Gebiedsraad: 9 November 2019

Die Voortrekkers Transvaal nooi alle afgevaardigdes van Voortrekkerbesture, soos waarna verwys word in Hoofstuk 23 van die reglemente, uit na ‘n Gebiedsraad vergadering wat gehou sal word op Saterdag 9 November 2019. Kom kuier saam met ons en verneem die korrekte inligting insake die herstrukturering en die besef dat alle vrese ongegrond is!

Plek: Hartbeesfontein

Oproepbrief – Gebiedsraad

Geloofsbrief (word)

Geloofsbrief (pdf)

Die name van alle kommando afgevaardigdes moet asseblief voor of op 11 Oktober gestuur word na [email protected]

Meningsopname:Tarentaalstraat

Die gebiedsdagbestuur is tans besig om met ‘n ondersoek om te kyk na alle kampterreine en benodig jou hulp met ‘n meningsopname om te bepaal of Tarentaalstraat as kampterrein wel oorweeg word.

Help ons asseblief met hierdie ondersoek deur die meningsopname te voltooi.

Meningsopname

Sluitingsdatum: 20 Augustus 2019

Belyning van Die Voortrekkers se Wese en Doelstellings

Hiermee ʼn geleentheid vir alle oord en kommandobesture om deel te neem aan die versoek van Hoofbestuur om te besin oor die belyning van die wese en doelstellings van Die voortrekkers.
Besluit: HB not 201904/6.6
Dat die Gebiedsdagbesture die moontlikheid in gebiede sal toets dat wese as volg belyn word met die kode en doelstellings wat tydens 2017 se kongres goedgekeur is: ’n Moderne Voortrekker is altyd Christen, trots Afrikaner, ‘n opbouende burger en diensbare leier.

Die Nasionale omsendbrief, 2019/01, verwys na die volgende voorgestelde nuwe bewoording:


Voorgestelde Wese
Die Voortrekkers is ’n moderne kultuurbeweging wat ons lede, in besonder die jeug, toerus om
altyd as Christene, trotse Afrikaners en opbouende burgers hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Voorgestelde Doelstellings
Die Voortrekkers is daartoe verbind om:
1. ons geloof in God Drie-enig in al ons Voortrekkeraktiwiteite te bevestig.
2. as Christene altyd deur ons woorde en dade te getuig.
3. as trotse Afrikaners ons taal, kultuur en erfenis te bevorder.
4. as opbouende burgers positief betrokke te wees by ons gemeenskap, land en kontinent.
5. diensbaar in ons omgewing te wees.

Stuur asseblief insette/kommentaar na AGL Administrasie, Elsa Schnetler, [email protected] voor óf op Vrydag 16 Augustus 2019.

Venterskroon Gebiedskamp

Is jy gereed vir nog ‘n Venterskroon avontuur in die natuur?

Kom leer hier in die natuur meer oor kameraadskap, leierskap en volharding. 

Kampdatum:    20 September 2019 – 24 Setember 2019.

Registrasie:     Vrydag 20 September 16:00 – 18:00.

Afsluiting:        Dinsdag 24 September 2019 om 12:00.

Plek:  Venterskroon Jeugkampterrein van die Ned. Hervormde Kerk. (S26º53.016’  EO27º16.120’).

Sluitingsdatum vir inskrywings:     Sondag  01 September 2019.

Kampbrief

Inpaklys en kursusbenodighede

GRAAD SPESIALISASIE
Graad 1 Junior Kok (15)
Graad 2 Veldkook (15)
Dierewaarneming (15)
Graad 3 Toeka (maks.30)
Spoorkennis (maks.40)
Graad 4 Gasheer/Gasvrou (maks.30)
Plantekennis (maks.30)
Vasbyt (maks.80)
Graad 5 Touwerk (maks.40)
Boeresport (maks.30)
Weerkennis (maks.20)
Graad 6 Spoorsny (maks.50)
Kommunikasie (maks.30)
Sterrekunde (maks 20)
Graad 7 Avontuurkamp (maks.40)

Nasionale Offisieresaamtrek

Offisiere opleidingsopname

Ons vra asseblief vir alle Voortrekkeroffisiere en staatmakers om die volgende opleidingsopname te voltooi.

Hierdie opname sal dien as ‘n behoeftebepaling vir die Nasionale Offisieresaamtrek, maar ons wil ook oor die algemeen kyk watter kursusse in die onderskeie gebiede in aanvraag is.

Voltooi asseblief die opname teen 4 Augustus 2019. 

Baie dankie.
Nasionale komitee Volwassesake (Jaco, Maralda, Lizle, Dirk en Karin)
https://forms.gle/nCv6jzWLgm9GRRxG8  

Wilgedraai Voortrekkerkamp

Wilgedraai Voortrekkerkamp word hierdie jaar vir die 32ste keer aangebied op die goue strande van die Vaaldam.

Dartum: 21-28 September 2019

Sluitingsdatum: Saterdag 31 Augustus 2019

Wilgedraai is ’n avontuurbelaaide kamp, waar almal pret op en langs die waters van die Vaaldam het. 

Tydens Wilgedraai word daar verskeie gespesialiseerde kursusse aangebied soos Varswaterkunde, Roeikunde, Varswaterhengel, Seilkuns, Ruiterkuns, Kampmedia, Motorbootkunde en die ”ultimate” Selfbehoud. Al Wilgedraai se kursusse word aangebied deur ’n span jong dinamiese instrukteurs, wat deskundiges is op hul onderskeie gebiede. Daar word gefokus op die ontwikkeling van hierdie varswatervaardighede maar meer as dit, die ontwikkeling van die verkenner se persoonlike passie – want niks groots is al ooit bereik sonder passie nie.

