Garsvallei 2019 GGA

Garsvallei GGA (2019/17)

Garsvallei se GGA word aangebied vanaf Vrydag 26 Julie tot Saterdag 27 Julie 2019.

Sluitingsdatum: 17 Julie 2019

Hiermee die volgende dokumentasie om te inskryf:

Inligtingsbrief

Inskrywingsvorm

Vrywaringsvorm (Graad 2 – dierewaarneming)

Saambringlysie

Graad Spesialisasie
Graad 1 Padveiligheid
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Fietsry
Graad 4 Anglo Boere oorlog
Graad 5 Handvaardighede
Graad 6 Kampkook
Graad 7 Voorslaginskerping
Graad 8 – 10 Selfverdediging
Graad 8 – 12 Manne en vroue uit die Bybel
Graad 11 – 12 Paraatheid

 

Transvaal gebiedskantoor

Die gebiedskantoor se kantoorure sal as volg wees vanaf Maandag 10 Junie tot Vrydag 21 Junie 2019: 08:00-12:30.

Neem asseblief kennis dat die gebiedskantoor gesluit sal wees op Vrydag 14 Junie 2019.

Die skole sluit op Vrydag 14 Junie 2019 en heropen op Dinsdag 9 Julie 2019.

Geniet julle welverdiende vakansie en voortrekkerkampe!

Kontak AGL Elsa Schnetler vir enige voortrekker noodgevalle: [email protected] / 082 707 2010.

 

Transvaal Junie 2019 Omsendbrief

Dit is ongelooflik om te glo dat die skooltermyn bykans verby is en dat die Junie/Julie skoolvakansie wink…

Verdryf die koue met die nuutste omsendbrief van Transvaal Voortrekkers

Transvaal omsendbrief

Fietsry uitdaging

Oord Pretoria-Moot het ʼn fietsry uitdaging aan almal!

Datum: 16 Augustus tot 21 September 2019.
Oom Jakkie van der Colff se eie verhaal is genoeg aansporing vir almal om betrokke te wil wees!
Oom Jakkie se verhaal
Die Fietstoer vind plaas gedurende Augustus 2019.
Fietsry roete
Fietsry aanbieding
Die idee is dat elke kommando/oord iets reël in sy omgewing rondom fietsry van nou af tot tot met aankoms in Kaapstad.
Ons ry ‘virtueel’ saam met oom Jakkie.
Waar moontlik op die roete is dit eie inisiatief om entjie saam te ry met afsien of ontvang.
Elke kommando kan die geleentheid gebruik om fondse in te samel na goeddunke vir aanwend en terugploeg na sy eie voortrekkers of ‘n uitreik na behoefte in die plaaslike gemeenskap.

PV Afrondingskamp

Die PV eksamen is agter die rug en diegene wie die PV-teoretiese vraestel geslaag het  kwalifiseer om voort te gaan met die PV-proses.Die laaste deel van die proses is om ‘n PV-afrondingskamp by te woon. Vanjaar word daar drie (3) verskillende kampe aangebied om jou besige skedule te akkomodeer.

Jy het dus die keuse om enige een van die drie(3) kampe by te woon om die proses te voltooi.
Inskrywings word deur elkeen van die kampe hanteer.

Die Transvaal PV-afrondingskamp word aangebied as een van drie afrondingskampe wat regoor Suid-Afrika aangebied word. Jy is welkom om enige een van die kampe in Kaapland, Vrystaat of Transvaal by te woon om die PV-proses te voltooi.
PV- sowel as Bobaaskandidate mag die Transvaal PV-afrondingskamp bywoon.
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike inligting rakende die Transvaal PV-afrondingskamp:
Wanneer: 3 – 6 Julie 2019
Waar: Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria.

Lees asseblief die Nasionale PV uitnodigingsbrief asook Transvaal PV afrondingskamp uitnodiging alvorens jy inskryf:

Nasionale PV 2019 kampbrief

Transvaal Presidentsverkenner uitnodigingsbrief

Gebiedsjeugraad 2019-2020

Baie geluk aan die nuwe Gebiedsjeugraad vir die termyn 2019-2020:

Gebiedsjeugraad 2019-2020

Die ontwikkeling van leierskapsvaardighede by ons jeug, is een van die Voortrekkers se grootste prioriteite. Deel hiervan is om hulle verteenwoordiging op elke vlak in die Beweging te gee deur middel van jeugrade. Transvaal Voortrekkers se jeugraad word eerskomende Saterdag gekeur en benoemings hiervoor sluit Woensdag 1 Mei 2019.

Besoek die volgende skakel vir die nodige inligting:
https://transvaal.voortrekkers.co.za/keuring-van-die-transvaalse-gebiedsjeugraad-2019-2020/

Panorama GGN

Dit is vir Oord Panorama aangenaam om u uit te nooi na ons Oordkamp vir 2019.

Die kamp is as ‘n Gebieds Goedgekeurde Aktiwiteit geregistreer by die Transvaalse Gebiedskantoor.

