Verkenner Avontuurdag

Verkenner Avontuurdag

Dis weer tyd, tyd vir vet pret!

Winkelwandel Avontuur “Amazing Race” by Menlyn Mall.

Datum: 3 Maart 2018

Sluitingsdatum: 24 Februarie 2018

Getalle is beperk: Daar is slegs 90 plekke beskikbaar, so skryf so gou moontlik in om jou plek te verseker!

Jy mag ‘n Nie-Voortrekkermaat saambring  en hy/sy moet ‘n ekstra  vrywaringsvorm voltooi en saamstuur.

Koste: R80 per verkenner / Nie-Voortrekker en sluit in – Avonture wat jou stoutste verwagtinge sal oortref, middagete by Spur (Hamburger & Koeldrank)

Onthou egter jou

Gemaklike klere & GEMAKLIKE stap skoene

Selfoon

Peuselhappies & Water in rugsak

Baadjie vir moontlike kouedag

Wikkel en skryf dadelik in vir groot pret!

Inligtingsbrief

Winkelwandel inskrywingsvorm

Vrywaring vir nie-Voortrekker jeuglede

Thaba Verkennerkamp

Thaba Kamp is nie net nog ‘n Verkennerkamp nie, jy kom huistoe, waar lewenslange vriende op jou wag en ons vir mekaar omgee. Ons bied hierdie jaar ‘n wye verskeidenheid nuwe veldwerk- en avontuurkursusse aan vir elke graadgroep – teen ‘n billike, verminderde fooi.

Kampinligting:

Aanmelding Rigters, Padvinders, Brandwagte en Veldwagters:

Maandag 2 April 2018 om 09:00

Aanmelding: Veldontdekkers, Jagters, Bittereinders en Noodwerkers:

Dinsdag 3 April 2018 om 09:00

Kampafsluiting:

Sondag 8 April 2018 om 14:00

Sperdatum vir inskrywings:

Vrydag 9 Maart 2018

Webblad: http://thabakamp.co.za/

Kursus inligting: http://thabakamp.co.za/kursus-inligting/

Briewe en vorms:

Kampbrief vir verkenners

Kampbrief vir volwassenes

Verklaring en vrywaring deur ‘n ouer wettige voog

Verklaring en vrywaring deur ‘n volwassene wat nie ‘n lid van Die Voortrekkers is nie

Volwasse Opleidingsdag

Voorslagvoorbereiding vir graad 4, 5, 6 en 7-offisiere

Het jy vrae oor hoe die Voorslagtoetsing gedoen word? Wonder jy hoe jy jou span vir die Voorslag kan voorberei? Kom gesels saam met ervare offisiere en hoor hoe lekker jy dit vir die span kan maak!

Hierdie opleidingsessie is ’n moet vir graad 6 en 7-offisiere en word sterk aanbeveel as jy ’n span in graad 5 het.

PV-afronding vir verkenners

Hierdie PV-afrondingsessie fokus op voorbereiding vir die PV-teoretiese eksamen. Alle graad 12’s wat in 2018 deelneem aan die proses word uitgenooi sowel as graad 11’s wat proaktief wil voorberei vir hulle PV-proses in 2019.

Onderwerpe wat deur die dag bespreek word sluit in algemene graadwielwerk, geskiedenis van die Afrikaner en Die Voortrekkers, kaartwerk en ‘n gesprek oor sake-van-die-dag.
Kom skerp jou kennis in vir die PV-teoretiese eksamen!

Kruinsig-kentekennaweek (GGN)

Vrydag 23 Februarie tot Sondag 25 Februarie 2018

Sluitingsdatum: Vrydag, 16 Februarie 2018 om 12:00

Kruinsigkentekennaweek vir penkop en drawwertjies, en verkenners. Kom kuier, speel en leer saam.

Spesialisasies word deur ervare fasiliteerders aangebied.

Plek: Hoërskool Hans Moore Dalrymple St. Northmead, Benoni

Uitnodiging

Saambringlys

 

Graad Spesialisasies
Graad 1 Tuinier
Graad 2 Ou Kaap
Graad 3 Die Kok
Graad 4 Noodhulp
Graad 5 Boeresport
Graad 6 Senior Paraatheid
Graad 7 Afrikanerkind
Graad 8-12 Elektronika
Graad 8-12 Selfverdediging