Gebiedstaatmakerraadverkiesing

VERKIESING VAN DIE TRANSVAALSE GEBIEDSTAATMAKERRAAD 2019/2021

Ooreenkomstig die grondwet en reglemente van Die Voortrekkers word die bogenoemde bestuursliggame versoek om nominasies in te dien vir die verkiesing van die Gebiedstaatmakerraad van Transvaal vir die termyn 2019/2021.  

Nominasies moet voor of op 3 Oktober 2019 ingedien wees by [email protected]. Die verkiesing sal in die vorm van ʼn elektroniese stemming plaasvind gedurende die periode van 7-10 Oktober 2019. Finale reëlings vir die stemproses sal saam met die nominasies versprei word teen 4 Oktober 2019. ʼn Nominasievorm is hierby ingesluit.

Die volgende posisies is verkiesbaar op die Gebiedstaatmakerraad:

  • Gebiedskakeldraer
  • Adjunk-Gebiedskakeldraer [Admin]
  • Adjunk-Gebiedskakeldraer [Bemarking]

Oproepbrief vir nominasies vir gebiedstaatmakerraadverkiesing

Nominasievorm