60jaar Feesnaweek: 19-21 Maart 2022
Lunsklip se dagbestuur sien al baie lank uit na die 60ste kamp. As gevolg van Covid-19 kon ons nie in 2020 kamp nie en daarom kon die 60ste kamp nie in 2021 plaasvind nie. 2022 is nou die groot jaar! Ons is baie opgewonde daaroor.
Uitnodigingsbrief vir besoekers na die Feeskamp
Inskrywings: Besoekers skryf op dieselfde platform in as offisiere en Verkenners. Klik op die skakel en skryf voor 1 Maart in as besoeker. https://inskrywings.voortrekkers.co.za/skryfin/LunsklipFeeskamp2022