Volkspele

Lus vir Volkspele?

Die Aandblom Volkspelelaer nooi alle Voortrekkers om die volkspele kenteken vir Graad 3’s by hulle te kom doen. Hulle die volledige kentekenvereistes aan.

Uitnodiging

Waar: Laerskool Mayville, Pretoria

Tyd: Enige Vrydagaand (nie in skoolvakansietye nie) 19:00

Vooraf bespreking is noodsaaklik.

Kontak gerus die Sekretaresse, Yolandi Rossouw by 0835391271, vir navrae. [email protected]

Groete

Prof. Anton van Vollenhoven: Laerleier

Transvaal Kersfeesboodskap

Teen hierdie tyd van die jaar het die meeste gewone Voortrekkeraktiwiteite afgesluit. Die meeste Voortrekker energie gaan nou in beplanning vir 2019 en verslagdoening oor 2018 in. Dit is `n baie goeie ding dat ons jaarliks vir `n rukkie kan stilhou om die jaar en alles wat ons gedoen het, in oënskou te neem.
Ek dink egter dit is belangriker om nou regtig te rus en om te fokus op die dinge waarop dit werklik aankom. Die lang somervakansie hou vir ons in Suid-Afrika die belofte van Kersfees in. Elkeen wat al met die Verkennerspesialisasie “Kerkjaar” te doen gehad het, sal weet die laaste vier weke voor Kersfees is Advent – vier Sondae waarop ons as geloofsgemeenskap dink aan die naderende viering van die geboorte van Jesus.
Koos du Plessis het in sy lied “Somerkersfees” iets van ons eie Kerstradisie verwoord. Kersfees word by ons in die middel van die Somer gevier. Hier is min plek, behalwe in ons verbeelding, vir `n bebaarde Kersvader in `n dik rooi jas op `n slee, getrek deur takbokke. Soos Laurika Rauch in `n liedjie vra: “Bly hy (dit is kersvader) in Jeffreysbaai…?” Die wintersbeelde oor Kersfees wil maar net nie in ons versengende somerklimaat werk nie en daarom moet ons dit anders vier.
Die belangrikste van die viering is egter dat ons die woorde van die engel wat Lukas opgeteken het, ter harte neem, want hy bring `n evangelie – `n blye boodskap:
Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle `n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here.” (Lukas 2:10-11).
In die laaste vers van Somerkersfees het Jannie du Toit die refrein `n klein bietjie verander, sodat ons in hierdie dae saam kan sing: Christus kom, Christus kom! Gee aan God die eer.Skenk ons `n helder Somerkersfees, in hierdie land, o Heer!

Mag dit waar wees in jou lewe, waar jy ookal vanjaar die Kerstyd deurbring.                                            Willem Boshoff (Transvaal Geestelike Raadgewer)

Voriesaamtrek 2019

Voriesaamtrek 2019 vind plaas vanaf 11 – 13 Januarie 2019.

Die tema van die saamtrek is: “Kom praat saam!” en dit is presies wat ons gaan doen tydens die Voriesaamtrek.

Ons gaan saam kuier, saam lag en lekker saam praat, maar praat gaan ons praat.

Uitnodiging

Algemene inligtingstuk

Vind asseblief aangeheg die skakel na die aanlynregistrasie vir Voriesaamtrek 2019 (https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSckaK5hSkN2Va0njtnxh0F81KZ7TR_nMjpFPChKo2dmDy4N_g/viewform)https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSckaK5hSkN2Va0njtnxh0F81KZ7TR_nMjpFPChKo2dmDy4N_g/viewform

Nasionale Korporatiewe Identiteit en Tvl. 2019 Gebiedsjaarprogram

Die jaar is byna verby, maar daar is nog steeds baie Voortrekkerwerk wat afgehandel moet word.

