Transvaal omsendbrief

Die Maart 2019 skoolvakansie wink en dis ongelooflik om te dink dat die eerste skooltermyn verby is. Gelukkig kan Transvaal Voortrekkers uitsien na ‘n kort en besige skoolvakansie met heerlike gebiedskampe wat om die draai is. Waar kamp jy gedurende hierdie skoolvakansie, is dit by die gewilde PD kampe soos, SPDW, NPD, Jakaranda of Hoëveld of as Verkenners by Rhuskeeti Avontuurkamp, Lunsklip of Thaba. Dit maak nie saak waar nie, solank jy elke oomblik daarvan geniet …

Ontvang hiermee Transvaal omsendbrief vir belangrike aankondigings en nuus vir elkeen.

Transvaal omsendbrief – Maart 2019

Deregistrasievorm

Jakaranda PDkamp

Alle ingeskrewe kampeerders by Jakaranda Voortrekkerkamp,

Oor ‘n week is die kampraad al hard aan die werk om voor te berei vir ‘n lekker kamp.

Die algemene kampbriewe vir alle kampeerders asook kursus spesifieke saambringlysies is beskikbaar op Jakaranda se webblad, http://jakaranda.voortrekkers.org.za/about/aflaai.htm.

Veilig ry en sien julle op die kamp.

Jakarandagroete

Annemaré de Kock
Kampsekretaresse

Noordpos GGA

Noordpos Kommando nooi alle Penkoppe, Drawwertjies en Verkenners, uit na hulle jaarlikse GGA .

Datum: 24 – 25 Mei 2019.

Sluitingsdatum: 10 Mei 2019

Tydens hierdie naweek kan elke Voortrekker hul kennis kom verbreed en die Voortrekkerlewe ten
volle geniet!

GRAADSPESIALISASIES
1Selfsorg
2Dierewaarneming
3Plantwaarneming
4Noodhulp
5Spanseremonies
6Paraatheid Jnr
7Seremonies
VerkennersBoogskiet (maksimum 25)
Tradisionele spele
Verkeersveiligheid

Inligtingsbrief

Inskrywingsvorms

Kommando opgawe

Glaskamp

Kom geniet een van die lekkerste kampe van die jaar!

Datum: 26-28 April 2019

Sluitingsdatum: 17 April 2019

Op vanjaar se kamp word daar lekker gedans, speletjies gespeel en gesing om die kampvuur. Ons bied hierdie jaar heerlike spesialisasies aan vir ons volwassenes en nooi jul uit om gerus te kom inskryf vir Speletjies vir Volwassenes (beloof om groot pret te wees) of vir Fotografie vir Bemarkings doeleindes.

Trek jul dansskoene aan, komaan! Kom sing en speel saam!

GRAAD/GROEPSPESIALISASIES
GRAAD 1 en GRAAD 2Lekker Sing
GRAAD 2Spele
GRAAD 3Volkspele
GRAAD 4Sang
GRAAD 5Boeresport
GRAAD 6 en 7Musiek en Sang
VERKENNERSVerkenner Sang en Kampvuur konsert

Volksdanse
VOLWASSENESSang en Spele

Fotografie vir Bemarkings Doeleindes

Rontomtalie speletjies soos skyfskiet, hindernisbaan, boeresport,
lyndans en vele ander lekker speletjies


Inligtingsbrief

Vorm A – Spesialisasies (alle Jeuglede) (Inskrywingsvorms – Jeuglede)

Vorm B – Spesialisasie/kursus (Volwassenes) (Inskrywingsvorms – Volwassenes)

Vorm C – Kleuters tot Gr R (Inskrywingsvorms – kleuters)

Vorm D – Kommando opsommingsblad (moet in Excell formaat teruggestuur word, nie PDF)

Hoëveld PDkamp

Hallo ALLE Voornemende Hoëveld Kampers.

Goeie nuus vir die wat kom kamp of wil kom kamp. Daar is besluit om ‘n gesinsafslag te gee waar die gesin 4 en meer is. Vyftig (50%) afslag sal vir die persoon of persone vanaf die 4de inskrywing geld.

Dié sal toegepas word op die laagste inskrywingsfooi.

