Graad 8 VERKENNERS van 2019, Gr 7 is verby en jy is oppad na die hoërskool!
Kom berei jou dan eers voor as Christen kryger op die I-KAMP
Hoekom? Want ons gee om vir ons Verkenners!
SPANOFFISIERE van Graad 8 Verkenners in 2019, Penkop/drawwertjie dae is verby! Kom berei jou voor as Verkenner spanoffisier by die I-KAMP. Jy wil weet hoe om jou tiener-span te lei, want ons wil hulle nie verloor nie!
Hoekom? Want ons gee om vir ons offisiere!
Ouers en Voortrekkeroffisiere: Alle lesings/gesprekke word gefasiliteer deur vakkundiges. Ouers kan die I-kamp koördineerder kontak vir meer inligting. Die kamp word aangebied onder die vaandel van Thaba Kamp, ‘n gebiedskamp van die Voortrekkers Transvaal.
Waar: Op die plaas KLIPKOP net buite Brits
Wanneer: Sondag 09 Desember 2018 om 10:00 tot Dinsdag 11 Desember 2018 om 16:00
Inskrywings – gaan na www.thabakamp.co.za en volg die aanwysings.
Inskrywings open 15 Oktober 2018.
Sluitingsdatum: 18 November 2018 om 22:00