Gebiedsjeugraadkeuring 2021 (Oosvaal Voortrekkers)

Aandag alle Gr.11-verkenners van Oosvaal Voortrekkers, jy word hartlik uitgenooi om jou leierskapsvaardighede ten toon te stel en een van twee plekke op die gebiedsjeugraad los te slaan. Transvaal Voortrekkers se gebiedsjeugraad word vir die termyn 2021-2022 saamgestel uit twee verkenners uit elke oord.

Die pligte van Transvaal se jeugraad sal die volgende aktiwiteite insluit:

  • ten minste een spanbounaweek (datum sal nog bevestig word),
  • bywoning van die gebiedsbestuurvergaderings,
  • diens tydens die Voorslagkamp,
  • een gebiedsprojek, en
  • een projek in jou oord.

As jy graag ʼn gebiedsjeugleier wil wees, hier is die inligting vir Oosvaal Voortrekkers se jeugraadkeuring:

Sperdatum vir inskrywings: Donderdag 4 Maart 2021 om 23:00

Datum: Saterdag 6 Maart 2021

Tyd: 08:00

Plek: Afsaal Voortrekkerterrein, Alberton

Koste: R75 per persoon en dit sluit middagete en verversings in. (Alle gelde moet ook teen Donderdag 4 Maart 2021 om 23:00 betaal wees.)

Bankbesonderhede:

Oosvaal Voortrekkers
ABSA
Rekeningnommer: 4099093252
Takkode: 632 005
Verwysing: Oosvaal GJR Van en Naam

 

Om in te skryf, voltooi die vorm hieronder: (Let asseblief daarop dat hierdie slegs vir verkenners van Oosvaal Voortrekkers is.)