Transvaal webblad kitsgids 2

Transvaal webblad kitsgids 2

Soek jy ‘n GGA/GGN of ‘n gebiedskamp se besonderhede?

Gebruik die soek enjin op die maandelikse gebeurtenis kalender

(Dis links bo op die kalender)

Het jy geweet …

Daar is interessante dokumente op Transvaal Voortrekkers se webblad beskikbaar by die volgende skakel: https://drive.google.com/drive/folders/1icvB-2lNY8GqbdOHBL41UKwJEKKaP0sv

Loer binne elke vouer en jy vind moontlik waarna jy soek…

01 Gebiedsbestuur 02 Administrasie 03 Finansies
04 Bemarking 05 Penkop en drawwertjies 06 Verkenners
07 Volwasse sake 08 GGA/GGN & Gebiedskampe 09 Gebiedskampleiers
10 Korrespondensie 11 Liedere 12 SAS Handleiding
13 Staatmakers

Ons wil Vories vir julle so gemaklik as moontlik maak en daarom wil ons vra dat jul vrymoedigheid sal hê  om enige ander inligting wat jy nog graag op die webblad sou wou sien, vir ons deur te gee.

Stuur ‘n e-pos na [email protected] en ons kyk wat ons vir jou kan doen.

 

Sentraal Penkop en Drawwertjie Waterwerkkamp (SPDW) 2018

SPDW (3 – 8 April 2018)

Neem asb. kennis dat die SPDW Bus vanaf MENLO HOëRSKOOL (Atterbury straat ingang) 3 April 2018 om 7:00 vertrek, en nie meer van die Kolonnade nie.

Die bus sal by Highveld One-stop op R21 om 8:30 stop om Johannesburg PD’s op te laai.

Daar is nog plek op die bus, stuur asb. versoek aan [email protected] om plek te bespreek.

Daar is nog plek by Varswaterdiere (Graad 5) beskikbaar, ons sal nog inskrywings hiervoor aanvaar!

Inpaklyste is versprei, kontak [email protected] indien u dit nie ontvang het nie.

Dit is ook beskikbaar op ons webblad: www.spdw.co.za

SPDW groete

Gawie Naudé

Kampleier

Jakaranda PDkamp

Jakaranda PD-kamp (4 – 8 April 2018)

Die Jakaranda PDkamp begin op 4 April 2018 en die inpaklys is beskikbaar!

Besoek die volgende skakel vir Jakaranda PD-kamp se kampbrief, sowel as die inpaklyste per kursus.
http://jakaranda.voortrekkers.org.za/index.html

Onthou ons kamptema: Jakaranda Vol Vorentoe

Jakaranda groete
Jan-Albert de Kock
Kampleier

Magalieskruin Voortrekkers

Maandag 14 Maart 2018  – Magalieskruin is 40 jaar oud!

Magalieskruin se geskiedenis

Hiermee 40 hoera’s hoekom Voortrekkers
*Kameraadskap *Koue lug, laat aande en ‘n warm vuur *Sterrekyk *Wind wat waai op Wilgedraai *Vetkoek en maalvleis vir ontbyt *Vrese trotseer *Kamp in die bos *Kondensmelk by die kampvuur *Laternbekruip *Maak nuwe vriende *Nagmars *Om in die veld te wees *Ogies maak om ‘n kampvuur *Wagstaan *A3 se pasteitjies *Nuwe avonture *Besondere spesialisasies *Stokbrood *Sokkies *Kampe, kampe, kampe *Wanneer die fluitjie blaas vir verfbal *Milo en koekies by Oppieberg *Pad pizza *Sonopkoms in die natuur *Ons werk as ‘n span *Boeresport *Ons leer van ons geskiedenis *Kuier by die ouetehuis *Voel soos familie *Mooiste foto’s *Stories en grappies *Saamsing en musiek *Spankampe *Besoek ons monumente *Toutrek *4×4 by Rhus Keeti *Selfbehoud se uithou *Om in die veld te wees *Om te trou met ‘n Vorie *Voortrekkers is familie!

Renosterprojek

Renoster projek

Daar was verskeie navrae vanaf kommando’s en spanne vir ‘n amptelike dokument vanaf die gebied oor die Renoster projek.

Hierdie dokument sal almal kan help om betrokke te raak by die projek en ook die publiek deel te maak van Transvaal Voortrekkers se projek.

Kliek hier vir meer inligting.

 

Transvaal omsendbrief (2018/01)

Ons gebiedsleier Zandra Machin skryf “Die jaar is goed op dreef, en baie aktiwiteite het reeds suksesvol plaasgevind. Daar word hard beplan aan die April gebiedskampe en ek vertrou almal gaan heerlik saam leer, werk, kuier, speel en vakansie hou!.