Dit beteken dat hierdie geleentheid vir die graad 4-7 penkop/drawwertjie as ‘n Gebieds Goedgekeurde Naweek sal tel wanneer daar vir Voorslag ingeskryf word.

GraadSpesialisasie
Graad 1Dias
Graad 2Ou Kaap
Graad 3Immigrante
Graad 4Groot Trek
Graad 5Delwerye
Graad 6Paraatheid
Graad 7Afrikanerkind
Graad 8-12 (Verkenners)Kerkjaar
VolwassenesSpanhantering

Datum: Vrydag 12 Julie 2019 17:30 tot Sondag 14 Julie 2019 14:00.

Plek:    Ella Combrinkkampterrein, Witrivier.

Vervoer: Kommando’s/ouers moet self vir vervoer voorsiening maak.

Huisvesting: Daar is huisvesting in die slaaplokale. Almal bring hulle eie beddegoed. 

Hiermee die nodige dokumentasie

Uitnodiging

Inskrywing (word) / Inskrywing (PDF)

Naamlys (word) / Naamlys (PDF)

Saambringlys

Paraatheid toestemming (word) / Paraatheid toestemming (PDF)

Keuring van die Transvaalse Gebiedsjeugraad 2019/2020

Die tyd het aangebreek vir die aanstelling van die Gebiedsjeugraad 2019/2020 en Transvaal Voortrekkers nooi graag alle belangstellendes om in te skryf vir die proses.

Klik hier vir die inligtingsbrief.

Lede van die Gebiedsjeugraad het die volgende pligte:

  1. Om ʼn skakel te wees tussen die jeuglede van Transvaal en die gebiedsbestuur.
  2. Om as spreekbuis van Transvaal se jeuglede op te tree.
  3. Om aktiwiteite te beplan en te organiseer tot voordeel van die jeuglede van Transvaal.
  4. Om effektief te kommunikeer met die kommando- en oordjeugleiers.
  5. Om deel te neem aan besluite wat tot voordeel van die gebied en die Voortrekkers is.

Alle Verkenners moet aan al die bepalings van die grondwet, reglemente en lys van verantwoordelikhede van die Voortrekkers voldoen.

17-19 Mei 2019 Gebiedsjeugraadspanbounaweek
25 Mei 2019 Gebiedsbestuurvergadering
5 Junie 2019 Gebiedsjeugraadvergadering
6 Julie 2019 Presidentsverkennergala-aand
10 Julie 2019 Gebiedsjeugraadvergadering
7 Augustus 2019 Gebiedsjeugraadvergadering
24 Augustus 2019 Gebiedsbestuurvergadering
4 September 2019 Gebiedsjeugraadvergadering
7 September 2019 Voorslagbemarkingsaksie
2 Oktober 2019 Gebiedsjeugraadvergadering
26 Oktober 2019 Gebiedsbestuurvergadering
6 November 2019 Gebiedsjeugraadvergadering
4 Desember 2019 Gebiedsjeugraadvergadering

Verkenners moet in Gr. 11 wees en hulself beskikbaarstel om gereeld vergaderings by te woon. Die volgende datums is verpligtend vir alle lede van die Gebiedsjeugraad:

Verkenners kan die Googlevorm hieronder voltooi om vir hierdie proses in te skryf.

Keuring vind plaas op Saterdag 4 Mei 2019 om 08:00 by Dirkie Uys Voortrekkersentrum, Laerskool Anton van Wouw, Brooklyn. Alle Verkenners moet die keuringsgeleentheid bywoon in aktiewe Voortrekkerdrag. Middagete word voorsien en Verkenners word versoek om hul eie bordesak saam te bring.

Die sperdatum vir inskrywings is Dinsdag 30 April 2019.

Tydens die keuringsgeleentheid word die eerste kortlys van Verkenners om 13:30 aangehondig.

Vir enige navrae ten opsigte van die keuringsgeleentheid kan AGL Jaco van der Walt gekontak word by 072 312 7722 of [email protected].

Oord Limpopo (Kranskop) GGN

Oord Limpopo GGN word aangebied gedurende die naweek: 10-12 Mei 2019.

Kom ervaar die natuur op sy beste terwyl jy besig bly met die dinge wat regtig saak maak.

Alle Graad 1-12’s word uitgenooi om saam met ons te kamp.

Plek: Badseloop NG Jeugkampterrein, Naboomspruit.

Kampbrief

Vorm A – Inskrywingsvorm (Jeuglede en volwassenes) (Word)

Vorm A – Inskrywingsvorm (Jeuglede en volwassenes) (PDF)

Vorm B – Opsomming van getalle

Vorm C – Kursusnaamlys

GRAADSPESIALISASIE
Graad 1Junior Kok
Graad 2Waterveiligheid
Graad 3Fietsry
Graad 4Groot Trek
Graad 5Boeresport
Graad 6Kampkook
Graad 7Erfgrond
Graad 8-12 (Verkenners)Boogskiet