Goeie nuus! Die gedeelte waar die “ou” hoofkantoor van die Voortrekkers was, is nou ingerig as ‘n werkswinkel met tafels en 24 stoele.
Spanne is welkom om dit op weeksmiddae (14:30 – 18:00) te bespreek. Koste: R100 per span vir 1 – 3 ure. Die span se offisier bied self die program aan of reël ‘n aanbieder.
- AANBIEDINGS VIR SPANNE – Maandae tot Vrydae (tussen 14:30 en 18:00)
Op versoek kan die Voriemôl ‘n aanbieder verskaf om een van ondergenoemde kentekens/temas vir die span aan te bied. Alle aanbiedings sluit ‘n item in wat huis toe geneem word. Die item verskil van aanbieding tot aanbieding.
Koste: 1 uur – R60, 1 ½ – 2 ure – R80 per Voortrekker.
KENTEKENS | TEMAS |
• Junior Kok Gr 1
• Selfsorg Gr 1 • Kuiertyd Gr 2 • Noodhulp Gr 2 • Taalpret Gr 2 • Paraatheid Gr 3
|
• Touwerk
• Noodhulp / Noodhulpsakkie • Persoonlike versorging / higiëne • Voortrekkerwapen • Voortrekkervlag • Nasionale vlag • Voortrekkerkode • Tafelmaniere • Voortrekkerdrag en kleurstelsel
|
• Hantering van gebruiksartikels / gereedskap
• Spele • Fluitseine / handseine / geheime skrif • Ons taal / my Taal • Die Groot Trek • Herwinning • Spaarsin • Monumente • Uitnodigingskaartjies
|
Let wel – die aanbieding van kentekens sal oor meer as 1 sessie strek. | Handvaardigheid, Beeldende Kunste en Handwerk: Spanne kan items vir hierdie kentekens maak, hoewel die volledige kenteken nie aangebied word nie. |
- WERKSWINKELS VIR OFFISIERE – Saterdae (9:00 – 12:00)
Koste: R100 – R200 per persoon (afhangend van aanbieding).
Datum | Program |
2 Junie | Die Verkennerlewe – oulike idees vir Verkennerspanne |
9 Junie | Speletjies om Voortrekkers lekker te maak |
16 Junie | Praktiese hulpmiddels vir spanne |
23 Jun – 16 Jul | Skoolvakansie |
21 Julie | Metodes om Voorslagwerk maklik te leer |
28 Julie | Markdag |
4 Augustus | Kaartwerk vir spanoffisiere |
18 Augustus | Hoe om jou werk as offisier makliker te maak |
25 Augustus | Basiese noodhulp wat ‘n spanoffisier moet weet |
1 September | Oulike handwerk-items vir spanne |
8 September | Drukwerk op materiaal |
15 September | Voortrekker is groen! |
22 September | Spanbou met Verkenners |
29 Sep – 8 Okt | Skoolvakansie |
13 Oktober | Die leefwêreld van ons kinders |
20 Oktober | Die Voortrekkers Kook – lekker resepte! |
27 Oktober | Markdag |
3 November | Hoe om seker te maak my Graad 7’s hou aan met Voortrekkers.Wenke vir die nuwe Gr 8 offisier. |
10 November | Maak jou eie Kersgeskenke |
17 November | Stel jou spanprogram vir volgende jaar saam. Kry idees – ‘n praktiese sessie. |
BESPREKING VAN AANBIEDINGS OF WERKSWINKELS
Bespreek vroegtydig, aangesien daar in die meeste gevalle net plek vir 24 persone is. Sluitingsdatum vir inskrywings is die Woensdag voor die Saterdag se aanbieding.
Kontak Lidia Hendriks by 0825644840 / 012 329 0198 / 012 329 0199 of stuur ‘n epos na [email protected]. Betalings moet asseblief elektronies gedoen word.
Bankbesonderhede:
Die Voortrekkers
Tjekrekening
Rekeningnommer: 50 30 50 15
Tak: 334645
Gebruik verwysing: WW + Naam
Stuur bewys van betaling na [email protected]