Onthou asb dat die inskrywings nou sluit. So stuur asb alles voor die naweek sodat ons dit kan invoer.

Ons sien uit om saam met julle te kamp

Hoëveld Groete.

Philip de Kock

Seejol

Met die Maart-vakansie om die draai, en die Maart-kampe voor die deur, is dit tyd om te begin beplan vir die Junie-vakansie!

Seejol Seekamp vir Verkenners vind jaarliks plaas in ‘n heerlike vakansie-atmosfeer te Hartenbos aan die Kaapse Suidkus.

Jy, as Voortrekker, word deel van die bemanning op die vaart van die Voortrekker Skip Seejol!

Gaan loer op die web en skryf vroegtydig in om teleurstelling te voorkom!

Kampdatums: 14 – 23 Junie 2019
Sluitingdatum vir inskrywings: 24 Mein 2019

http://www.seejol.voortrekkers.org.za
Koos Stofberg
Kampleier: Seejol

Rietvallei Seremonievaardighede

Rietvallei Voortrekker Kommando bied aan ‘n Seremonievaardighede teorie- en- prakties inligtingsdag.

Daar was ‘n groot behoefte aangedui vir Graad 7 kinders om seremonie voorbereiding te doen vir hul voorslagtoetsing.

Besonderhede

Kleredrag: Aktief

Tydsduur: Saterdag 13 April 8:00 tot 16:00

Kostes: R80 per persoon – Geen inskrywings sal op die dag aanvaar word nie.

Etes:Inskrywingsfooi sluit n boereworsbroodjie en koeldrank in vir middagete.
Daar sal ook n snoepie beskikbaar wees.

Inskrywings:Kinders word in span verband inskryf deur hul offisiere. Om die proses te vergemaklik is ‘n aanlyn-inskrywingsvorm beskikbaar gemaak.

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSdX3x4BIWwguY17xd1GqJVranfCmcAOyj2lMXvvFXqJ-N4iXw/viewform

Alternatiewelik kan jy die inskrywingsvorm aflaai, voltooi en terug stuur per epos.

Volwassenes:Voorsien asb een (1) volwassene per Kommando wat inskryf.

Waar: 741 Petrus Straat, Rietvalleirand, Pretoria

Navrae: Eileen 084 549 8958

Rietvallei Voortrekkers GGA/GGN

Dit is weer tyd vir Rietvallei se jaarlikse gewilde GGA/GGN naweek.

Datum: 10-12 Mei 2019

Sluitingsdatum: 26 April 2019

Hiermee die nodige dokumente vir Rietvallei se spesialisasienaweek.

  1. Inligtingsdokument
  2. Inskrywingsvorm
  3. Vliegkuns: Vrywaringsvorm
  4. Skakel na die Google vorm  https://goo.gl/forms/D0LvjCGfVufpz20J2
GRAADSPESIALISASIE
1Ek Weet
2Noodhulp
3Paraatheid Jnr
4Groot Trek
5Spanseremonies
6Persoonlike Versorging
7Voorbereiding – Voorslag
Verkenners

Vliegkuns

Spysenier

Waardes

Nutsman

Rhus Keeti Avontuurkamp Rhustand

Rhus Keeti Avontuurkamp word weer aangebied van 23 – 30 Maart 2019 en benodig die hulp van ‘n bereidwillige hand om die snoepie (die Rhustand) te bestuur.

Uitnodigingsbrief

Sluitngsdatum: 1 Maart 2019

Charl Fischer

Kampleier

Volkspele

Lus vir Volkspele?

Die Aandblom Volkspelelaer nooi alle Voortrekkers om die volkspele kenteken vir Graad 3’s by hulle te kom doen. Hulle die volledige kentekenvereistes aan.

Uitnodiging

Waar: Laerskool Mayville, Pretoria

Tyd: Enige Vrydagaand (nie in skoolvakansietye nie) 19:00

Vooraf bespreking is noodsaaklik.

Kontak gerus die Sekretaresse, Yolandi Rossouw by 0835391271, vir navrae. [email protected]

Groete

Prof. Anton van Vollenhoven: Laerleier