Kruithoring motorvoertuigtragedie

Transvaal Voortrekkers het vanaand met leedwese kennisgeneem van die tragedie wat vanmiddag  Kruithoring Voortrekkers getref het. Ons gebede gaan na elkeen wat deur hierdie tragedie geraak is. KL Denina Bernard sal die begrafnisreëlings met ons kommunikeer, sodra dit bekend is.

Neem asseblief kennis van die amptelike persverklaring wat deur ons Hoofsekretaris, Mej. Corlia Botha, uitgereik is.

Dit is met groot hartseer dat ek julle moet meedeel dat daar vanmiddag ‘n tragiese motorongeluk plaasgevind het waarin 3 Drawwertjies en ‘n ouer van Kruithoring kommando oorlede is.  Hulle was oppad terug na ‘n Plaaslewe naweek.  Mariette Engelbrecht en haar dogter Ronel, asook Nina Strydom en Marli van der Vyver was almal in dieselfde voertuig.

 Ons harte gaan uit na almal wat hierdeur geraak word en ons bid dat die Here almal sal vertroos en deur hierdie moeilike tyd sal dra.

Ek wil vra dat ons vir hierdie gesinne sal bid en in ons harte aan die Here sal opdra.

Corlia Botha

Hoofsekretaris

Die Voortrekkers