Wilgedraai is die plek waar jy kan kom ontspan saam met ou vriende en waar jy nuwes maak. Hier kan jy jouself wees!

Wilgedraai Voortrekkerkamp: Waar jy jouself mag wees!

Besoek ons webblad vir die nodige inligting: https://www.wilgedraai.co.za/

Uitnodigingsbrief

Inligtingsbrief

Transvaal Staatmakers meningsopname

Die Staatmakers van Transvaal het in opdrag van die Gebiedsbestuur van Transvaal ‘n taakspan saamgestel om kwessies rakende staatmakers te ondersoek. Pertinente sake is na die taakspan verwys vir ondersoek.
Aangesien die uitkoms van hierdie ondersoek Staatmakers en Voortrekkers buite die taakspan en Gebiedsbestuur kan beïnvloed is dit van uiterste belang dat hierdie mense se insette verkry en in ag geneem word. Na verskeie besprekingssesssies en vergaderings is dit nou tyd om hierdie insette te versamel. Hierdie insette sal in Augustus aan die Gebiedsbestuur voorgelê word vir bespreking en moontlike besluitneming.
Ons as taakspan vra dus dat jy asseblief die meningsopname so volledig moontlik sal voltooi en sal stuur aan ander rolspelers en diegene wie se insette verkry moet word. Die meningsopname word anoniem ingevul (tensy jy anders verkies) en jy word dus uitgenooi om so eerlik moontlik te wees. Die meningsopname behoort jou nie langer as 5-10 minute te neem nie. Die meningsopname word tans net in Transvaal versprei en deur die Taakspan: Staatmakers vir Transvaal geadministreer maar ander Staatmakers is vry om die vraelys te voltooi.

Enige ander volwasse lede, kampbestuur of matriekverkenners is ook welkom om die vraelys te voltooi om so ‘n gebalanseerde perspektief te bied.

Skakel na die vraelys https://forms.gle/9WckzWghBUGWKQzy8
Enige vrae of kommentaar kan aan die taakspan gerig word deur ‘n e-pos te stuur aan [email protected] of deur ‘n groepleier of die GSR te kontak.

Sluitingsdatum: Donderdag, 18 Julie 2019.

 

Totius GGA/GGN

Totius se jaarlikse GGA/GGN word aangebied vanaf Vrydag 2 Augustus tot Sondag 4 Augustus 2019 op die FAK Udolpho Jeugterrein, buite Parys.

Kom kuier en geniet die naweek saam met ons!

Inligtingsbrief: https://transvaal.voortrekkers.co.za/dokumente/2019/07/totius-uitnodigingsbrief.pdf

Inskrywings: Skryf asb elektronies in by Die Voortrekkers se inskrywingsportaal by https://inskrywings.voortrekkers.co.za/

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 26 Julie 2019.

Graad Spesialisasie Wanneer Koste
Graad R&1 Tuinier Saterdag 09:00 tot 15:30 R120.00
Graad 2 Knope Vrydag 17:00 tot Sondag 11:00 R350.00
Graad 3 Handwerk Vrydag 17:00 tot Sondag 11:00 R350.00
Graad 4 Dierekennis Vrydag 17:00 tot Sondag 11:00 R350.00
Graad 5 Kampeerder Vrydag 17:00 tot Sondag 11:00 R350.00
Graad 6 Afrikanertradisies Vrydag 17:00 tot Sondag 11:00 R350.00
Graad 7 Afrikanerkind Vrydag 17:00 tot Sondag 11:00 R350.00
Graad 8-12 Touwerk / Gelowe Vrydag 17:00 tot Sondag 11:00 R350.00

Meelopers vir die GGA (slegs Saterdag) betaal R120.00.

Meelopers vir die GGN (die hele naweek) betaal R350.00.

Kontak gerus vir Marié du Toit by [email protected] of Susan Conradie by [email protected]  indien u enige vrae het.



Garsvallei 2019 GGA

Garsvallei GGA (2019/17)

Garsvallei se GGA word aangebied vanaf Vrydag 26 Julie tot Saterdag 27 Julie 2019.

Sluitingsdatum: 17 Julie 2019

Hiermee die volgende dokumentasie om te inskryf:

Inligtingsbrief

Inskrywingsvorm

Vrywaringsvorm (Graad 2 – dierewaarneming)

Saambringlysie

Graad Spesialisasie
Graad 1 Padveiligheid
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Fietsry
Graad 4 Anglo Boere oorlog
Graad 5 Handvaardighede
Graad 6 Kampkook
Graad 7 Voorslaginskerping
Graad 8 – 10 Selfverdediging
Graad 8 – 12 Manne en vroue uit die Bybel
Graad 11 – 12 Paraatheid

 

Transvaal gebiedskantoor

Die gebiedskantoor se kantoorure sal as volg wees vanaf Maandag 10 Junie tot Vrydag 21 Junie 2019: 08:00-12:30.

Neem asseblief kennis dat die gebiedskantoor gesluit sal wees op Vrydag 14 Junie 2019.

Die skole sluit op Vrydag 14 Junie 2019 en heropen op Dinsdag 9 Julie 2019.

Geniet julle welverdiende vakansie en voortrekkerkampe!

Kontak AGL Elsa Schnetler vir enige voortrekker noodgevalle: [email protected] / 082 707 2010.