AGL Bemarking, Riaan du Preez, het versoek dat die volgende belangrike bemarkingsdokumentasie met almal gedeel moet word:

Nasionale Korporatiewe Identiteit

  1. Nasionale Korporatiewe Identiteit – handleiding
  2. Nasionale Koporatiewe Identiteit – Briefhoof
  3. Nasionale Koporatiewe Identiteit – E-pos handtekening
  4. Nasionale Koporatiewe Identiteit – Dekblad 1
  5. Nasionale Koporatiewe Identiteit – Dekblad 2

Al die ondersteunende dokumente sal vanaf môre,Vrydag 26 Oktober 2018, op die Voortrekkers se webblad beskikbaar wees.

AGL Administrasie, Elsa Schnetler, het versoek dat die nuutste weergawe (30 September) van die 2019 gebiedsjaarprogram ook gesirkuleer word.

2019 Gebiedsjaarprogram

  1. 2019 Gebiedsjaarprogram (Excel)
  2. 2019 Gebiedsjaarprogram (PDF)

 

 

 

Boeredanse in Oktober 2018

Hier is weer geleentheid vir twee groot geleenthede vir Boeredanse in Oktober.

Boeredansaand: 12 Oktober 2018

Plek: Sytze Wierda Voortrekkersentrum (langs Springvale Primary School in Wierda Park)

Tyd: 18:00 – 22:00

Ons gaan bietjie boeredanse doen, lyndanse probeer en so tussendeur lekker sokkie op Afrikaanse musiek.

Jy sal ook jou honger en dors kan les met boereworsrolle en koeldrank / water wat te koop aangebied sal word.

Volksdans Spesialisasie (Graad 6 – 12): 26 – 28 Oktober 2018

Plek: Wag ‘n Bietjie kampterrein

Koste: R400.00 per persoon

Sluitingsdatum: 16 Oktober 2018

Inskrywingsvorms beskikbaar by [email protected]

Ons sien uit daarna om jou seun / dogter ‘n ervaring te gee wat enig in sy soort is.

Danette en die Wapadrand Boeredansgroep

AGL Bemarking nominasie en verkiesing

VERKIESING VAN AGL BEMARKING

Ooreenkomstig die Grondwet en Reglemente van Die Voortrekkers word die bestuursliggame versoek om nominasies in te dien vir verkiesing van die AGL Bemarking portefeulje van Transvaal.

Oproepbrief

N2 nominasievorm

Die oproepbrief en die nominasievorm is ook beskikbaar op Die Voortrekkers Transvaal webblad onder Opskrif “Dokumentasie” in vouer Bemarking: https://drive.google.com/drive/folders/1jXNcAIWuHDZjzbMgh6dFJzWCf1w74A8u

Nominasies moet voor óf op 10 Oktober 2018 ingedien wees by [email protected].

Die verkiesing sal in die vorm van ʼn elektroniese stemming op 18 Oktober 2018 plaasvind.

Die CV’s van alle genomineerdes sal op 12 Oktober 2018 versprei word.

Finale reëlings vir die stemprosedures sal saam met die nominasies teen 12 Oktober 2018 versprei word.

Die volgende posisies is verkiesbaar: Adjunk-Gebiedsleier [Bemarking]

Opsomming van die datums is soos volg:

  • 13 September 2018 – Oproep vir nominasies
  • 10 Oktober 2018 – Sluiting van nominasies
  • 12 Oktober 2018 – Bekendmaking van nominasies
  • 18 Oktober 2018 – Verkiesing per elektroniese stemming.

Groete

Transvaal Gebiedsdagbestuur

GL Zandra Machin

AGL Administrasie: Elsa Schnetler

AGL Finansies en terreine: Anita Bezuidenhout

AGL Volwasse sake: Dirk van den Berg

AGL Verkennersake: Jaco van der Walt

AGL PD sake: Anine Wheeler

Die Voriemôl – Werkswinkel

Goeie nuus!  Die gedeelte waar die “ou” hoofkantoor van die Voortrekkers was, is nou ingerig as ‘n werkswinkel met tafels en 24 stoele.

