Voriesaamtrek 2021

Die son het opgekom, die haan het gekraai en die hen het haar eerste eier gelê… Voriesaamtrek 2021 is uitgebroei en groei fluks!

As jy die groot nuus gemis het – Voriesaamtrek 2021 is volgende jaar, oudergewoonte op Hartbeesfontein, vanaf 22 tot 24 Januarie 2021.

Sluitingsdatum: 13 Januarie 2021

Skakel vir inskrywings:  inskrywings.voortrekkers.co.za

Kampkostes: Volwassenes: R350,00 en Kinders (PD’s en jonger): R260,00.

Kampbrief

Covid-19 Veiligheidsplan

FAQVoriesaamtrek2021

Transvaal Voriesaamtrek 2021

Die Voortrekkers Transvaal se jaarlikse Voriesaamtrek vind plaas gedurende naweek van 22 tot 24 Januarie 2021 te Hartbeesfontein.

Ons wil u uitnooi om te tender vir die spyseniering van die 2021 Voriesaamtrek. Ons verwag so tussen 200 en 250 volwassenes, maar finale getalle, kampprogram en tye vir etes en koffie/tee breke sal op ‘n later stadium deur gegee word.

Kombuis tenderproses en aansoekvorm

Transvaal Omsendbrief: September 2020

Wil jy graag meer weet van 2020 Voorslag, die 2021 PV proses, die Voriesaamtrek in Januarie 2021 asook die Voortrekkers se 90 jaar fees in 2021, lees dan gou die nuutste omsendbrief!

Transvaal omsendbrief: September 2020

Die Voortrekkers Transvaal : Covid-19 en spanbyeenkomste

Goeie nuus … uiteindelik is Suid-Afrika op vlak 2! Die frustrasie met die Covid-19 inperking en die verbod op spanbyeenkomste en kampe of beperkte bymekaarkom geleenthede was tot op hede vir die lede van enige groep, veral vir ‘n kultuurorganisasie soos Die Voortrekkers, ondenkbaar en onhoudbaar. Ons mag nog nie in groot getalle kamp nie en mis ons voortrekkervriende.

Baie dankie aan elkeen wie getrou die regulasies eerbiedig het en soos altyd die reputasie van Die Voortrekkers beskerm het.

Die vlak 2 regulasies, soos uitgereik in die staatskoerant op 17 Augustus 2020, maak onder andere voorsiening vir die sosiale verkeer tot ‘n maksimum van tien (10) persone. Dit baan die weg vir spanbyeenkomste en spankampe.

Volgens die regulasies val Voortrekker aktiwiteite soos kommandokampe en groter groepaktiwiteite onder kultuur aktiwiteite en dus mag ons tans nie voortgaan daarmee nie.

Die volgende moet egter in plek wees vir elke spanbyeenkoms:

  1. Die spanbyeenkomste kan slegs aangebied word by die spanoffisier (of spanlid) se huis;
  2. Die kommandodagbestuur moet inkennis gestel word dat ‘n spanbyeenkoms gehou word;
  3. Dit is noodsaaklik / verpligtend om ‘n register by te hou waarin die naam, van en    kontakbesonderhede van elke spanlid en spanoffisier wat die byeenkoms bywoon, aangeteken word;
  4. Dit is noodsaaklik / verpligtend dat ‘n vrywaringsvorm voltooi moet word deur elkeen wie die spanbyeenkoms bywoon. Die ouers moet namens minderjarige jeuglede die vrywaringsvorm voltooi.
  5. Die nodige vraelys (voorbeeld sal beskikbaar gestel word op webblad) moet by elke byeenkoms voltooi en moet ingehandig word by die kommandodagbestuur;
  6. Die temperatuur van elke spanlid en spanoffisier moet geneem en op die betrokke vraelys aangeteken word.
  7. Hande moet met aankoms en met gereelde tussen pouse ontsmet / gewas / met handreiniger skoongemaak word;
  8. Gesigmaskers moet in die openbaar gedra word.
  9. Sosiale afstand moet gehandhaaf word.

