Garsvallei 2019 GGA

Garsvallei GGA (2019/17)

Garsvallei se GGA word aangebied vanaf Vrydag 26 Julie tot Saterdag 27 Julie 2019.

Sluitingsdatum: 17 Julie 2019

Hiermee die volgende dokumentasie om te inskryf:

Inligtingsbrief

Inskrywingsvorm

Vrywaringsvorm (Graad 2 – dierewaarneming)

Saambringlysie

Graad Spesialisasie
Graad 1 Padveiligheid
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Fietsry
Graad 4 Anglo Boere oorlog
Graad 5 Handvaardighede
Graad 6 Kampkook
Graad 7 Voorslaginskerping
Graad 8 – 10 Selfverdediging
Graad 8 – 12 Manne en vroue uit die Bybel
Graad 11 – 12 Paraatheid

 

GGA/GGN 2020

Wil jou kommando of oord ‘n GGA/GGN aanbied?

Die aansoeke vir 2020 GGA/GGN geleenthede sluit op Vrydag 26 Julie 2019.

Maak asseblief seker dat die nodige vorms die gebiedskantoor betyds bereik.

Spring gou en voltooi die onderstaande aansoekvorm.

GGA/GGN riglyne

GGA/GGN aansoekvorm (pdf)

GGA/GGN aansoekvorm (word)  

Transvaal gebiedskantoor

Die gebiedskantoor se kantoorure sal as volg wees vanaf Maandag 10 Junie tot Vrydag 21 Junie 2019: 08:00-12:30.

Neem asseblief kennis dat die gebiedskantoor gesluit sal wees op Vrydag 14 Junie 2019.

Die skole sluit op Vrydag 14 Junie 2019 en heropen op Dinsdag 9 Julie 2019.

Geniet julle welverdiende vakansie en voortrekkerkampe!

Kontak AGL Elsa Schnetler vir enige voortrekker noodgevalle: [email protected] / 082 707 2010.

 

Transvaal Junie 2019 Omsendbrief

Dit is ongelooflik om te glo dat die skooltermyn bykans verby is en dat die Junie/Julie skoolvakansie wink…

Verdryf die koue met die nuutste omsendbrief van Transvaal Voortrekkers

Transvaal omsendbrief

Transvaal Voorslagkamp 2019

Transvaal Voorslagkamp word vanjaar aangebied vanaf 6 – 8 September 2019 op Hartbeesfontein (net buite Pretoria). Registrasie vind plaas op Vrydag 6 September 2019 vanaf 16:00 tot 18:00 by die administratiewe kantoor.
Alle Graad 7 penkop-en-drawwertjies word uitgenooi om deel te neem in hierdie onvergeetlike ervaring!

Stuur alle inskrywings na: [email protected]

Sluitingsdatum vir inskrywings: 31 Julie 2019.
Uitnodigingsbrief
Inskrywingsvorm: Kandidate
Inskrywingsvorm: Offisiere

Fietsry uitdaging

Oord Pretoria-Moot het ʼn fietsry uitdaging aan almal!

Datum: 16 Augustus tot 21 September 2019.
Oom Jakkie van der Colff se eie verhaal is genoeg aansporing vir almal om betrokke te wil wees!
Oom Jakkie se verhaal
Die Fietstoer vind plaas gedurende Augustus 2019.
Fietsry roete
Fietsry aanbieding
Die idee is dat elke kommando/oord iets reël in sy omgewing rondom fietsry van nou af tot tot met aankoms in Kaapstad.
Ons ry ‘virtueel’ saam met oom Jakkie.
Waar moontlik op die roete is dit eie inisiatief om entjie saam te ry met afsien of ontvang.
Elke kommando kan die geleentheid gebruik om fondse in te samel na goeddunke vir aanwend en terugploeg na sy eie voortrekkers of ‘n uitreik na behoefte in die plaaslike gemeenskap.

Sweepslag Seremonienaweek

Sweepslag Staatmakers bied weer hulle gewilde seremonienaweek aan.

