Transvaal Voorslagkamp

Voorslag evaluering offisiere
Transvaal se jaarlikse Voorslagkamp vind plaas vanaf 6-8 September 2019 te Hartbeesfontein Voortrekkerplaas.

Ons benodig nog dertig (30) offisiere om te help met die evaluering by al die toetspunte om die kamp suksesvol te laat plaasvind.
Inskrywingsvorm
Stuur asb julle inskrywingsvorm teen Donderdag 29 Augustus 2019 na die gebiedskantoor by
[email protected]

Noord-Kaap Gebiedskamp

Noord-Kaap Senior PD- En Verkenner-Gebiedkampe

Wou jy al ooit gaan kuier het in die Noord-Kaap? Wel, hier is die gulde geleentheid!

Datum: 21 – 28 September 2019.

Sluitingsdatum: Vrydag 6 September 2019.

Plek: Bodemvas Kampterrein te Barkly-Wes.

Kampbrief

Graad 4 lokbrief/uitnodiging 

Graad 5 lokbrief/uitnodiging 

Graad 6 lokbrief/uitnodiging

Graad 7 lokbrief/uitnodiging 

Graad 8 lokbrief/uitnodiging 

Graad 9 lokbrief/uitnodiging (PDF)

Graad 10 lokbrief/uitnodiging 

Graad 11 lokbrief/uitnodiging 

NKGK  1&2 vorm – Kommando opsomming: Alle Inskrywings  (word)

NKGK 3 Inskrywingsvorm jeuglede (word)

NKGK 4 Inskrywingsvorm Offisiere Staatmakers Kampbestuur (Word)

NKGK 5: Inskrywingsvorm vir spesiale dienste en gedragskode (Word)

Gedragskode vir volwassenes (PDF)

Riglyne  van Inskrywings vorms en Kommando opsommings (PDF)

                       

Middelburg Voortrekkers

Almal word hartlik uitgenooi na Middelburg se kuier vir jeuglede.

Wanneer: 20 – 23 September 2019

Waar: Loskopdam Berge

Sluitingsdatum: 6 September 2019

Uitnodiging

Inskrywingsvorm

Graad Aktiwiteit/Spesialisasie
R,1 & 2 Spele en Kind van Jesus
3 Plantwaarneming
4 & 5 Plantekennis
6 & 7 Redding
Verkenners (8-12) Kamplewe en Voetslaan

LeMetsi

Kom kuier saam met Letaba Voortrekkers en geniet hulle jaarlikse Le’Metsi GGN
Datum: Vrydag 11 Oktober tot Sondag 13 Oktober 2019
Plek: Mac Country Venue Kampterrein (Oorkant Magoebaskloof Hotel) tussen Polokwane en Tzaneen.
Kom geniet ’n avontuurlike kamp in die Limpopo Provinsie.

Utnodigingsbrief
Inskrywingsvorm: Jeuglede
Inskrywingsvorm: Volwassenes
Vrywaringsvorm

GRAAD SPESIALISASIE/AKTIWITEIT
Kleuters (krappies) Altyd speeltyd!
Graad 1 Kind van Jesus
Graad 2 Waterveiligheid
Graad 3 Godsdiens
Graad 4 Waterfiksheid
Graad 5 Brandweer
Graad 6 Varswaterhengel
Graad 7 Waterveiligheid
Verkenners (Graad 8-10) Padda-identifisering / Radiospraak / Fotografie
Verkenners (Graad 11&12) /ouers/offisiere Noodhulp (Ontvang Sertifikaat vlak1 noodhulp)

Oom Jakkie se Fietstoer

HL Danie Langner vertel van sy eerste afspraak met oom Jakkie: Op Donderdag 1 November 2018 het ek ‘n afspraak gehad met ‘n ene oom Jakkie van der Colf. In die dagboek staan hy wil my kom sien oor fietsry. Vreemd. Ek ken ‘n paar fiets idiome, maar oor die algemeen laat ‘n fiets nie my hart vinniger klop nie. In ons kamer staan daar wel ‘n oefenfiets, maar dit is net ‘n bron van huwelikspanning. Melanie sê gereeld en ongereeld ek maak daarvan ‘n klerehanger.

