Ons nooi jou graag om saam met ons op die 37e Jakaranda Voortrekkerkamp op Die Voortrekkerplaas te Hartebeesfontein, sowat 50km noord van Pretoria, te kom kamp.
Ons kamp vanaf Woensdagaand 30 Maart 2022 om 18:30 tot Sondagoggend 3 April 2022 om 11:00. Maak asseblief voorsiening vir jou eie aandete Woensdagaand.
Daar word beperkings geplaas op die aantal inskrywings van sekere kursusse. Maak dus seker dat jy so vinnig moontlik inskryf om plek in die spesifieke kursus te verseker.
Graad | Spesialisasie |
1 |
Spele |
2 |
Taalpret |
3 |
Handwerk Toeka |
4 |
Vasbyt Noodhulp Versamelkuns |
5 |
Ekosorg Touwerk Weerkennis |
6 |
Beeldende kunste Spoorsny Redding |
7 |
Erfgrond Medemens |
Volwassenes |
Diensdoende Kombuis Voortrekkerspyseniering |