Covid-19 kenteken

Die Voortrekkers het ‘n Corona- kenteken vir ons jeuglede bekendgestel. Twee (2) werkboekies met die tema, Vreesloos verantwoordelik, is saam met die kenteken beskikbaar gestel vir laerskool en hoërskooljeug om saam met hulle spanne of individueel deur te werk.

Baie dankie aan die NK Bemarking wat die aksie geloods het om ʼn Covid-kenteken vir al die jeuglede saam te stel omdat daar nie vanjaar kampe kon plaasvind nie.

ALLE jeuglede wat vir 2020 geregistreer het kry die kenteken. Die kentekens sal by die Voriemôl beskikbaar wees vir kommando’s om aan te koop.

Hierdie kenteken sal vir senior Penkoppe en Drawwertjies wat aan die Voorslagproses van 2020 in berekening gebring kan word om te kompenseer vir die verlies aan ʼn spesialisasie by ʼn kamp wat nie kon plaasvind nie. Dit tel ook vir Verkenners as ‘n burgerskapkenteken as deel van die PV-proses.

Corona PD werksboekie

Corona Verkennerwerkboekie

Ons is beslis nie vreesbevange nie en neem verantwoordelikheid vir ons gesondheid. Alle jeuglede wat vanjaar registreer ontvang die eenmalige kenteken.

Die doel hiervan is om positiewe erkenning te gee aan die buitengewone jaar in die wêreldgeskiedenis en die vaardighede wat ons noodgedwonge moes aanleer.

Die enigste vergelykbare tyd in die geskiedenis mbt die impak van die virus op die Voortrekkersisteem is die Tweede Wêreldoorlog waar massabyeenkomste verbied is, kampe kon nie plaasvind nie, reisbeperkings is ingestel, voorrade nie beskikbaar was nie en finansies wat onder groot druk was. In 1944 het Dr. CF Visser met ‘n toekomsblik vyf (5) punte geïdentifiseer om stukrag aan nuwe groei te midde van die wêreldoorlog te gee:

  1. Put krag uit jou identiteit deur die “uitlewing van die erenaam Die Voortrekkers.” So word die band met die verlede bevestig en ‘n brug na die toekoms gebou.
  2. Besieling van ‘n Voortrekkers deur “avontuur, ondernemingsgees, swaarkry verduur en die kennismaking met die natuur.”
  3. “Trek voor” deur dienslewering.
  4. Opleiding en toerusting van volwassenes.
  5. Diensbare leiers.

Die ou woorde wat deur die dekades tot in ons eie dag eggo kon net sowel in 2020 geskryf gewees het.

Ons moet oopkop en rustig wees.

Alle storms gaan verby.

Die Voortrekkers hou steeds koers.