Gebiedsjeugraad 2018/2019

Op Saterdag, 5 Mei 2018 het 32 Graad 11 Verkenners deelgeneem aan die gebiedsjeugraad keuringsproses. Na ‘n lang dag vol harde werk is 6 Verkenners aangewys om as skakel tussen die gebied se Verkenners en die gebiedsbestuur op te tree.

Dit is met groot opgewondenheid dat ons die Transvaal Gebiedsjeugraad vir 2018/2019 bekendstel:

Izette Uys 

Marné van Rooyen 

Esmarie Pretorius 

Deighton van der Wissel

Adriaan Terblanche 

Megan Hendry

Baie geluk aan die kandidate en sterkte met die termyn wat voorlê!

Dankie vir elke Verkenner wat die keuringsproses bygewoon het. Onthou om altyd Jesus se voorbeeld van leierskap uit te leef en altyd bereid te wees om ander se voete te was!

Jaco van der Walt

AGL Verkennersake