Gebiedsjeugraadkeuring 2021 (Bergenbos Voortrekkers)

Aandag alle Gr.11-verkenners van Bergenbos Voortrekkers, jy word hartlik uitgenooi om jou leierskapsvaardighede ten toon te stel en een van twee plekke op die gebiedsjeugraad los te slaan. Transvaal Voortrekkers se gebiedsjeugraad word vir die termyn 2021-2022 saamgestel uit twee verkenners uit elke oord.

Die pligte van Transvaal se jeugraad sal die volgende aktiwiteite insluit:

  • ten minste een spanbounaweek (datum sal nog bevestig word),
  • bywoning van die gebiedsbestuurvergaderings,
  • diens tydens die Voorslagkamp,
  • een gebiedsprojek, en
  • een projek in jou oord.

As jy graag ʼn gebiedsjeugleier wil wees, hier is die inligting vir Bergenbos Voortrekkers se jeugraadkeuring:

Sperdatum vir inskrywings: Donderdag 8 April 2021 om 23:00

Datum: Saterdag 10 April 2021

Tyd: 08:00

Plek: NG Kerk Wonderboom, Rosemarylaan 148, Annlin

Koste: R75 per persoon en dit sluit middagete en verversings in. (Alle gelde moet ook teen Donderdag 8 April 2021 om 23:00 betaal wees.)

Bankbesonderhede:

Die Voortrekker HB
ABSA
Rekeningnommer: 9330864864
Takkode: 632 005
Verwysing: GBB JR [Registrasienommer]

Volg ook die oorbetaling op met ‘n e-pos na fin[email protected] en cc [email protected].

Om in te skryf, voltooi die vorm hieronder: (Let asseblief daarop dat hierdie slegs vir verkenners van Bergenbos Voortrekkers is.)