Toe oom Jakkie in my kantoor instap skat ek sy ouderdom enige iets tussen 75 en 85. Daar gaan ‘n lig op. Dit maak sin. Hy wil my kom sien oor die GESKIEDENIS van fietsry.

Jy kon my met ‘n veertjie omtik toe oom Jakkie duidelik en ondubbelsinnig aanmeld om manalleen vir die Voortrekkers van die Voortrekkermonument tot die Taalmonument sy fietsketting te laat sing. Die roete moet deur die Oos-Kaap, verby George en Hermanus loop en in Ceres draai, anders is die pad te kort. 2650 kilometer! Langs die pad wil hy soveel as moontlik Voortrekkerkommandos besoek en waar daar nie is nie, Voortrekkers bemark en nuwes stig. So iets het nog nooit in die geskiedenis van Die Voortrekkers gebeur nie. Ek moet bieg. Ek was eers verstom, toe skepties, ongelowig en realisties, terwyl oom Jakkie gelowig, optimisties en met vertroue die roete myl vir myl beplan het.

Oom Jakkie se motivering is eenvoudig: “Elke mens ongeag wie jy is, het drie dinge. Sommige het net een van en ander twee en sommiges selfs al drie van; Tyd, Talent, Bates. Om jou medemens of ‘n organisasie te help wat iets kort kom, kan mens een of meer van die drie dinge gee. In my geval het ek tyd op hande. Om my tyd nie nutteloos te laat verby gaan nie het ek besluit om tyd te gebruik om iets te doen vir die Voortrekkers. Ek kan nie anders nie as om te sê dit is ‘n uitsonderlike beweging. Kinders leer daar baie dinge. Ook om leiers te wees en om te dien. My doel is om die dinamiese Voortrekker beweging wyer bekend te stel en om fondse te werf wat hulle gebruik om diensbaar te wees.”

Nou is ons hier. Tien maande later. Amper by die wegspringblok. Die fiets is geolie en alles is gereed om die wiele te laat rol. Selfs Kuifie is opgewonde. Komende Saterdag, 17 Augustus, spring oom Jakkie 8:00 by die Voortrekkermonument weg en stop op 21 September by die Taalmonument.

Oom Jakkie is ‘n inspirasie en n voorbeeld van iemand met fikse denke en dade. Hy praat nie geskiedenis nie, maar trap tree vir tree nuwev geskiedenis. Die Voortrekkers is ‘n jeugbeweging waarin alle jongmense soos oom Jakkie baie welkom is.

Gebiedsraad: 9 November 2019

Die Voortrekkers Transvaal nooi alle afgevaardigdes van Voortrekkerbesture, soos waarna verwys word in Hoofstuk 23 van die reglemente, uit na ‘n Gebiedsraad vergadering wat gehou sal word op Saterdag 9 November 2019. Kom kuier saam met ons en verneem die korrekte inligting insake die herstrukturering en die besef dat alle vrese ongegrond is!

Plek: Hartbeesfontein

Oproepbrief – Gebiedsraad

Geloofsbrief (word)

Geloofsbrief (pdf)

Die name van alle kommando afgevaardigdes moet asseblief voor of op 11 Oktober gestuur word na [email protected]

Kommandodagbestuurverkiesings

Volgens Die Voortrekkers se Reglemente is dit byna weer tyd vir kommandodagbestuurverkiesings.

Hoofstuk 20 van die Reglemente bepaal die volgende insake kommandodagbestuurverkiesings:

5.2.1 Die verkiesing vind tweejaarliks op ‘n Kommandobestuursvergadering plaas en moet voor die einde van die laaste skooltermyn afgehandel wees.

Die Reglement bepaal verder:

5.2.2 Enige lid van die Kommandobestuur kan ‘n persoon nomineer.

5.2.3 ‘n Volwasse lid kan slegs genomineer word indien sy lidmaatskap deur die kommandobestuur aanvaar is, hy op die Sentrale Administrasie stelsel (SAS) van Die Voortrekkers suksesvol geregistreer is en sy ledegeld vir die betrokke jaar aan Die Voortrekkers oorbetaal is voor of op die datum waarop die nominasie ingedien word. Dit gebeur wel dat ‘n nuwe volwassene in die gemeenskap gewerf word om op die kommandodagbestuur te dien. Voordat sy nominasie kan dien moet die kommandobestuur eers sy aansoek om lidmaatskap aanvaar en sy lidmaatskap op die Sentrale Administrasie stelsel (SAS) van Die Voortrekkers suksesvol toevoeg. Lidmaatskapgelde is dan nie vir die afgelope jaar betaalbaar nie.

