Kommandodagbestuurverkiesings

Volgens Die Voortrekkers se Reglemente is dit byna weer tyd vir kommandodagbestuurverkiesings.

Hoofstuk 20 van die Reglemente bepaal die volgende insake kommandodagbestuurverkiesings:

5.2.1 Die verkiesing vind tweejaarliks op ‘n Kommandobestuursvergadering plaas en moet voor die einde van die laaste skooltermyn afgehandel wees.

Die Reglement bepaal verder:

5.2.2 Enige lid van die Kommandobestuur kan ‘n persoon nomineer.

5.2.3 ‘n Volwasse lid kan slegs genomineer word indien sy lidmaatskap deur die kommandobestuur aanvaar is, hy op die Sentrale Administrasie stelsel (SAS) van Die Voortrekkers suksesvol geregistreer is en sy ledegeld vir die betrokke jaar aan Die Voortrekkers oorbetaal is voor of op die datum waarop die nominasie ingedien word. Dit gebeur wel dat ‘n nuwe volwassene in die gemeenskap gewerf word om op die kommandodagbestuur te dien. Voordat sy nominasie kan dien moet die kommandobestuur eers sy aansoek om lidmaatskap aanvaar en sy lidmaatskap op die Sentrale Administrasie stelsel (SAS) van Die Voortrekkers suksesvol toevoeg. Lidmaatskapgelde is dan nie vir die afgelope jaar betaalbaar nie.

5.2.4 ‘n Verkiesing word gehou ooreenkomstig die prosedure soos uiteengesit in hoofstuk agtien (18) van die Reglemente.

Neem asseblief deeglik kennis van die inhoud van hoofstuk 18 en hoofstuk 20 van Die Voortrekkers se Reglemente, wat aangeheg word. Hiermee ook die nominasievorms vir die komende kommandodagbestuurverkiesings.

Nominasievorms

Hoofstuk 18: Vergaderingprosedure

Hoofstuk 20: Voortrekkerkommando’s

Dit word voorgestel dat ALLE kommandodagbesture se verkiesings verkieslik voor die sluit van die skole op Vrydag 20 September 2019 afgehandel moet wees. Die rede vir laasgenoemde versoek is omdat die name van die afgevaardigdes na die Gebiedsraad, wat gehou gaan word op Saterdag 9 November 2019, verskaf moet word voor óf op Vrydag 11 Oktober 2019.

Die oproep na die Gebiedsraad word eersdaags uitgestuur.