VERKIESING VAN AGL BEMARKING
Ooreenkomstig die Grondwet en Reglemente van Die Voortrekkers word die bestuursliggame versoek om nominasies in te dien vir verkiesing van die AGL Bemarking portefeulje van Transvaal.
Die oproepbrief en die nominasievorm is ook beskikbaar op Die Voortrekkers Transvaal webblad onder Opskrif “Dokumentasie” in vouer Bemarking: https://drive.google.com/drive/folders/1jXNcAIWuHDZjzbMgh6dFJzWCf1w74A8u
Nominasies moet voor óf op 10 Oktober 2018 ingedien wees by [email protected].
Die verkiesing sal in die vorm van ʼn elektroniese stemming op 18 Oktober 2018 plaasvind.
Die CV’s van alle genomineerdes sal op 12 Oktober 2018 versprei word.
Finale reëlings vir die stemprosedures sal saam met die nominasies teen 12 Oktober 2018 versprei word.
Die volgende posisies is verkiesbaar: Adjunk-Gebiedsleier [Bemarking]
Opsomming van die datums is soos volg:
- 13 September 2018 – Oproep vir nominasies
- 10 Oktober 2018 – Sluiting van nominasies
- 12 Oktober 2018 – Bekendmaking van nominasies
- 18 Oktober 2018 – Verkiesing per elektroniese stemming.
Groete
Transvaal Gebiedsdagbestuur
GL Zandra Machin
AGL Administrasie: Elsa Schnetler
AGL Finansies en terreine: Anita Bezuidenhout
AGL Volwasse sake: Dirk van den Berg
AGL Verkennersake: Jaco van der Walt
AGL PD sake: Anine Wheeler