Bo en behalwe die regulasies van die plek waar die spankamp plaasvind, moet die volgende egter ook in plek wees vir spankampe:

  1. Slegs spanne van maksimum tien (10) spanlede mag spankampe reël;
  2. Hande moet met aankoms en met gereelde tussen pouse ontsmet word;
  3. Dit is noodsaaklik / verpligtend om ‘n register by te hou waarin die naam, van en    kontakbesonderhede van elke spanlid en spanoffisier voorkom;
  4. Dit is noodsaaklik / verpligtend dat ‘n vrywaringsvorm voltooi moet word deur elkeen wie die spanbyeenkoms bywoon. Die ouers sal namens minderjarige jeuglede die vrywaringsvorm voltooi;
  5. Die nodige vraelys moet voltooi en moet ingehandig word by die kommandodagbestuur;
  6. Die temperatuur van elke spanlid en spanoffisier moet geneem en op die betrokke  vraelys aangeteken word;
  7. Gesigmaskers moet in die openbaar gedra word.
  8. Indien spankampe by kampterreine en / of spankamers gehou word met die volgende van toepassing wees:  Sosiale afstandhouding (Social distancing) sal vereis dat bv. ‘n vier (4) man tent slegs twee (2) persone mag bevat maw 50% besetting van kamer en tent moet gehandhaaf word; Vertrekke moet behoorlik geventileer word en Gesigmaskers moet in die openbaar gedra word.

Die huidige rampstatus, asook die impak daarvan op die skooljaarprogram; die relevante wetgewing met betrekking tot massa byeenkomste en die veiligheid van Voortrekkers word deurlopend gemonitor.

Dit bly nog steeds raadsaam om  kreatief te wees met E-aktiwiteite; mekaar telefonies te kontak; veilig en gesond te bly.

Navrae kan gerig word aan:

AGL Administrasie: Elsa Schnetler (082 707 2010 / [email protected])

GL Zandra Machin (082 923 5611 / [email protected])

Transvaal Voriesaamtrek 2021

Goeie dag Transvaal,

Soos julle kan sien, is ons reeds besig om Voriesaamtrek 2021 te beplan.

Ons Voriesaamtrek gaan volgende jaar vanaf 22 tot 24 Januarie 2021, soos gewoonlik, weer by Hartbeesfontein aangebied word.

Maak ‘n knoop in jou oor, plak die datum op jou yskas, skryf dit met lipstiffie op jou spieël of skryf dit op jou hand, in jou dagboek, enige plek, maar maak net ‘n plan om dit nie te vergeet nie.

Die kampprogram en registrasie sal vanaf 1 November 2020 beskikbaar wees.

Sien jou daar, want ons is uitgehonger vir ‘n lekker kuier.

O ja … die EIER …?  Sien jou by Transvaal Voriesaamtrek, dan verduidelik ons …

Kontakpersone:

KL Gerhard Gericke: [email protected] / 083 270 1630

AGL Dirk van den Berg:  [email protected] / 082 418 9467

Transvaal Voortrekkaktiwiteite en Covid-19

Covid-19 is deel van ons daaglikse bestaan en verg voortdurende en deurlopende aandag.

Vir daardie doel is ‘n Covid-19 taakspan, bestaande uit kundiges en medici, saamgestel om die gebiedsdagbestuur in Transvaal deurlopend te adviseer rakende die moontlike hervatting van voortrekkeraktiwiteite in Transvaal.

Die boodskap van President Cyril Ramaphosa op 12 Julie 2020, bevestig die erns van die pandemie en die prioriteit wat Covid-19 betref.

Die volgende is die verantwoordelike optrede vir ons voortrekkerlede:

1. Geen kontak-spanbyeenkomste en ander sosiale voortrekker aktiwiteite, wat spankampe en kommandokampe insluit, kan plaasvind nie. Behou goeie en nodige kontak met spanlede deur Whats-App en ander elektroniese platvorms.

2. Transvaal se PV kandidate kan nie in span -en/of- oordverband saam deelneem aan die PV webinaar van 7 tot 9 Augustus nie.  Individuele deelname is die verantwoordelike opsie.

