Queenswood GGN

Die QV Speskamp word hierdie jaar vir die sesde keer deur Queenswood Voortrekkers aangebied. Van hierdie jaar af sal dit ‘n Gebiedsgoedgekeurde Naweek (GGA) wees. Kruithoring Kommando bied weereens ondersteuning by hierdie kamp van Legendes.

Graag word elke Penkop/Drawwertjie en Verkenner uitgenooi om in te skryf.

Kampdatum: 10-12 Mei 2019

Plek: Hartbeesfontein Voortrekkerplaas

Sluitingsdatum: 28 April 2019

Kampbrief

Inskrywings skakels open 15 tot 28 April 2019

P/D’s en Verkenners inskrywingskakel – https://forms.gle/hgtbtU1yw4CrJatn7

Volwassenes inskrywingskakel- https://forms.gle/sDEqVabd7BEhmBjC8

Graad Spesialisasies
Graad R/ 1Tuinier en Dias
Graad 2Ou Kaap
Graad 3Spoorkennis
Graad 4Anglo-Boereoorlog
Graad 5Boeresport
Graad 6Kampkook
Graad 7Veldbewustheid
Verkenners ( Graad 8-12)Nutsman

Belfast GGN

Al ooit gewonder wat op ‘n plaas gebeur? Belfast Voortrekkers nooi alle Graad 5 Vories om hulle Plaaslewe spesialisasienaweek by te woon.

Hier is die ideale geleentheid vir elke stadsjapie om te beleef hoe ‘n melkery werk of wat op ‘n hoedenderplaas gebeur of hoe om botter te maak …

Datum: 02 – 04 Augustus 2019

Uitnodigingsbrief

Inskrywingsvorm (PDF)

Inskrywingsvorm (word)

Opsommingsvorm (PDF)

Opsommingsvorm (Word)

Kampbenodighede

Kampprogram

Swartvlei


SWARTVLEI 2019 – ELEKTRONIESE INSKRYWINGS IS VANAF DINSDAG 2 APRIL 2019 OOP

SWARTVLEI 2019 – ROER JOU…..

Waar: www.swartvlei.co.za

  • Alle kampers kan nou elektronies inskryf.  Volg net die stappe op die program – reg tot aan die einde.  ‘n Kopie van die Inskrywing sal outomaties gestuur word aan elke persoon na sy/haar inskrywing.
  • AKL administrasie moet asseblief registreer op die inskrywingsblad om te kan sien wie van hulle kommando wel ingeskryf het. Hierdie elektronies opsomming sal dan ook dien as die kommando opsomming.

Aangeheg ook die Kampbriewe wat op Swartvei Webwerf beskikbaar sal wees.

Kampbrief- Admin.

Kampbrief – Offisiere

Kampbrief – Verkenners

Kampbrief – Penkop en Drawwertjies

Indien daar enige navrae is rondom die aanlyn inskrywing of kommando opsomming kontak my gerus.

Annerie Kotze

[email protected]

Annerie Kotze

Swartvlei Admin

Sel:    083 415 2186    

e-pos: [email protected]

Transvaal omsendbrief

Die Maart 2019 skoolvakansie wink en dis ongelooflik om te dink dat die eerste skooltermyn verby is. Gelukkig kan Transvaal Voortrekkers uitsien na ‘n kort en besige skoolvakansie met heerlike gebiedskampe wat om die draai is. Waar kamp jy gedurende hierdie skoolvakansie, is dit by die gewilde PD kampe soos, SPDW, NPD, Jakaranda of Hoëveld of as Verkenners by Rhuskeeti Avontuurkamp, Lunsklip of Thaba. Dit maak nie saak waar nie, solank jy elke oomblik daarvan geniet …

Ontvang hiermee Transvaal omsendbrief vir belangrike aankondigings en nuus vir elkeen.

Transvaal omsendbrief – Maart 2019

Deregistrasievorm

Garsvallei Singkamp (Glaskamp) GGN

Kom geniet een van die lekkerste kampe van die jaar!

Datum: 26-28 April 2019

Sluitingsdatum: 17 April 2019

Op vanjaar se kamp word daar lekker gedans, speletjies gespeel en gesing om die kampvuur. Ons bied hierdie jaar heerlike spesialisasies aan vir ons volwassenes en nooi jul uit om gerus te kom inskryf vir Speletjies vir Volwassenes (beloof om groot pret te wees) of vir Fotografie vir Bemarkings doeleindes.

Trek jul dansskoene aan, komaan! Kom sing en speel saam!

GRAAD/GROEPSPESIALISASIES
GRAAD 1 en GRAAD 2Lekker Sing
GRAAD 2Spele
GRAAD 3Volkspele
GRAAD 4Sang
GRAAD 5Boeresport
GRAAD 6 en 7Musiek en Sang
VERKENNERSVerkenner Sang en Kampvuur konsert

Volksdanse
VOLWASSENESSang en Spele

Fotografie vir Bemarkings Doeleindes

Rontomtalie speletjies soos skyfskiet, hindernisbaan, boeresport,
lyndans en vele ander lekker speletjies


Inligtingsbrief

Vorm A – Spesialisasies (alle Jeuglede) (Inskrywingsvorms – Jeuglede)

Vorm B – Spesialisasie/kursus (Volwassenes) (Inskrywingsvorms – Volwassenes)

Vorm C – Kleuters tot Gr R (Inskrywingsvorms – kleuters)

Vorm D – Kommando opsommingsblad (moet in Excell formaat teruggestuur word, nie PDF)

Seejol Verkennerkamp

Met die Maart-vakansie om die draai, en die Maart-kampe voor die deur, is dit tyd om te begin beplan vir die Junie-vakansie!