Alle Graad 6 en 7 PD’s word uitgenooi om te kom kuier en meer van seremonies te leer.

Die aanbieding van die vier basiese vlagseremonies word aangebied op ʼn kreatiewe manier en is baie gewild!

Datum: Vrydag 19 Julie – Saterdag 20 Julie 2019
Plek: Sytze Wierda Kommando sentrum, Wierdapark, Centurion.

Uitnodigingsbrief

Panorama GGN

Dit is vir Oord Panorama aangenaam om u uit te nooi na ons Oordkamp vir 2019.

Die kamp is as ‘n Gebieds Goedgekeurde Aktiwiteit geregistreer by die Transvaalse Gebiedskantoor.

Dit beteken dat hierdie geleentheid vir die graad 4-7 penkop/drawwertjie as ‘n Gebieds Goedgekeurde Naweek sal tel wanneer daar vir Voorslag ingeskryf word.

GraadSpesialisasie
Graad 1Dias
Graad 2Ou Kaap
Graad 3Immigrante
Graad 4Groot Trek
Graad 5Delwerye
Graad 6Paraatheid
Graad 7Afrikanerkind
Graad 8-12 (Verkenners)Kerkjaar
VolwassenesSpanhantering

Datum: Vrydag 12 Julie 2019 17:30 tot Sondag 14 Julie 2019 14:00.

Plek:    Ella Combrinkkampterrein, Witrivier.

Vervoer: Kommando’s/ouers moet self vir vervoer voorsiening maak.

Huisvesting: Daar is huisvesting in die slaaplokale. Almal bring hulle eie beddegoed. 

Hiermee die nodige dokumentasie

Uitnodiging

Inskrywing (word) / Inskrywing (PDF)

Naamlys (word) / Naamlys (PDF)

Saambringlys

Paraatheid toestemming (word) / Paraatheid toestemming (PDF)

Oord Limpopo (Kranskop) GGN

Oord Limpopo GGN word aangebied gedurende die naweek: 10-12 Mei 2019.

Kom ervaar die natuur op sy beste terwyl jy besig bly met die dinge wat regtig saak maak.

Alle Graad 1-12’s word uitgenooi om saam met ons te kamp.

Plek: Badseloop NG Jeugkampterrein, Naboomspruit.

Kampbrief

Vorm A – Inskrywingsvorm (Jeuglede en volwassenes) (Word)

Vorm A – Inskrywingsvorm (Jeuglede en volwassenes) (PDF)

Vorm B – Opsomming van getalle

Vorm C – Kursusnaamlys

GRAADSPESIALISASIE
Graad 1Junior Kok
Graad 2Waterveiligheid
Graad 3Fietsry
Graad 4Groot Trek
Graad 5Boeresport
Graad 6Kampkook
Graad 7Erfgrond
Graad 8-12 (Verkenners)Boogskiet

Queenswood GGN

Die QV Speskamp word hierdie jaar vir die sesde keer deur Queenswood Voortrekkers aangebied. Van hierdie jaar af sal dit ‘n Gebiedsgoedgekeurde Naweek (GGA) wees. Kruithoring Kommando bied weereens ondersteuning by hierdie kamp van Legendes.

Graag word elke Penkop/Drawwertjie en Verkenner uitgenooi om in te skryf.

Kampdatum: 10-12 Mei 2019

Plek: Hartbeesfontein Voortrekkerplaas

Sluitingsdatum: 28 April 2019

Kampbrief

Inskrywings skakels open 15 tot 28 April 2019

P/D’s en Verkenners inskrywingskakel – https://forms.gle/hgtbtU1yw4CrJatn7

Volwassenes inskrywingskakel- https://forms.gle/sDEqVabd7BEhmBjC8

Graad Spesialisasies
Graad R/ 1Tuinier en Dias
Graad 2Ou Kaap
Graad 3Spoorkennis
Graad 4Anglo-Boereoorlog
Graad 5Boeresport
Graad 6Kampkook
Graad 7Veldbewustheid
Verkenners ( Graad 8-12)Nutsman