Rhus Keeti Verkennerkamp

Rhus keeti Avontuurkamp 2018

RhusKeeti Avontuurkamp is ‘n Verkennerkamp wat jaarliks tydens die Maart-April skoolvakansie op die Tarentaalstraat kampterrein aangebied word.

Nog net 30 dae dan kamp ons!

Jy sal dus vinnig moet spring om in te skryf as jy of jou Verkenners saam wil kamp – 4×4 Veldry en Fotografie is reeds vol.

Kampinskrywings sluit Vrydag 9 Maart – daar is dus regtig min tyd oor.

Beloer die kursusse wat aangebied word by www.rhuskeeti.co.za en skryf in by https://inskrywings.voortrekkers.co.za. Hoekom doen ons dit so?  Want hier praat ons jou taal – Digitaal!

Vir navrae kontak Nicolette Koukeas – [email protected]

Gebruik die skakel https://inskrywings.voortrekkers.co.za om in te skryf.
Daar is ook ‘n opwindende nuwe kursus wat aangebied word.
Gaan lees alles daaroor en spring vinnig – inskrywings is beperk en geen plekke word bespreek nie.

Sien jou op Rhus keeti Avontuurkamp waar ons jou taal praat – Digitaal!

Vir enige navrae kontak Nicolette Koukeas – [email protected]

Graad Spesialisasies
Graad 8-9 Veldvernuf

Verfbal

Graad 8-12

 

Boomidentifisering

Digitale kommunikasie

Voëlidentifisering

Fotografie VOL

Sterrekunde

Graad 10-12

 

Bergfietsry

Jag en Wildbeheer

Rotsklim

Gevorderde boogskiet

Kampbeveiliging

Spysenierng

 Graad 11-12 4×4 Veldry VOL

Ruimte / Tegnologie

Ruimteselfbehoud

Noordelike Penkop-en-drawwertjiekamp

Die jaarlikse Noordelike PD kamp vind gedurende die Aprilvakansie plaas.

Kom kamp saam met ons en ontdek die paradys van die Noorde.
Ons baljaar by ons eie glyklip en onderneem staptogte op kronkelpaadjies met bome wat so hoog is dat hulle toppe skaars sigbaar is.
Kom ontdek die geheime en versteekte watervalle in ons eie feetjieland.

Kampdatum: Woensdag 4 April 2018 om 14:00 tot Sondag 8 April 2018 om 12:00.
Plek: Faerie Glen Kampterrein (Westfalia) tussen Duiwelskloof en Tzaneen.

Kampbrief
Vorm A vir Jeuglede
Vorm B vir Volwasse lede
Vorm C Naamlys volgens kursusse
Vorm D vir Opsomming van getalle

Graad  Spesialisasie
Graad 1 Tuinier
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Handwerk
Graad 4 Plantekennis
Graad 5 Touwerk
Graad 6 Spoorsny
Graad 7 Veldbewustheid

 

Verkenner Avontuurdag

Verkenner Avontuurdag

Dis weer tyd, tyd vir vet pret!

Winkelwandel Avontuur “Amazing Race” by Menlyn Mall.

Datum: 3 Maart 2018

Sluitingsdatum: 24 Februarie 2018

Getalle is beperk: Daar is slegs 90 plekke beskikbaar, so skryf so gou moontlik in om jou plek te verseker!

Jy mag ‘n Nie-Voortrekkermaat saambring  en hy/sy moet ‘n ekstra  vrywaringsvorm voltooi en saamstuur.

Koste: R80 per verkenner / Nie-Voortrekker en sluit in – Avonture wat jou stoutste verwagtinge sal oortref, middagete by Spur (Hamburger & Koeldrank)

Onthou egter jou

Gemaklike klere & GEMAKLIKE stap skoene

Selfoon

Peuselhappies & Water in rugsak

Baadjie vir moontlike kouedag

Wikkel en skryf dadelik in vir groot pret!

Inligtingsbrief

Winkelwandel inskrywingsvorm

Vrywaring vir nie-Voortrekker jeuglede