Seejol Seekamp vir Verkenners vind jaarliks plaas in ‘n heerlike vakansie-atmosfeer te Hartenbos aan die Kaapse Suidkus.

Jy, as Voortrekker, word deel van die bemanning op die vaart van die Voortrekker Skip Seejol!

Kampbrief vir Verkenners en offisiere

Gaan loer op die web en skryf vroegtydig in om teleurstelling te voorkom!

Kampdatums: 14 – 23 Junie 2019
Sluitingdatum vir inskrywings: 24 Mein 2019

http://www.seejol.voortrekkers.org.za
Koos Stofberg
Kampleier: Seejol

Rietvallei Voortrekkers GGA/GGN

Dit is weer tyd vir Rietvallei se jaarlikse gewilde GGA/GGN naweek.

Datum: 10-12 Mei 2019

Sluitingsdatum: 26 April 2019

Hiermee die nodige dokumente vir Rietvallei se spesialisasienaweek.

  1. Inligtingsdokument
  2. Inskrywingsvorm
  3. Vliegkuns: Vrywaringsvorm
  4. Skakel na die Google vorm  https://goo.gl/forms/D0LvjCGfVufpz20J2
GRAADSPESIALISASIE
1Ek Weet
2Noodhulp
3Paraatheid Jnr
4Groot Trek
5Spanseremonies
6Persoonlike Versorging
7Voorbereiding – Voorslag
Verkenners

Vliegkuns

Spysenier

Waardes

Nutsman

NOORDELIKE PD KAMP 2019

“Ons kan digi-TAAL praat, selfs in die woud”

Ontdek die paradys  van die Noorde.  Baljaar by ons eie glyklip en onderneem staptogte op kronkelpaadjies met bome wat so hoog is dat hulle toppe skaars sigbaar is.  Ontdek die geheime en versteekte watervalle in ons eie feetjieland.

Kampdatum: Woensdag 20 Maart 2019 om 14:00 tot Sondag 24 Maart 2019 om 12:00.

Kampterrein:   Faerie Glen Kampterrein (Westfalia) tussen Duiwelskloof en Tzaneen.

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2019

GRAADSPESIALISASIE
1Tuinier
2Dierewaarneming
3Handwerk
4Plantekennis
5Touwerk
6Spoorsny
7Veldbewustheid

Kampbrief

Inskrywingsvorm: Jeuglede – Vorm A

Inskrywingsvorm: Volwassenes – Vorm B

Naamlys – Vorm C

Kommando opsomming – Vorm D

L10 – Vrywaringsvorm (Volwassenes nie Lede van Die Voortrekkers)

L11 – Vrywaringsvorm (Jeuglid nie Lid van Die Voortrekkers)

Kruinsig GGA

Kruinsig se jaarlikse gewilde kenteken GGN word weer aangebied vanaf Vrydag 22 Februarie tot Sondag 24 Februarie 2019. Kom kuier saam en leer speel-speel saam met ons!

Spesialisasies word aangebied deur ervare fasiliteerders

GRAADSPESIALISASIES
1Tuinier
2Ou Kaap
3Die Kok
4Noodhulp
5Boeresport
6Senior Paraatheid
7Afrikanerkind
8-12Elektronika / Selfverdediging
Uitnodiging
Saambringlysie
Kommando opgaafvorm

Transvaal Kersfeesboodskap

Teen hierdie tyd van die jaar het die meeste gewone Voortrekkeraktiwiteite afgesluit. Die meeste Voortrekker energie gaan nou in beplanning vir 2019 en verslagdoening oor 2018 in. Dit is `n baie goeie ding dat ons jaarliks vir `n rukkie kan stilhou om die jaar en alles wat ons gedoen het, in oënskou te neem.
Ek dink egter dit is belangriker om nou regtig te rus en om te fokus op die dinge waarop dit werklik aankom. Die lang somervakansie hou vir ons in Suid-Afrika die belofte van Kersfees in. Elkeen wat al met die Verkennerspesialisasie “Kerkjaar” te doen gehad het, sal weet die laaste vier weke voor Kersfees is Advent – vier Sondae waarop ons as geloofsgemeenskap dink aan die naderende viering van die geboorte van Jesus.
Koos du Plessis het in sy lied “Somerkersfees” iets van ons eie Kerstradisie verwoord. Kersfees word by ons in die middel van die Somer gevier. Hier is min plek, behalwe in ons verbeelding, vir `n bebaarde Kersvader in `n dik rooi jas op `n slee, getrek deur takbokke. Soos Laurika Rauch in `n liedjie vra: “Bly hy (dit is kersvader) in Jeffreysbaai…?” Die wintersbeelde oor Kersfees wil maar net nie in ons versengende somerklimaat werk nie en daarom moet ons dit anders vier.
Die belangrikste van die viering is egter dat ons die woorde van die engel wat Lukas opgeteken het, ter harte neem, want hy bring `n evangelie – `n blye boodskap:
Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle `n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here.” (Lukas 2:10-11).
In die laaste vers van Somerkersfees het Jannie du Toit die refrein `n klein bietjie verander, sodat ons in hierdie dae saam kan sing: Christus kom, Christus kom! Gee aan God die eer.Skenk ons `n helder Somerkersfees, in hierdie land, o Heer!

Mag dit waar wees in jou lewe, waar jy ookal vanjaar die Kerstyd deurbring.                                            Willem Boshoff (Transvaal Geestelike Raadgewer)