak hom sommer gou gou vol!

Ons het ook plakkers laat maak vir die projek wat julle kan aankoop.

Kontak gerus vir Carinda Habig (071 832 5541 / [email protected]) indien julle enige vrae het!

Renosterprojek uitnodiging

Renoster uitstalling 1

Renoster uitstalling 2

Renoster plakkers 1

Renoster plakkers 2

Renoster plakker 3

Renoster spaarbussies in vele kleure

Renoster spaarbussie