Die Voortrekkers Transvaal: Spanbyeenkomste en Spankamp dokumentasie

Die vlak 2 regulasies, soos uitgereik in die staatskoerant op 17 Augustus 2020, maak onder andere voorsiening vir die sosiale verkeer tot ‘n maksimum van tien (10) persone. Dit baan die weg vir spanbyeenkomste en spankampe.

Transvaal Voortrekkers het na behoorlike konsultasies met kundiges, wat medici en regsadvies insluit, besluit om spanbyeenkomste en spankampe vir spanne wie se getalle ‘n maksimum van tien (10) spanlede is; toe te laat.

Dit is egter belangrik om te besef dat die bywoning van spanbyeenkomste en spankampe vrywillig is en dat niemand daardeur benadeel mag word sou enige spanlid nie die spanbyeenkoms en of spankamp wil of kan bywoon nie.

Covid-19: toestemmingsvorm en vrywarring

Register: Naamlys vir spanbyeenkomste en spankampe

Die volgende moet egter in plek wees vir elke spanbyeenkoms:

  1. Die spanbyeenkomste kan slegs aangebied word by die spanoffisier (of spanlid) se huis;
  2. Die kommandodagbestuur moet inkennis gestel word dat ‘n spanbyeenkoms gehou word;
  3. Dit is noodsaaklik / verpligtend om ‘n register by te hou waarin die naam, van en     kontakbesonderhede van elke spanlid en spanoffisier wat die byeenkoms bywoon, aangeteken word;
  1. Dit is noodsaaklik / verpligtend dat ‘n vrywaringsvorm voltooi moet word deur elkeen wie die spanbyeenkoms bywoon. Die ouers moet namens minderjarige jeuglede die vrywaringsvorm voltooi
  2. Die nodige vraelys (voorbeeld sal beskikbaar gestel word op webblad) moet by elke byeenkoms voltooi en moet ingehandig word by die kommandodagbestuur;
  3. Die temperatuur van elke spanlid en spanoffisier moet geneem en op die betrokke vraelys aangeteken word.
  4. Hande moet met aankoms en met gereelde tussen pouse ontsmet / gewas / met handreiniger skoongemaak word;
  5. Gesigmaskers moet in die openbaar gedra word.
  6. Sosiale afstand moet gehandhaaf word.

Bo en behalwe die regulasies van die plek waar die spankamp plaasvind, moet die volgende egter ook in plek wees vir spankampe:

  1. Slegs spanne van maksimum tien (10) spanlede mag spankampe reël;
  2. Hande moet met aankoms en met gereelde tussen pouse ontsmet word;
  3. Dit is noodsaaklik / verpligtend om ‘n register by te hou waarin die naam, van en    kontakbesonderhede van elke spanlid en spanoffisier voorkom;
  1. Dit is noodsaaklik / verpligtend dat ‘n vrywaringsvorm voltooi moet word deur elkeen wie die spanbyeenkoms bywoon. Die ouers sal namens minderjarige jeuglede die vrywaringsvorm voltooi;
  2. Die nodige vraelys moet voltooi en moet ingehandig word by die kommandodagbestuur;
  3. Die temperatuur van elke spanlid en spanoffisier moet geneem en op die betrokke    vraelys aangeteken word;
  1. Gesigmaskers moet in die openbaar gedra word.
  2. Indien spankampe by kampterreine en / of spankamers gehou word met die volgende     van toepassing wees:

8.1  Sosiale afstandhouding (Social distancing) sal vereis dat bv. ‘n vier (4) man tent slegs twee (2) persone mag bevat maw 50% besetting van kamer en tent moet gehandhaaf word;

8.2  Vertrekke moet behoorlik geventileer word;

8.3  Gesigmaskers moet in die openbaar gedra word.

Geniet julle spanbyeenkomste en spankampe!