Magalieskruin Voortrekkers

Maandag 14 Maart 2018  – Magalieskruin is 40 jaar oud!

Magalieskruin se geskiedenis

Hiermee 40 hoera’s hoekom Voortrekkers
*Kameraadskap *Koue lug, laat aande en ‘n warm vuur *Sterrekyk *Wind wat waai op Wilgedraai *Vetkoek en maalvleis vir ontbyt *Vrese trotseer *Kamp in die bos *Kondensmelk by die kampvuur *Laternbekruip *Maak nuwe vriende *Nagmars *Om in die veld te wees *Ogies maak om ‘n kampvuur *Wagstaan *A3 se pasteitjies *Nuwe avonture *Besondere spesialisasies *Stokbrood *Sokkies *Kampe, kampe, kampe *Wanneer die fluitjie blaas vir verfbal *Milo en koekies by Oppieberg *Pad pizza *Sonopkoms in die natuur *Ons werk as ‘n span *Boeresport *Ons leer van ons geskiedenis *Kuier by die ouetehuis *Voel soos familie *Mooiste foto’s *Stories en grappies *Saamsing en musiek *Spankampe *Besoek ons monumente *Toutrek *4×4 by Rhus Keeti *Selfbehoud se uithou *Om in die veld te wees *Om te trou met ‘n Vorie *Voortrekkers is familie!

Renosterprojek

Renoster projek

Daar was verskeie navrae vanaf kommando’s en spanne vir ‘n amptelike dokument vanaf die gebied oor die Renoster projek.

Hierdie dokument sal almal kan help om betrokke te raak by die projek en ook die publiek deel te maak van Transvaal Voortrekkers se projek.

Kliek hier vir meer inligting.

 

Transvaal omsendbrief (2018/01)

Ons gebiedsleier Zandra Machin skryf “Die jaar is goed op dreef, en baie aktiwiteite het reeds suksesvol plaasgevind. Daar word hard beplan aan die April gebiedskampe en ek vertrou almal gaan heerlik saam leer, werk, kuier, speel en vakansie hou!.

Uit een van Stephan Joubert se dagboeke, bespreek hy Romeine 8:31-39 met die tema “Goeie padbouer, stewige pad”. Hierin dui hy die volgende aan: “Dit kos vandag bitter duur om paaie te bou. Snelweë se koste word in miljoene rande per kilometer bereken. Daarom dat die padbouers dit nie regtig kan bekostig om halwe werk te doen nie. Dit moet die eerste keer goed en reg gedoen word.

Lees verder … Transvaal Omsendbrief 2018/01

Vlak 1 & 2 Noodhulp Opleiding

Vlak 1 & 2 Noodhulp Opleiding

Beste Voortrekkers,

Die Suid Afrikaanse Noodhulpliga is by die Departement van Arbeid van Suid Afrika, sowel as HWSETA (HW591PA1006262) geakkrediteer. Die Noodhulpliga bied in samewerking met die FAK ‘n geleentheid aan vir persone om beide vlak 1 & 2 noodhulp kwalifikasies te ontvang, na voltooiing van die kursus. Sertifikate wat uitgereik word, is vir 3 jaar geldig.

Inhoud van die kursus sluit in:

  • Die beginsels en oogmerke van noodhulp
  • Ondersoek van die pasiënt
  • Skok
  • Kardio-pulmonale resussitasie (KPR)
  • Lugweg Obstruksie
  • Sagte weefsel Beserings
  • Wonddekkings en verbande
  • Bloeding
  • Brandwonde
  • Die Skeletstelsel
  • Hoofbeserings en bewusteloosheid
  • Vervoer van die pasiënt
  • Omgewingsbeserings
  • Vergiftiging
  • Menslike immuniteitsgebrek virus en verworwe immuniteitsgebrek virus

Datum: 17 – 19 Mei 2018

Plek: FAK Liedjietuinlapa, Voortrekkermonumentterrein, Eeufeesweg, Pretoria.

Kostes: R1380.00 per persoon

Navrae of verdere inligting rondom die inhoud van die kursus kan gerig word aan:

Werner Beineke

Sel: 071 105 3705

Tel +27 12 301 1777

E-pos [email protected]

www.fak.org.za

 

Sweepslag se afskopsosiaal

Almal is terug na ‘n lui lekker vakansie en die jaar is weer volstoom aan die gang met universiteite en werke wat reeds begin het. Begin ook jou staatmaker jaar op die gepaste wyse, saam met goeie vriende, lekker kos en interessante geselskap.  Alle Staatmakers is welkom om die aand saam met ons te geniet en bring ‘n vriend of twee saam. Sweepslag sal kos voorsien.

Sperdatum Maandag 29 Januarie 2018
Wie Staatmakers en hul vriende RSVP: RSVP asseblief op hierdie gebeurtenis  (https://www.facebook.com/events/1707496655956874) sodat ons weet vir hoeveel mense ons moet voorberei.
Datum Vrydag 2 Februarie 2018 om 19:00.
Plek Polsslag Voortrekker Saal, 264 Gloverlaan (Google-kaarte: https://goo.gl/maps/3NpUG5LdedC2
Saambring Eie drink goed en bordesak.
Navrae Enige navrae kan aan Wessel van der Walt gerig word by 082 264 9643 of [email protected] Vir meer inligting, besoek gerus Sweepslag se Facebook bladsy by https://www.facebook.com/Sweepslag.