5.2.4 ‘n Verkiesing word gehou ooreenkomstig die prosedure soos uiteengesit in hoofstuk agtien (18) van die Reglemente.

Neem asseblief deeglik kennis van die inhoud van hoofstuk 18 en hoofstuk 20 van Die Voortrekkers se Reglemente, wat aangeheg word. Hiermee ook die nominasievorms vir die komende kommandodagbestuurverkiesings.

Nominasievorms

Hoofstuk 18: Vergaderingprosedure

Hoofstuk 20: Voortrekkerkommando’s

Dit word voorgestel dat ALLE kommandodagbesture se verkiesings verkieslik voor die sluit van die skole op Vrydag 20 September 2019 afgehandel moet wees. Die rede vir laasgenoemde versoek is omdat die name van die afgevaardigdes na die Gebiedsraad, wat gehou gaan word op Saterdag 9 November 2019, verskaf moet word voor óf op Vrydag 11 Oktober 2019.

Die oproep na die Gebiedsraad word eersdaags uitgestuur.

Transvaal projekvoorstel uitnodiging

Die Voortrekkers: Transvaal rig ‘n uitnodiging aan belangstellendes om ‘n projekvoorstel in te dien by die gebiedskantoor van Transvaal Voortrekkers. Die oogmerk van hierdie versoek is om Die Voortrekkers:Transvaal instaat te stel om die gemelde grond tot voordeel van Die Voortrekkers in sy gebied te ontwikkel tot ‘n kultuurbate, ter bereiking van die doelwitte en doeleindes van die beweging.

Sluitingsdatum: Vrydag 23 Augustus 2019 @12:00

Projekvoorstel uitnodiging

Wilgedraai Voortrekkerkamp

Wilgedraai Voortrekkerkamp word hierdie jaar vir die 32ste keer aangebied op die goue strande van die Vaaldam.

Dartum: 21-28 September 2019

Sluitingsdatum: Saterdag 31 Augustus 2019

Wilgedraai is ’n avontuurbelaaide kamp, waar almal pret op en langs die waters van die Vaaldam het. 

Tydens Wilgedraai word daar verskeie gespesialiseerde kursusse aangebied soos Varswaterkunde, Roeikunde, Varswaterhengel, Seilkuns, Ruiterkuns, Kampmedia, Motorbootkunde en die ”ultimate” Selfbehoud. Al Wilgedraai se kursusse word aangebied deur ’n span jong dinamiese instrukteurs, wat deskundiges is op hul onderskeie gebiede. Daar word gefokus op die ontwikkeling van hierdie varswatervaardighede maar meer as dit, die ontwikkeling van die verkenner se persoonlike passie – want niks groots is al ooit bereik sonder passie nie.

Wilgedraai is die plek waar jy kan kom ontspan saam met ou vriende en waar jy nuwes maak. Hier kan jy jouself wees!

Wilgedraai Voortrekkerkamp: Waar jy jouself mag wees!

Besoek ons webblad vir die nodige inligting: https://www.wilgedraai.co.za/

Uitnodigingsbrief

Inligtingsbrief

Transvaal Voorslagkamp

Dis amper weer tyd vir Transvaal Voorslagkamp.

Datum: 6-8 September 2019

Dis 21 dae voor die Voorslaginskrywings sluit – sorg dat alle inskrywings en sertifikate betyds ingehandig word.

Die uitnodiging is uitgestuur op 8 Junie 2019. Vir diegene wie dit gemis het, hier is die uitnodigingsbrief en inskrywingsvorms weer!

Uitnodigingsbrief

Inskrywingsvorm – Graad 7 jeuglede

Inskrywingsvorm – volwassenes

Skud op en skryf betyds in. Volwassenes word uitgenooi om die kamp saam te kom beleef.
Ons sien daarna uit om almal op die kamp te sien!