Spanne is welkom om dit op weeksmiddae (14:30 – 18:00) te bespreek.  Koste: R100 per span vir 1 – 3 ure.  Die span se offisier bied self die program aan of reël ‘n aanbieder.

  1. AANBIEDINGS VIR SPANNE – Maandae tot Vrydae (tussen 14:30 en 18:00)

Op versoek kan die Voriemôl ‘n aanbieder verskaf om een van ondergenoemde kentekens/temas vir die span aan te bied.  Alle aanbiedings sluit ‘n item in wat huis toe geneem word.  Die item verskil van aanbieding tot aanbieding.

Koste: 1 uur – R60, 1 ½ – 2 ure – R80 per Voortrekker.

KENTEKENS TEMAS
• Junior Kok Gr 1

• Selfsorg Gr 1

• Kuiertyd Gr 2

• Noodhulp Gr 2

• Taalpret Gr 2

• Paraatheid Gr 3

 

 

 

 

 

• Touwerk

• Noodhulp / Noodhulpsakkie

• Persoonlike versorging / higiëne

• Voortrekkerwapen

• Voortrekkervlag

• Nasionale vlag

• Voortrekkerkode

• Tafelmaniere

• Voortrekkerdrag en kleurstelsel

 

 

• Hantering van gebruiksartikels / gereedskap

• Spele

• Fluitseine / handseine / geheime skrif

• Ons taal / my Taal

• Die Groot Trek

• Herwinning

• Spaarsin

• Monumente

• Uitnodigingskaartjies

 

 

Let wel – die aanbieding van kentekens sal oor meer as 1 sessie strek. Handvaardigheid, Beeldende Kunste en Handwerk: Spanne kan items vir hierdie kentekens maak, hoewel die volledige kenteken nie aangebied word nie.
  1. WERKSWINKELS VIR OFFISIERE – Saterdae (9:00 – 12:00)

Koste:  R100 – R200 per persoon (afhangend van aanbieding).

Datum Program
2 Junie Die Verkennerlewe – oulike idees vir Verkennerspanne
9 Junie Speletjies om Voortrekkers lekker te maak
16 Junie Praktiese hulpmiddels vir spanne
23 Jun – 16 Jul Skoolvakansie
21 Julie Metodes om Voorslagwerk maklik te leer
28 Julie Markdag
4 Augustus Kaartwerk vir spanoffisiere
18 Augustus Hoe om jou werk as offisier makliker te maak
25 Augustus Basiese noodhulp wat ‘n spanoffisier moet weet
1 September Oulike handwerk-items vir spanne
8 September Drukwerk op materiaal
15 September Voortrekker is groen!
22 September Spanbou met Verkenners
29 Sep – 8 Okt Skoolvakansie
13 Oktober Die leefwêreld van ons kinders
20 Oktober Die Voortrekkers Kook – lekker resepte!
27 Oktober Markdag
3 November Hoe om seker te maak my Graad 7’s hou aan met Voortrekkers.Wenke vir die nuwe Gr 8 offisier.
10 November Maak jou eie Kersgeskenke
17 November Stel jou spanprogram vir volgende jaar saam. Kry idees – ‘n praktiese sessie.

BESPREKING VAN AANBIEDINGS OF WERKSWINKELS

Bespreek vroegtydig, aangesien daar in die meeste gevalle net plek vir 24 persone is. Sluitingsdatum vir inskrywings is die Woensdag voor die Saterdag se aanbieding.

Kontak Lidia Hendriks by 0825644840 / 012 329 0198 / 012 329 0199 of stuur ‘n epos na [email protected].  Betalings moet asseblief elektronies gedoen word.

Bankbesonderhede:

Die Voortrekkers

Tjekrekening

Rekeningnommer: 50 30 50 15

Tak:  334645

Gebruik verwysing:  WW + Naam

Stuur bewys van betaling na [email protected]