Loading Gebeurtenisse

« Alle Gebeurtenisse

  • This gebeurtenis has passed.

Wilgedraai waterwerkkamp

2018/09/29 om 08:00 - 2018/10/06 om 14:00

Kom kamp saam op Wilgedraai se 31ste Voortrekkerkamp

Soos oudergewoonte word Wilgedraai Voortrekkerkamp aangebied op die goue strande van die Vaaldam en bied elke Wilgedraaier die geleentheid om ʼn bietjie te kom ontspan voor die laaste kwartaal van 2018.

Wilgedraai is ʼn avontuurbelaaide kamp waar almal pret op en langs die koel waters van die Vaaldam het. Tydens Wilgedraai word gespesialiseerde kursusse aangebied soos Varswaterkunde, Roeikunde, Varswaterhengel, Seilkuns, Seilvernuf, Kampmedia, Motorbootkunde, Ruiterkuns en die “ultimate” Selfbehoud.

Kampdatum: 29/30 September tot 6 Oktober 2018

Saterdag 29 September 2018 om 10:00 vir Seilkuns, Selfbehoud en Vaandrigte.

Sondag 30 September 2018 om 10:00 vir die res van die kursusse.

Vertrek: Saterdag 6 Oktober 2018 om 11:00

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 31 Augustus 2018

Wilgedraai uitnodiging

Wilgedraai kampinligting

Wilgedraai inskrywingsprosedure

GRAAD  SPESIALISASIE
Graad 7 Oewervernuf
Graad 8 Varswaterkunde
Graad 9 Roeikunde of Varswaterhengel
Graad 10 Seilkuns
Graad 9,10,11 Kampmedia
Graad 10,11,12 Vaandrigte of Ruiterkuns
Graad 11,12 Motorbootkunde of Selfbehoud

 

 

Besonderhede

Begin:
2018/09/29 om 08:00
Eindig:
2018/10/06 om 14:00
Gebeurteniskategorie:
Gebeurtenisetikette:
, , ,

Organiseerder

Nicol Jacobs
Kontaknommer:
083 601 4905
E-posadres:
kampleier@wilgedraai.co.za

Venue

De Bank
Oranjeville, Gauteng South Africa + Googlekaart