3.  Transvaal Voorslagkamp sal nie tans tot en met einde September in Transvaal aangebied kan word nie.

4.  Slegs noodsaaklike dagbestuur-en-bestuursvergaderings kan plaasvind, onderhewig aan die nakoming van die Covid-19 regulasies.

5. In sekere areas, onder andere in die plattelandse gebiede, is die Covid-19 infeksie tans laag. Daar kan by die gebiedsbestuur aansoek gedoen word vir die hervatting van sosiale voortrekkeraktiwiteite. Sodanige aansoeke sal dan deur die gebiedsekretaris gestuur word na die betrokke Rampbestuursowerheid van daardie betrokke streek of area vir finale goedkeuring.

6.  Wees verder ook bedag dat die huidige regulasies bepaal dat niemand saans tussen 21:00 tot 04:00 mag reis nie.

Die Departement van Gesondheid se Covid-19 inligting is beskikbaar op die landingsbladsye van Transvaal Voortrekkers webblad https://transvaal.voortrekkers.co.za/ en die Nasionale webblad https://voortrekkers.co.za/

Die Voortrekkers is ‘n ABCD organisasie en almal se ondersteuning en verantwoordelike optrede sal waardeer word.

Groete en wees verseker dat die gebiedsdagbestuur alle Voortrekkers se belange en gesondheid op die hart dra.

Enige navrae kan gestuur word na die gebiedsekretaris, Elsa Schnetler ([email protected] / 082 707 2010)

TRANSVAAL VOORSLAG 2020

Hierdie jaar is beslis die een van uitdagings en wil ons die Graad 7 jeuglid sover moontlik help om te kan kwalifiseer vir Voorslag 2020.

Op hierdie stadium word die sluitingsdatum vir aansoeke (P1) uitgestel tot verdere kennisgewing.

Ons gaan ook kyk wat die land aankondig en die eerste opsie bly nog steeds om ‘n kamp aan te bied – dit mag dalk in kleiner groepe wees, maar geen finale besluite is geneem nie. Nasionaal beveel die kampe nog steeds aan – maar dit gaan beslis later in die jaar plaasvind.

Dit is noodsaaklik om ‘n behoefte bepaling te doen ten einde vas te stel of ons jeuglede kan kwalifiseer vir Voorslag. Elke kommando word vriendelik versoek om die dokument per graad 7 jeuglid te voltooi by die volgende skakel: https://forms.gle/yuW6H9r49EKukokP8

Alle inligting moet asb teen Vrydag 24 Julie 2020 afgehandel wees sodat ons na die resultate kan kyk en aanbevelings kan maak waar nodig vir elke kommando.

Alle graad 7 offisiere se samewerking sal waardeer word.

Kontak gerus AGL Anine Wheeler ([email protected] / 082 459 7157) met enige navrae.

Die Voortrekkers Transvaal : Covid-19 en spanbyeenkomste

Die frustrasie met die Covid-19 inperking en die verbod op spanbyeenkomste en kampe of beperkte bymekaarkom geleenthede is vir die lede van enige groep, veral vir ‘n kultuurorganisasie soos Die Voortrekkers, ondenkbaar en onhoudbaar.

Dit is egter nodig dat die reputasie van Die Voortrekkers beskerm word en dat die veiligheid van alle Voortrekkerlede en hul gesinne deurentyd in aanmerking geneem word.

Die Voortrekkers is ABCD mense en daardeur moet ons as positiewe burgers ons gehoorsaamheid aan die regering en enige regulasies bewys en verantwoordelik deur voorbeeld lei.

Dit is ‘n  realiteit dat daar reeds skole is aan wie toestemming verleen is om weer te open, met dien verstande dat die nodige maatreëls in plek is, wat onder andere insluit die dra van maskers, handhawing van afstand en die gebruik van handreinigingsmiddels. Die huidige infeksie statistiek wek egter groot kommer.

Vlak 3 regulasies soos uitgereik in die staatskoerant op 25 Junie 2020, maak onder andere voorsiening vir die opening van teaters, restaurante, bioskope, museums en biblioteke, nadat daar met die verantwoordelike kabinetminister gekonsulteer is. Volgens die regulasies val Voortrekker aktiwiteite onder kultuuraktiwiteite en dus mag ons nie tans voortgaan daarmee nie.

