Thaba Verkennerkamp

Thaba se nuwe volwassekursus bied Avontuur in die Natuur met skuilingbou, touwerk, seremonies asook kaart en kompas.

Indien jy ‘n verkennerspan het óf self ‘n volwassekursus wil kom bywoon, dan is dié Raakvatter kursus vir jou bedoel!

Kampdatum: Vanaf Maandag 2 April 2018 @ 09:00 tot Sondag 08 April 2018 @14:00

Die sluitingsdatum is egter om die draai. Maak gou en skryf in sodat jy KAN kan ervaar

Sluitingsdatum: Vrydag 9 Maart 2018

Thaba webblad: http://thabakamp.co.za/

Thaba Kursus inligting: http://thabakamp.co.za/kursus-inligting/

2018 Thaba Volwasse Kampbrief

L9 Verklaring en vrywaring deur ‘n volwassene wat nie ‘n lid van Die Voortrekkers is nie

Fort Klapperkop – 120 jaar

Fort Klapperkop word op 18 Januarie 2018 120 jaar oud. Om hierdie geskiedkundige mylpaal te vier word daar vanaf die 18de tot en met die 21ste Januarie verskeie aktiwiteite by dié fort aangebied:

Op die 18de Januarie om 18:00 word daar ʼn gedenklesing deur prof. A.C. van Vollenhoven aangebied. Koste vir hierdie geleentheid beloop R60 per persoon en sluit die kaas-en-wynfunksie in. Indien jy hierdie geselligheid wil bywoon is dit belangrik om voor die tyd jou bywoning te bevestig by Melissa Lindeque by 071 873 0705 of [email protected].

Op die 19de Januarie is die toegang na die erfenisterrein gratis (heeldag vanaf 08:00 tot 19:00). Die publiek word uitgenooi om laatmiddag ʼn skemerkelkie te kom drink (almal moet hul eie verversings saambring).

Die 20ste Januarie is die hoogtepunt van die feesvieringe wat ʼn vlaghysing deur Die Voortrekkers om 10:00, gedenktoer deur prof. A.C. van Vollenhoven, kanonskoot, heliograafdemonstrasie deur kol. Andy Malan, perderitte en tradisionele speletjies vir die kinders, volksdanse deur verskeie groepe en ʼn vlagstryking deur Die Voortrekkers in. Toegang na die erfenisterrein is die heeldag (08:00 tot 19:00) gratis. Die publiek kan hul kampstoele, peikniekkombers en -mandjie pak: Daar sal beperkte vuurmaakplekke beskikbaar wees vier diegene wat wil braai.

Daar sal deur die loop van die dag ʼn paar stalletjies beskikbaar wees wat snoeperye, inheemse plantjies en handgemaakte items sal verkoop. (Indien jy graag ʼn stalletjie wil oprig om jou produkte te verkoop tydens hierdie geleentheid kontak asseblief vir prof. A.C. van Vollenhoven by 083 291 6104 of [email protected] vir meer inligting en reëlings. Let asseblief daarop dat daar alreeds genoeg kosstalletjies is.)

Op die 21ste Januarie kom die verrigtinge tot ʼn einde met ʼn gedenkingsdiens om 10:00, gedenktoere deur kol. Andy Malan en ʼn lesing oor die Anglo-Boereoorlogposseëls. Toegang na die erfenisterrein is die heeldag (08:00 tot 19:00) gratis. Almal moet asseblief hul kampstoele of piekniekkombers saambring tensy jy gemaklik is op die gras of op jou voete. Daar sal weer perderitte vir kinders aangebied word.

Kom vier hierdie geskiedkundige mylpaal saam met ons gedurende 18de tot 21ste Januarie 2018 by Fort Klapperkop.

Voorlopige program:

Donderdag 18 Januarie 2018
18:00 Lesing deur prof. A.C. van Vollenhoven
Kaas-en-wyn
Vrydag 19 Januarie 2018
18:00 Skemerkelkie (bring eie verversings saam)
Saterdag 20 Januarie 2018
08:00 Hekke maak oop
10:00 Vlaghysing
11:00 Gedenktoere deur prof. A.C. van Vollenhoven
12:00 Kanon word afgevuur
Boomplanting
13:00 Heliograafdemonstrasie
14:00 Volksdanse
15:00 Gedenktoere deur kol. Andy Malan
16:00 Volksdanse
17:00 Vlagstryking
Sondag 21 Januarie 2017
08:00 Hekke maak oop
10:00 Gedenkdiens
11:00 Gedenktoere deur kol. Andy Malan
12:00 Lesing oor Anglo-Boereoorlogposseëls