Gebiedsjeugraadkeuring 2021 (Oosterlijn Voortrekkers)

Aandag alle Gr.11-verkenners van Oosterlijn Voortrekkers, jy word hartlik uitgenooi om jou leierskapsvaardighede ten toon te stel en een van twee plekke op die gebiedsjeugraad los te slaan. Transvaal Voortrekkers se gebiedsjeugraad word vir die termyn 2021-2022 saamgestel uit twee verkenners uit elke oord.

Die pligte van Transvaal se jeugraad sal die volgende aktiwiteite insluit:

  • ten minste een spanbounaweek (datum sal nog bevestig word),
  • bywoning van die gebiedsbestuurvergaderings,
  • diens tydens die Voorslagkamp,
  • een gebiedsprojek, en
  • een projek in jou oord.

As jy graag ʼn gebiedsjeugleier wil wees, hier is die inligting vir Oosterlijn Voortrekkers se jeugraadkeuring:

Sperdatum vir inskrywings: Donderdag 25 Maart 2021 om 23:00

Datum: Saterdag 27 Maart 2021

Tyd: 08:00

Plek: Dirkie Uys Voortrekkersentrum

Koste: R75 per persoon en dit sluit middagete en verversings in. (Alle gelde moet ook teen Donderdag 25 Maart 2021 om 23:00 betaal wees.)

Bankbesonderhede:

Die Voortrekker HB
ABSA
Rekeningnommer: 9330864864
Takkode: 632 005
Verwysing: GOL [Kommandokode] JR [Registrasienommer]

Klik hier vir die betrokke kodes vir die verwysing.

Volg ook die oorbetaling op met ‘n e-pos na [email protected] en cc [email protected]

Om in te skryf, voltooi die vorm hieronder: (Let asseblief daarop dat hierdie slegs vir verkenners van Oosterlijn Voortrekkers is.)