Gauteng is verder ook die nuwe epi-sentra en die risiko vir die verspreiding van die virus is té groot en daarom kan daar nie toestemming vir die hervatting van spanbyeenkomste en ander voortrekker aktiwiteite verleen word nie.

‘n Covid-taakspan is onder die voorsitterskap van GL Zandra Machin byeengeroep wie op daaglikse basis die situasie sal monitor en gereeld kommentaar en aanbevelings sal maak.

Die gebiedsdagbestuur is van mening dat die posisie in die platteland moontlik radikaal van die stede s’n mag verskil en daarom sal met rolspelers in daardie areas kontak gemaak word om die rampbestuur status te bekom.

Indien toevallige kontak tussen voortrekkerlede plaasvind moet dit geskied met die nodige Covid-19 protokols. Dis belangrik dat almal verstaan dat as gevolg van die risikos en die nasionale rampstatus, Die Voortrekkers se versekering nie enige dekking sal verskaf nie.

Dit is dus raadsaam om  kreatief te wees met E-aktiwiteite; mekaar telefonies te kontak; veilig en gesond te bly.

Spesiale Aanbod: Transvaal Warmbaadjies

Transvaal warmbaadjies is tans beskikbaar teen slegs R180.00 per baadjie by die gebiedskantoor.

Voorwaardes van die aanbod:

  1. Die aanbod is vir die warmbaadjies wat in voorraad is by die gebiedskantoor, die aanbod is dus slegs geldig solank voorraad hou.
  2. Die warmbaadjies is nie omruilbaar nie, maak dus asb. seker dat die korrekte grootte bestel word. Die warmbaadjies kan binne kantoorure gepas word by die gebiedskantoor. Sien hieronder kantoorure soos van toepassing tydens die grendeltydperk.
  3. Geen warmbaadjies sal beskikbaar gestel word sonder bewys van betaling (EFT) of kontant     betaling by die gebiedskantoor nie.

Kontakpersoon – Izelle Ryan: 012 430 3914 / 082 856 2981 of [email protected]

Let asb. op die kantoorure tydens die grendeltydperk: Dinsdae en Donderdae  09:00 – 15:00

Die volgende hoeveelhede en groottes is beskikbaar:

Dames

3 x Klein , 1 x Medium, 1 x Groot, 1 x XG, 2 x 2XG, 2 x 3XG en 2 x 4XG

Mans

1 x Klein, 1 x Medium, 2 x Groot, 1 x 2XG, 2 x 3XG, 1 x 4XG en 3 x 5XG

Transvaal Mei 2020 Omsendbrief

Ons Voortrekkerjaar het afgeskop met groot verwagtinge, min het ons geweet wat vir ons wag. Ons moes aanpas om aktiwiteite vanaf die huis te doen. Vinnig is vergaderings en span aktiwiteite via zoom; skype, Whats-app en ander platvorms gehou. Pret van aktiwiteite word gedeel met foto’s van enkelinge en gesinne. Spanne funksioneer via video interaksies en verskeie e-aktiwiteite. Dankie vir elkeen wat ook op hierdie manier voortrekkers pret en avontuurlik maak! Voortrekkers het gewys dat ons aanpasbaar is!

Ontvang hiermee die nuutste omsendbrief met belangrike inligting vir oud en jonk!

Transvaal Mei 2020 Omsendbrief

Neem asseblief kennis van die volgende skrywes

Nasionale omsendbrief 3 van 2020

SAS2 Omsendbrief (28 April 2020)

SAS2 Hoofsekretarisbrief (2 Mei 2020)

Hou Koers tot ons mekaar weer sien om die kampvuur met die gebed vanuit die Magaliesburgse aandlied

“Hoed my as ek my gaan neerlê, grote God, wat altyd waak.

O, beskerm my deur u Almag as die kwade my gemaak.

O, vergeef my al my sondes, dan lê ek my hofie neer.

Dood of hel sal ek nie vrees nie want U is my Rotssteen, Heer.

Neem my ouers en my vriende in bewaring hierdie nag.

Môre dank ons U vir goedheid, gawe van ‘n nuwe dag.”