Uit een van Stephan Joubert se dagboeke, bespreek hy Romeine 8:31-39 met die tema “Goeie padbouer, stewige pad”. Hierin dui hy die volgende aan: “Dit kos vandag bitter duur om paaie te bou. Snelweë se koste word in miljoene rande per kilometer bereken. Daarom dat die padbouers dit nie regtig kan bekostig om halwe werk te doen nie. Dit moet die eerste keer goed en reg gedoen word.

Lees verder … Transvaal Omsendbrief 2018/01

Kalahari Vasbyt 2018

KALAHARI-VASBYT 2018

U word hiermee vriendelik uitgenooi om deel te neem aan die jaarlikse Kalahari Vasbyt kamp.

Dit beloof om, soos altyd, ’n naweek te wees om te onthou…..

Kampdatum: Vrydag 27 April tot Sondag 1 Mei 2018

Sluitingsdatum: 16 April 2018

Uitnodigingsbrief

Inskrywingsvorm: Volwassenes / kind jonger as Graad 7

Inskrywingsvorm: Jeuglede (Graad 7-12)

Graad  Spesialisasie
Graad 7 Kaart & Satelietkompas
Graad 8 – 12 Kaart & Satelietkompas

Hoëveld PD kamp 2018

Die Voortrekkers: Hoëveld PD kamp 2018

Hoëveld PD Kamp het besluit om vir ‘n gesinspaket ‘n afslag te gee. Die 4de persoon kan teen 50% kom kamp, dus indien ‘n ouer saam kamp is hul koste R225.

Sluitingsdatum is om die hoek, so wikkel met jul inskrywings (8 Maart 2018)

Ons maak die kamp die jaar ‘n gesinskamp want dit val oor Paasnaweek. Die kamp datums is vanaf 29 Maart – 2 April 2018 en dus hoef werkende ouers slegs 1 dag verlof te neem om die kamp ten volle by te woon.

Ons wil graag vir alle ouers, wat nie by ‘n kursus wil diens doen nie en meer wil weet oor Voortrekkers, die Intreekursus aanbied.

Hoëveld Penkop en drawwertjiekampbrief 

Hoëveld 2018 Kommandoleiers Kampbrief

Hoëveld 2018 PD Inskrywing Vorm A

Hoëveld 2018 Ander Inskrywings Vorm B

Hoëveld 2018 Opsommingslyste Vorms C&D:  

Kampsekretaresse:Lelanie van Wyk
084 986 4236
[email protected]

Kampleier: Philip de Kock
082 657 3300
[email protected]

Noordpos GGA

Noordpos GGA (2018/11)

Noordpos se GGA dag word aangebied vanaf Vrydag 18 Mei 2018 tot Saterdag 19 Mei 2018.

Verkenners, staan nader! Hierdie jaar word vir die eerste keer ‘n verkenner spesialisasie aangebied.

Alle verkenners word uitgenooi om hulle pyle te kom slyp by boogskiet!

Sluitingsdatum: Vrydag 5 Mei 2018

Hiermee die uitnodigingsbrief en inskrywingsvorms.

Uitnodigingsbrief  (Kliek op blou skakel)

Inskrywingsvorms (Kliek op blou skakel)

Kommando opsommingsvorm (Kliek op blou skakel)

Graad Spesialisasie
Graad 1 Selfsorg
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Plantwaarneming
Graad 4 Noodhulp
Graad 5 Spanseremonies
Graad 6 Paraatheid
Graad 7 Seremonies
Verkenners  Boogskiet (Maks 40)

Kursusse met minder as 10 inskrywings, sal nie aangebied word nie.

Rietvallei GGA/GGN

Rietvallei GGA / GGN (2018/10)

Rietvallei se gewilde GGA / GGN naweek word vanjaar aangebied gedurende die naweek 11-13 Mei 2018.

Hiermee die nodige dokumentasie vir die Rietvallei GGA / GGN.

Inligtingsbrief

Skakel vir Google inskrywingsvorm

Genealogie

Vliegkuns vrywaring

 

Skakel vir Rietvallei GGA/GGN foto’s

Graad  Spesialisasie
Graad 1 Ek weet
Graad 2 Noodhulp
Graad 3 Paraatheid
Graad 4 Groot Trek
Graad 5 Spanseremonies
Graad 6 Persoonlike versorging
Graad 7 Voorslag voorbereiding
Graad 8 – 12 Vliegkuns / Spyseniering / Waardes / Verkeersveiligheid
Graad 8 Portefeulje taak Genealogie