Lunsklip Verkennerkamp

Lunsklip, die oudste veldwerkkamp in Die Voortrekkers, word vanjaar vir die sestigste jaar op die Percy Fyfe Natuurreservaat, een van die mooiste natuurreservate in die land, naby Potgietersrus aangebied. Jou lewenslange verbintenis met Lunsklip begin of word voortgesit met die ervaring wat jou lewe kan verander.

Ons nooi jou om vanjaar deel te wees van ‘n baie groot jaar in die kamp se geskiedenis.

Kampbrief

Graad Spesialisasie
8 Veldvernuf en Tradisionele Spele
9 Natuurbewaring en Vuurwapens
9 & 10 Voetslaner en Sterrekunde
10 Kampbeveiliging en Selfverwesenliking

11

of 12 indien dit nie in graad 11 gedoen is nie)

Selfbehoud Spesiale Onderskeidingsteken
12 Buitegroep
Volwassenes

Veldwerkspesialisering (Veldwerksterretjie)

Lunsklip Verkennerkamp se inskrywings is oop vir Verkenners en offisiere by https://inskrywings.voortrekkers.co.za/skryfin/Lunsklip2022

‘n Spesiale feesnaweek vind plaas van 19 – 21 Maart. Die inskrywings daarvoor open later die week.