Hoëveld PDkamp

Hallo ALLE Voornemende Hoëveld Kampers.

Goeie nuus vir die wat kom kamp of wil kom kamp. Daar is besluit om ‘n gesinsafslag te gee waar die gesin 4 en meer is. Vyftig (50%) afslag sal vir die persoon of persone vanaf die 4de inskrywing geld.

Dié sal toegepas word op die laagste inskrywingsfooi.

Onthou asb dat die inskrywings nou sluit. So stuur asb alles voor die naweek sodat ons dit kan invoer.

Ons sien uit om saam met julle te kamp

Hoëveld Groete.

Philip de Kock