Transvaal 2021 Voorslagkamp

Ons gaan vanjaar kamp maar moes as gevolg van die huidige Covid-19 regulasies ons kampdatum verskuif na die naweek van 22-24 Oktober 2021.

Hou die spasie dop, want alle reëlings sal so gou as moontlik verskaf word.

Dankie vir julle ondersteuning én wees veilig én wees verseker van ons wil om te wil kamp!

Baie sterkte met die laaste voorbereidings vir die voorslagkamp.

Enige navrae kan gerig word aan die gebiedskantoor by [email protected]

Theuns Meyer GGA

Kom kuier saam met Theuns Meyer tydens hulle GGA en leer speel-speel. Daar is spesialisasies vir oud en jonk!

Theuns Meyer Voortrekkers nooi alle Penkop-en-drawwertjies asook Verkenners hartlik uit na hulle GGA wat gehou sal word vanaf Vrydag 27 Augustus 2021 tot Saterdag 28 Augustus 2021.

Spring gou en verseker jou plek, want die sluitingsdatum vir inskrywings is op Vrydag 13 Augustus 2021.

 

Graad Spesialisasie
1 Ek weet
2 Knope
3 Immigrante
4 Plantekennis 
5 Handvaardigheid
6 en 7 Kampkook
8-12 (Verkenners) Paraatheid

Theuns Meyer GGA uitnodigingsbrief

Inskrywingsvorm

Garsvallei GGA/GGN

Hiermee gee Garsvallei Voortrekkers kennis dat ons, weens die huidige covid regulasies en Vlak 4-
inperkings, geen keuse het as om die GGA van 30 – 31 Julie 2021 uit te stel nie.
Ons hoop daar sal iewers in September ‘n naweek beskikbaar wees en sal nader aan die tyd verdere
kommunikasie uitstuur.

Garsvallei – GGA uitstel kennisgewing

Koervas GGN uitgestel

Neem asseblief kennis dat as gevolg van die nuwe Covid-19 regulasies het ons geen ander keuse as om ons gewilde GGN se datum te verander…

Gr 1‐6 & Verkenners: 27‐29 Augustus 2021

Gr 7: 30 Julie‐1 Augustus 2021

Koersvas Voortrekkers nooi julle hartlik uit na ons GGN: Koersvas GGN Uitstel Inligtingsbrief

 

Koersvas GGN

Koersvas Voortrekkers nooi julle hartlik uit na ons GGN wat sal plaasvind op 9-11 Julie 2021.
Die kamp begin op Vrydag 9 Julie 2021 (17:00-18:00 is registrasie) tot Sondag 11 Julie 2021 om 13:00.

Inligtingsbrief

Graad Spesialisasie
1 Padveiligheid EN Lekker Sing
2 Kuiertyd EN Veldkook
3 Toeka
4 Gestremdhede
5 Onthaal
6 Persoonlike Versorging
7 Afrikanerkind

Verkenners (8-12)

 

Elektrisiteit / Nutsman / Werktuigkunde

 

Oostelike Penkop/Drawwertjiekamp

Jy word hartlik uitgenooi na die 32ste Oostelike Penkop/Drawwertjiekamp: die 7de te Voortrekkerplaas, Hartbeesfontein.
Die kamp begin op Saterdag 10 Julie 2021 (08:00 – 10:00 registrasie) tot Donderdag 15 Julie 2021 om 12:00.
Spesialisasies word aangebied vir Voortrekkers vanaf Graad 1 tot en met Graad 7.

Sluitingsdatum: 17 Junie 2021

Ons kamptema: Op Koers

GRAAD SPESIALISASIE
Graad 1 Spele
Graad 2 Knope
Graad 3 Toeka
Graad 4 Anglo Boereoorlog
Graad 5 Kampeerder
Graad 6 Ruiterkuns / Staptogte / Sterrekunde
Graad 7 Afrikanerkind

OPD Kampbrief

OPD KL Admin

OPD Inskrywing (Jeug)

OPD Inskrywing (Volwassene)

OPD Kommando opsomming

OPD Vrywarring

OPD Covid -dokument

Noordpos GGA

Noordpos Voortrekkers nooi alle Penkoppe, Drawwertjies en Verkenners uit na ons GGA , te Laerskool Stephanus Roos, Antunstraat 273, Sinoville op 4 – 5 Junie 2021. Die naweek is ʼn volwaardige Gebied Goedgekeurde Aktiwiteit (GGA).
Tydens hierdie naweek kan elke Voortrekker hul kennis kom verbreed en die Voortrekkerlewe ten volle geniet!

SLUITINGSDATUM: VRYDAG 21 MEI 2021

Graad Spesialisasie
Graad 1 Selfsorg
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Plantwaarneming
Graad 4 Noodhulp
Graad 5 Brandweer
Graad 6 Paraatheid
Graad 7 Seremonies
Graad 8-12 Brandweer of Godsdiens vandag

Skakel vir die aanlyn Inligtingsbrief en inskrywingsvorm:  NOORDPOS GGA AANLYN INSKRYWING

Garsvallei Singkamp (Glaskamp):Mei 2021

Dit is met groot hartseer dat Garsvallei Voortrekkers se dagbestuur hiermee kennis gee van hul besluit om die GLAS-kamp van 2021 te kanselleer.

Garsvallei Glaskamp kansellasiebrief: Mei 2021

Generaal Hertzog GGA: 22 Mei 2021

Kom kuier saam met ons en leer meer van junior Kok, Dierewaarneming, Spoorkennis (B), Gestremdhede (B), Anglo Boere-Oorlog (B), Delwerye (B), Kampkook en Fotografie.

Graad Spesialisasie
1 Junior Kok
2 Dierewaarneming
3 Spoorkennis (B)
4 Gestremdhede (B) of Anglo Boere-Oorlog (B)
5 Delwerye (B
6 en 7 Kampkook
Verkenners Fotografie

SLUITINGSDATUM STRENG voor of op 11 Mei 2021.

  1. Inligtingsbrief 2021
  2. Inskrywingsvorm
  3. Pd saambringlysie
  4. Spesiale Inligting Vir Anglo Boere Oorlog Jnr (B)
  5. Fotografie Inligtingsbrief

Gebiedsjeugraad 2021-2021

Na etlike weke se jeugraadkeuring is Transvaal se gebiedsjeugraad vir 2021-2022 saamgestel. Baie geluk aan:

Marete du Plessis (Oosvaal),
Zuné Beytell (Oosvaal),
Kate Roberts (Noordvaal),
Emma Roberts (Noordvaal),
Ruben Burger (Oosterlijn),
Inge Beetge (Oosterlijn),
Naletta Nagel (Bergenbos), en
Fredrich Rossouw (Bergenbos).

Hierdie agt jeugleiers se pligte sal die volgende insluit:

  • ten minste een spanbounaweek (datum sal nog bevestig word),
  • bywoning van die gebiedsbestuurvergaderings,
  • diens tydens die Voorslagkamp,
  • een gebiedsprojek, en
  • een projek in jou oord.

Ons sien opreg daarna uit om hiérdie jeugleiers die geleentheid te gee om ʼn verskil te maak op hul eie besondere manier en wens ons hulle alle sukses vir die termyn wat voorlê toe!